Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Vyfster (Lloyd Ross)
vetseunvetseun
Vyfster - Reeks 2 - DVD 2 .

Episode 4.
Wanneer Big Bull, die rofstoeier, sy opwagting maak in die tronk probeer Skollie dadelik daaruit munt slaan. Planne om Adolf uit die "Bom" te help ontsnap loop skeef wanneer sy nooi, Judy, vir Ertjies in 'n hoek dryf. Ertjies word boonop deur Pappa en sy bende verwerp en 'n gyselaarsdrama ontwikkel. Hendrik het intussen 'n monitor geword by die bougroep maar word 'n prooi van Priester se daggasmokkelary.

Episode 5.
Prof word verder voorsien van onwettige pille. Die NTS toets se vraestel word uit Prof se sel gesteel en flink onder gevangenes verkoop. Daar is 'n moontlikheid dat Skollie se seun hom gaan besoek en hy maak hom daarvoor gereed. Hendrik le Roux vind uit dat sy vrou 'n verhouding het met 'n ander man. Priester en Skollie beplan 'n stoeigeveg tussen Big Bull en Punkie en dit beteken byna Skollie se einde.

Episode 6.
Die owerhede vang Prof uit met sy pille en dit het ernstige gevolge. Hendrik ontsnap uit die gevangenis en die hoof moet bontstaan om 'n gesinsmoord te voorkom. Priester se planne om Gabba uit te smokkel word gefnuik. Skollie se verlede word geopenbaar en dit lei tot 'n verrassende einde wanneer hy planne in werking stel om sy probleme op te los.

vetseunvetseun
Vyfster - Reeks 2 - DVD 1 .

Episode 1.
Oud-bewaarder Gerrie Prinsloo word vir twee jaar gevangenisstraf gevonnis omdat hy omkoopgeld van Polka ontvang het. Hy bevind hom nou in 'n dilemma deurdat hy nou aan die ander kant van die tralies is. Spyker Malan weet meer van Pappa as waarmee Pappa gemaklik is. Adolf is 'n aggresiewe ou wat vir niks stuit nie. Skollie het 'n obsessie om sy seun te sien maar weet nie wat sy kind se van is nie. Hendrik le Roux vrees sy ontslag.

Episode 2.
Skollie glo dat sy seun vir hom kom kuier en beplan 'n paar geskenkies vir die kind. Skollie beplan ook om 'n "Comrades" in die tronk te hou en werf dadelik vir Hendrik en Gerrie vir sy span. Weddenskappe begin inrol en dit gee aanleiding tot 'n konfrontasie met Pappa en Priester. Roelof beplan 'n derde ontsnapping om so sy "Sprigbokstatus" te verwerf.

Episode 3.
Prof se gesukkel met die NTS studente gee aanleiding daartoe dat 'n klastoets geskryf moet word. Die studente begin dadelik beplan hoe om die vraestel in die hande te kry. Freek en Frik wil tydens die "Comrades" probeer ontsnap en Spyker word onskuldig by hul planne betrek. Daar word 'n koek gebak vir die "Comrades" se wenspan maar dié spesiale koek beland in verkeerde hande en die situasie stuur op 'n oorlog af.

vetseunvetseun
Vyfster - Reeks 1 - DVD 2 .

Episode 5.
Die strik wat Polka vir Gerrie Prinsloo stel blyk suksesvol te wees. Wanneer Skollie en Tiger se termyn in die ''Bom'' verstryk besef hulle dat die uitslag van die boksgeveg asook Polka en Pappa se dagga se verdwyning vir hulle probleme skep.

Episode 6.
Tiger is onder streng bewaking in die hospitaal terwyl Skollie probeer vasstel wie hulle skuilplek verklap het na hul ontsnapping. Hendrik le Roux se vrou is bekommerd oor sy gemoedstoestand en bespreek dit met die maatskaplike werker. Tiger ontsnap uit die hospital.

Episode 7.
Tiger skuil by Skollie se broer en Skollie wil met alle geweld ontsnap om hom te gaan help. In ''n poging om by Tiger uit te kom en met Gerrie Prinsloo se hulp stel Polka ''n aanvaarbare plan aan Skollie voor. Skollie ontsnap weer.

Episode 8.
Die Hoof van die gevangenis is woedend oor Skollie se ontsnapping. Tiger en Skollie vlug verder maar word na ''n wilde jaagtog weer in hegtenis geneem. Hendrik, Priester en Polka besluit ook om te ontvlug maar Hendrik gee hom oor en Polka word gevang.

vetseunvetseun
Vyfster - Reeks 1 - DVD 1 .

Episode 1.
Hendrik le Roux word weens bedrog tot drie jaar gevangenisstraf gevonnis in die Pretoria Sentrale Gevangenis. Hy besef gou dat hy sal moet ligloop vir die bendes asook sekere individue soos die skynheilige Priester, 'n bendeleier, Pappa, die manipuleerder Polka, die aardsmisdadiger Skollie en dié se vriend, Tiger, die gevangenis se bokskampioen.

