Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)YouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Die Blou Van Ons Hemel - die stemme, musiek en ritmes van Suid-Afrika!
vetseunvetseun
kompilasie LP ...................... UNA 1516 UNIKA
Kant Een:
1. Die Brug Op Ons Plaas - Dawie Couzyn met die Hanekomsusters
2. Daar Onder In Die Kaap - Aanstap Rooies - Taffie Kikillus (klavier met ritme)
3. My Hartebeeshuisie - Doris Brasch met Orkes
4. Nooientjie Van Transvaal - Jerry Williams met Taffie Kikillus en Orkes
5. In Die Konsentrasiekamp - Dolce Debbo met Hennie Erasmus voor die orrel
6. Geboorteplasie - Chris Lessing met Taffie Kikillus en Orkes
Kant Twee:
1. Maria van Riebeeckwals - Hennie Erasmus (orrel) met Tienie Coetzee (ghitaar)
2. Boereplaas - Dawie Couzyn met begeleiding
3. Koppie Alleen In Die Vrystaat - Dolce Debbo met Hennie Erasmus (orrel)
4. Die Aandklokke Lui In Die Verte - Taffie Kikillus (klavier met ritme)
5. Pikaninie-Wiegelied - Doris Brasch met begeleiding
6. Die Stem Van Suid-Afrika - Chris Lessing met Hennie Erasmus (orrel)

Die stemme en die musiek van moderne Suid-Afrika aangebied deur Taffie Kikillus en Gilbert Gibson.

Uit die blou van onse hemel en uit die dieptes van ons skatkis van Afrikaanse musiek het hierdie versameling van liedjies, musiek en vooraanstaande talent gekom... en op spesiale versoek van UNIKA-plate, het ek en my uiters bekwame en talentvolle musiekbestuurder. Taffie Kikillus, die besondere moeilike (dog aangename!) taak onderneem om hierdie grootsopgesette aanbieding, op plate voort te bring. Dit het weke en nagte van voorbereiding en werk gekos, soos dit maar altyd die geval is wanneer 'n langspeelplaat die lig moet sien - maar hierdie opname is iets besonders.
Dit is liefdeswerk, want ons het gewerk met wat ons eie is!
Ons eie musiek, ons eie sangers en ons eie orkeslede.
En dit is aan hulle wonderlike medewerking te danke dat hierdie opname nou in u hande is. Dawie Couzyn, een van ons grootste operasterre het onmiddellik sy volle medewerking aan ons toegesê en dit en spyte van die feit dat ons van hom verwag het om iets te doen wat hy nog nooit tevore gedoen het nie. Luister maar na sy weergawe van ,,Die Brug Op Ons Plaas" en u sal weet wat ek bedoel!
Dieselfde geld vir die talentvolle Doris Brasch en ons is hulle besondere dank verskuldig vir hulle vriendelike samewerking. Dan is, daar ook Dolce Debbo, 'n begaafde sangeres wat reeds talle ander opnames gemaak het... maar nog nooit het Dolce die geleentheid gehad om 'n eenvoudige, tere vertolking te lewer van 'n wiegeliedjie soos ,,In Die Konsentrasiekamp" nie.
Hennie Erasmus is 'n nuwe ontdekking en hy het uit die verre Karoo gekom om sy besondere sensitiewe styl op die orrel vir ons te kom vaslê in die groefies van hierdie opname. Hy is nog jonk en ons hoop om hom nog dikwels op UNIKA te hoor. Sy talent en besondere veelsydigheicl sal daarvoor sorg!
Chris Lessing, daardie groot kêrel met die groot stem, lewer 'n unieke vertolking van ons volkslied, ,,Die Stem Van Suid-Afrika". Sy ruwe eenvoud en eg-manlike benadering het hierdie pragtige ballade sy volle betekenis gegee. Hier is 'n Boerseun wat sing - niks meer of niks minder nie. En hy verleen gevoel en eerlikheid aan woorde wat tog só dikwels as gevolg van oorbekendheid hulle ware betekenis verloor.
Jerry Williams is 'n jong knaap wat onlangs sy verskyning gemaak het as sanger van ruk-en-rolliedjies, maar op hierdie opname bewys Jerry dat ruk-en-rolsangers ook Afrikaanse minneliedjies kan sing wat die hart onmiddellik en diep raak. Hier verwys ek na ,,Nooientjie Van Transvaal".
Nouja, dit is dan die stemme van hulle wat hierdie opname moontlik gemaak het. Daarby wil ons ook nog die volgende ons dank toesê: Tienie Coetzer, Reikan Pinnoy, Ken du Plessis en Roy Hangar... om nie die Hanekomsusters te vergeet nie!
Ons vertrou dat ,,Die Blou Van Ons Hemel" u nog jare van plesier sal besorg. Dit is die eerste en enigste langspeelplaatopname van sy soort in Afrikaans en ons hoop ook een van die beste! - GILBERT GIBSON

Produksie deur TAFFIE KIKILLUS and GILBERT GIBSON
('n Sun-Pacific-produksie).



skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )