Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Afrikiti - makietie vir afrika - Die grootste jol in Afrikaans ooit!
vetseun
kompilasie ................... NEXTCD 003 2005 NEXT MUSIC/TROTS AFRIKAANS/ATKV
1. Afrikiti Overture
2. Blou Keurspel
3. Al Lê Die Berge Nog So Blou
4. Goue Keurspel
5. Heimwee
6. Liefling
7. Kaapse Klopse Keurspel
8. Swart Keurspel
9. Rooi Keurspel
10. Stuur Groete Aan Mannetjies Roux
11. Groen Keurspel
12. Sarie Marais Simfonia
13. Finale
14. Wit Keurspel
15. ATKV Feeslied

Die grootste jol in Afrikaans ooit, waar ons moedertaal oor die tonge trippel en bokspring. Kom luister en beleef die hoogtepunte van Afrikaanse musiek oor die afgelope dekades, kom kyk na die bydraes van die groot Afrikaanse geeste in hierdie eenstop-geenstopviering! 'n Hupstoot van kokende Afrikaanse talent wat 'n beeld van trots Afrikaans, trots in Afrikaans en trots Suid-Afrikaans laat oorkook!
Die "kokke" is Nina Swart, Soli Philander, Rina Hugo, Hi-5 en Sibongile Mngoma met 'n vyfstuk orkes. Die teks van hierdie produksie is saamgestel deur Saartjie Botha en Hennie van Greunen. Alles geskied onder die leiding van AJ van der Merwe en Lulu van der Walt.
'n Afrikiti is 'n konsert wat die aarde gaan laat dreun en beloof om 'n onvergeetlike jol te wees. Die beste van alles - dis veilig vir kinders! Meer as 40 Afrikiti's word regoor die land aangebied, so almal gaan 'n kans kry om by 'n Afrikiti in sy of haar kontrei te kom saam skoffel, kwêla, kwaito, sakkie-sakkie en veral te kóók.
Makieties vir Afrika!


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )