Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Voetspore "Van Gansbaai Tot Gaboen"
vetseunvetseun
TV-reeks 4DVD96min . JBDVD 05 ONBEKEND/SABC2

Die Voetsporespan reis van Gansbaai tot in Gaboen! Die westelike roete in Afrika was vir dekades lank 'n probleem. Te veel oorloe het verhoed dat 'n mens die roete kon volg. Maar intussen het daar vrede in Angola gekom. Die paaie word gevee om dit van landmyne te reinig. Daar het nou 'n nuwe wereld vir die avontuurreisiger oopgegaan om te ontdek.
Ons vertrek van Gansbaai af - nie te ver van die mees suidelike punt van Afrika nie. Van daar loop die roete deur die Kalahari, verby die Boesmans in die weste van Namibie, op langs die kus van Angola, deur die DRK en Kongo, tot in Gaboen. Die manne besoek ook die eilande Sao Tome en Principe. Hierdie in 'n eksotiese avontuur. 'n Reis langs ongebaande wee. 'n Ware Voetspore ervaring.

Voetspore 4 "Van Kilimanjaro tot Kairo."
vetseunvetseunvetseun
TV-reeks 4DVD . MNETDVD-030 kykNET/M-NET

Die Voetspore wiele is weer aan die draai, die keer al die pad tot in Ka"ro. Die span se vierde reis is di" keer van Kilimanjaro tot Ka"ro.
Die reis begin in Tanzani", bo op Kilimandjaro, maak ''n draai in die Serengeti, van daar is dit om die Victoriameer tot in Uganda, na die oorsprong van die Nyl. Dis ''n rivier wat ''n belangrike rol speel in vanjaar se Voetsporereis. Na Uganda is dit tot in Nairobi om die voertuie te diens en dan draai die Nissans se neuse noord, bestemming die Turkanameer.
Na Turkana l" die langste en eensaamste pad voor in die Noord Ooste van Kenia, maar daarna wag Ethiopi" met eksotiese bestemmings soos Shashemene, Harer, Addis Abeba en Lalibela. Khartoem in Soedan is volgende. Dis die bymekaarkomplek van die Wit en Blou Nyl. Van daar noord is die rivier een. Die Voetsporespan volg die langste rivier in die w"reld deur die Sahara, oor die Aswandam, verby Luxor, al die pad tot by die Egiptiese hoofstad.

Voetspore 3 "Van die Kaap tot Kilimanjaro."
vetseunvetseunHIRE / HUURvetseun
TV-reeks 4DVD 559min . MNETDVD-003 2006 kykNET/M-NET

Die Voetsporespan het vertrek uit Kaapstad, onderweg na die hoogste berg op die Afrika kontinent. Die reis het geloop deur die Sederberge, die Groen Kalahari, die Kgalagadi, die Sentraal Kalahari, Moremi, Savuti, Chobe en Barotseland. Van daar het die roete oos gedraai oor Lusaka onderweg na Suid Luanga, die Malawi meer en Cabo Delgado in die Noorde van Mosambiek. In Tanzanië was die span by die Selous, Dar es Salaam, Zanzibar, die Ngorogorokrater, die Serengeti en die Natronmeer. Die reis is afgesluit in Kenia aan die voetheuwel van Kilimanjaro in die Amboseli Nasionale park. Weer is daar tydens die reis gebruik gemaak van die alternatiewe roetes - die 4x4 roetes. Weer het die span hoofsaaklik gekamp, en saans is daar aandag gegee aan die beste safari cuisine denkbaar. Voetspore het vir die span, soos vir baie van die kykers na die reeks, leefwyse geword.

Voetspore 2 "Voetspore op die Strand"
vetseunvetseunHIRE / HUURvetseun
TV-reeks 4DVD 559min . MNETDVD-002 2006 kykNET/M-NET

Aan die kus van Suider Afrika is daar 50 vuurtoring. Elke vuurtoring staan op 'n skouspelagtige deel van die kuslyn, om daar skepe te waarsku teen die gevare van die kus. Die Voetsporespan het vertrek van die vuurtoring by Ponta do Ouro in Mosambiek, en van daar al die pad af gereis tot by die toring van Kaap Agulhas, om toe noord te draai en te vorder tot by Kaap Kruis, en het so elkeen van die 50 vuurtorings besoek. Op die wyse is daar nie net by elke kilometer van die kuslyn aangedoen nie, dit was ook die voltooiing van die sirkel na In die Voetspore van die Grotes. Voetspore op die Strand was ? epiese reis van die Zoeloe koningryk, tot die Transkeise Wilde Kus, die Tuinroete, die Kaap van Storms, die Weskus, en uiteindelik die Namib.