Episode 2.
Die gevangenes is baie opgewonde oor die naderende jaarlikse bokstoernooi. Die toernooi dien ook as 'n rookskerm vir allerlei smokkelbedrywighede. Pappa is woedend wanneer sy gekonkel met Tiger skeefloop.

Episode 3.
Tiger en Skollie wil ontsnap en prakseer 'n leer in die werkswinkel. Hendrik word beskuldig dat hy 'n klomp dagga laat verdwyn het. As gevolg van die beskuldiging word hy in die stort aangerand. Tiger en Skollie ontvlug.

Episode 4.
Tiger en Skollie skuil by Tiger se vrou se huis. Die polisie loods 'n grootskaalse soektog na hulle. Polka beplan ook om te ontsnap en vind uit waar Skollie en Tiger hulle skuilhou. Die polisie kry ook dié inligting en Skollie en Tiger word vasgetrek.

Vyfster: Die Slot
vetseunvetseunvetseunvetseun
film VHS/DVD 83min/96min . MNETDVD-168 1985 BRIGADIERS FILMS/KINNERLAND/FLIP BEZUIDENHOUT/M-NET
vetseun
"Die Storie Verder..." - "Julle dink julle het 'troubles'!"

met George Ballot (Skollie), Nobby Clarke (Bunsen), Paul Eilers (Polka), Annette Engelbrecht, Kelsey Middleton (Cat), Patrick Mynhardt (Pappa), Emgee Pretorius (Priester), Werner Roberts (Johnny), Flip Theron (Matte), Carel Trichardt, Danie Joubert, Brümilda van Rensburg, Rob Smith, Pierre Knoessen, draaiboek, Johann Swanepoel, fotografie, produseer, regisseur, Sias Odendaal, Tobie Swanepoel, redigeerder, Hugo Taljaard, klank, John Bergman, uitrustings, Mercedes Delport, AD, Steven White : safvs.co.zavetseun

"Waar die TV-Reeks Vyfster II ophou, begin die fliek, Vyfster, Die Slot...
Skollie (George Ballot) is weer op vrye voet maar met net een brandende begeerte: om sy seuntjie, Johnny (Werner Roberts) weer te sien. Maar die wêreld buite die tronk is anders as wat Skollie onthou. In die tronk sit Pappa (Patrick Mynhardt) weer sy getroue trawante soos Priester (Emgee Pretorius) en Polka (Paul Eilers) aan die werk om Skollie te keer dat hy nie by sy seun uitkom nie. Hiervoor sal Pappa sorg, al moet hy Skollie ook vermoor - en sy seuntjie as lokaas gebruik.
Vir Skollie is daar net een uitweg: ashy weer sy laaitie wil sien, moet hy by die wortel van die kwaad uitkom - Pappa. Maar om by Pappa uit te kom moet Skollie weer terug in die tronk kom - ongesiens. En as hy Pappa kry, weet Skollie: dis sy lewe vir die van Pappa."

NIE eens die tronk kan veiligheid bied aan Pappa teen 'n wraaksugtige Skollie nie in die rolprent Vyfster. Die Slot, wat eersdaags in teaters begin draai. 'n Verwoede Skollie gebruik elke onderduimse slenter en greintjie kennis van die onderwêreld om terug te breek na die gevangenis wanneer hy agterkom dat Pappa moontlik verantwoordelik was vir die moord op sy moeder. Dit is maar enkele van die interressante verwikkelinge in die rolprent wat volg op die TV-Reeks Vyfster II, wat onlangs ten einde geloop het. Kykers was hoogs ontevrede oor die ''stomp'' afsluiting van die reeks en veral oor die feit dat hulle as't ware verplig word om die ''werklike'' einde in rolprent-teaters te gaan sien. Die TV-Reeks het geëindig waar Skollie uit die gevangenis ontsnap om by sy ''laaitie'' uit te kom. Volgens die regisseur van die rolprent, mnr. Sias Odendaal, slaag Skollie daarin om sy seuntjie op te spoor. Terwyl hy beplan om met sy seun na Durban te vlug om '' 'n fresh start'' te maak verneem hy dat sy moeder vermoor is. Dié wete laat Skollie as't ware knak. Hy besef dat net Pappa en sy trawante daarvoor verantwoordelik kan wees en sweer wraak. Skollie is egter op vrye voete, terwyl Pappa agter tralies is. Maar hy laat hom nie hierdeur van stryk bring nie. Met dieselfde slenters en waagmoed wat tot sy ontsnapping gelei het, beplan Skollie sy terugkeer tot die gevangenis om sy ''taak'' uit te voer. Intussen laat Pappa en Priester nie op hulle wag nie en beraam self duistere planne om Skollie na die hiernamaals te stuur. Vermom as 'n bewaarder slaag Skollie egter daarin om terug te keer na die gevangenis. Die slot van die rolprent is, soos die TV-Reeks, nie afgerond nie en heelwat los drade bly oor. Dit eindig waar Skollie weer in hegtenis geneem word en self 'n belangrike figuur in die gevangenis word, soos Pappa, teen wie se kop hy 'n vuurwapen druk in 'n poging om by sy seun uit te kom. Want dis Pappa wat hom en sy seun van mekaar weghou. En het Hendrik le Roux sy vrou en haar minnaar geskiet? Dit lyk of Le Roux se verhaal nie in die rolprent verder gevoer word nie, want die naam van Danie Joubert, wat dié rol vertolk, word nie genoem onder die akteurs wat in die rolprent optree nie. Mnr. Odendaal het aan Die Burger gesê die rolprent is waarskynlik die einde van Skollie en sy makkers. ''Ek is nou moeg vir dié tema en dink dit is wys om op te hou terwyl ek nog erkenning geniet. Dit is soos 'n bokskampioen wat moet uittree terwyl hy nog aan die wenkant is, nie nadat hy uitgeslaan is nie.'' - dieburgerargief


Vyfster II Intro (Nog 'n clip by youtube)

vetseunvetseunLAAI AFvetseun
klankbaan TC . MC 4659 1982 BRIGADIERS MUSIEK/SOUTH AFRICAN MUSIC RECORDS
klankbaan LP ... SABC(TV) ML 4659 1982 BRIGADIERS MUSIEK/GALLO/SAFRITEL
klankbaan LP ................. MMTL 1393 1986 MAGIC MUSIC/SOUTH AFRICAN MUSIC RECORDS
Kant I:
1. Vyfster
2. Drome Van Buite
3. Die Groot Alleen
4. Spesiaal Vir Skollie
5. Agter Slot En Grendel
6. Solitaire
Kant II:
1. Bergkoninkryk
2. Papa, Papa
3. Lang Eensaam Aande
4. Ontvlugting
5. Die Pad Vorentoe
6. Komplot

Atmosfeermusiek deur LLOYD ROSSvetseun
Verwerkings & produksie deur Roger Bashew
Opnames deur lan Smit

Eerste eer vir die welslae van die TV-reeks VYFSTER moet gaan aan Roelf Jacobs hoof van TV1 se dokumentêre afdeling. Sy aan sy met vervaardiger Sias Odendaai het hy gewerk om reg te iaat geskied aan draaiboekskryvver Hennie Human se reeks. Ook het hy die versiendheid gehad om regisseur Regardt van den Bergh 'n debuutgeleentheid te bied. Verder moes dit moed gekos het aan die kant van die Departement Gevangeniswese om die binnewerkinge van Pretoria se Sentrale Gevangenis op so 'n wyse te ontbloot. Maar daardeur het hulle 'n nuwe begrip oor hierdie skaduwêreld bewerksteilig.
Lank egter na Skol|ie, Papa en Hendrik se tronkbeelde vervaag het, sal VYFSTER se tema- en atmosfeermusiek deur Lloyd Ross ons bybly. Hierdie luisterpiaat bevat 'n keur van die jong komponis en kitaarspeler se werk, nuut verwerk deur Roger Bashew - vyfstergenot vir al ons bevoorregtes hier buite. - Albie Venter

Komponis: Earle Lloyd Ramsay Ross
Verwerkings deur Roger Bashew

Skollie
vetseunvetseunvetseunvetseun
film VHS/DVD . MNETDVD-183 1984/2010 FLIP BEZUIDENHOUT/M-NET

"George Ballot is weer Skollie!" - "'n Vyfster rolprent"

met George Ballot, Elmarie Krüger, James Borthwick, Patrick Mynhardt, Emgee Pretorius

"Skollie, Suid-Afrika se gewildste tronkvoël, hoor dat sy seuntjie mishandel word en op 'n dag kry hy die geleentheid wat hy soek om uit die tronk te ontsnap. Buite wag sy vriende, maar ook dié wat daarop uit is om hom te misbruik terwyl hy voortvlugtend is, én sersant Ben van der Merwe." - mnet.co.za


Vyfster Intro

regisseur, Regardt van den Bergh

vetseun
Vyfster / Skollie Finale 7" . PD 2304 1984 GALLO/SAM
Kant Een:
1. Vyfster (Tema uit die Rolprent "Skollie")
Kant Twee:
1. Skollie Finale (Oorspronklike Klankbaan uit "Skollie")

Produced & Engineered by Lloyd Ross

vetseun
Vyfster / Zebediela 7" .... TEAM 4516 1982 MUSIC TEAM
Kant Een:
1. Vyfster (L. Ross)
Kant Twee:
1. Zebediela (L. Ross)

Van die TV Reeks / From the TV Series "Vyfster"

vetseunvetseunLAAI AF
Vyfster / Plantegroei 7" ..... PD 2122 1982 GALLO/SAM
Kant Een:
1. Vyfster (Gekomponeer en uitgevoer deur / Composed and performed by Lloyd Ross)
Kant Twee:
1. Plantegroei (Gekomponeer en uitgevoer deur / Composed and performed by Lloyd Ross)

Arranged & Conducted by/Verwerk en gedirigeer deur Roger Bashew

plus vele meer


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)