Voetspore 1 "In die voetspore van die Grotes"
vetseunvetseunHIRE / HUURvetseun
TV-reeks 4DVD 559min . MNETDVD-001 2006 kykNET/M-NET

1. Kaokoland Die begin van 'n lang reis waartydens ons ? roete sou volg op die tradisionele migrasieroetes van olifante. Vir eers moes ons gaan soek na die mees ontwykende van hulle almal - die woestyn olifante van Damaraland en die Kaokoveld. Van daar neem die reis ons deur die Namib om die mense van Kaokoland, die Himba, te ontmoet.
2. Etosha Die Etosha was eens die grootste wildtuin in die wêreld. Vandag nog is dit een van die mooiste, met ? oorvloed van wild. Mens sien die gemsbok en springbok, en natuurlik roofdiere soos leeus, luiperds en jagluiperds. Die ou grotes is natuurlik ook daar..
3. Khaudum Weggesteek in die noordoostelike hoek van Namibië is ? plek wat een van die laaste wildernis gebiede in Afrika is. Snags loop leeus en hiënas nog deur mens se kamp, en in die winter maak die olifante ? oorlas van hulleself. Die week is afgesluit met ? besoek aan die Boesmans van die Kalahari.
4. Okavango pypsteel Wes van die Okavango Delta is die Kalahari. Hier vind mens die Drotsky Grotte en Tsodilo Hills, beide plekke omvou in misterie. Ten spyte daarvan dat heelwat mense reeds die plekke besoek het, voel ? besoek aan Tsodilo en Drotsky vir mens of jy dit opnuut ontdek.
5. Moremi en Chobe Dis die wildtuine van die Delta, en ons betree die gebied nadat hulle heelwat hoër as gewoonlik reënval gehad het. Dit sorg vir ? interessante 4x4 ondervinding, maar die oorvloed van wild, vernaamlik van olifante, maak die besoek een om te onthou.
6. Victoria Falls en Hwange Die reis begin met ? bungi sprong by een van die natuurlike wonders van die wêreld, gaan verder deur ? wildtuin met die grootste konsentrasie olifante in Suidelike Afrika, en eindig met die geleentheid om op die rug van die ou grotes te ry.
7. Tuli Terug in Botswana is ons eers na die Tuli-blok, 'n strook langs die Limpoporivier waar daar geboer word, maar die wêreld verander vinnig omdat meer en meer mense agterkom dis makliker om saam met die olifante te leef, as om te probeer boer en hulle kom vreet jou aartappels op. Die program het geëindig in Mashatu, een van die privaat wildtuine van die Tuli.
8. Limpopo-vallei Die reis het begin by Mapungubwe, oudste stad in Suid-Afrika. Van daar volg die span die Ivoor Roete, al langs die Limpopo af tot by Makuja, en deur tot in die Kruger by Crooks Corner. Dis waar Bvekenya Barnard en ander ivoorjagters berugtheid verwerf het aan die begin van die vorige eeu.
9. Venda en Gazankulu Thohoyandou, kop van die olifant, is die hoofstad van die Vha-Venda. In hierdie land van misterie en legende het ons gaan soek na die luislang in die Fundudzimeer, en toe verder gereis, al langs die Kruger se heining tot by Letaba Ranch. Ook hier was die skade van die vloede van 2000 nog duidelik te sien.
10. Die Kruger Letaba is die spogkamp van die Kruger. Dis ook hier waar mens die Olifantkamer kry met die ivoor van die reuse wat die Kruger beroemd gemaak het. Verder suid het ons gery met die Lebombo 4x4 roete. Ja, mens kan wel in die Kruger in die veld gaan kamp, en dan kry mens dalk nog die kans om Duke, een van die laaste oorlewendes van die Magnificent Seven te sien.
11. Swaziland Juweel van Suidelike Afrika! Op die voorstoep van die Gautengers is daar wonderlike parke soos Mlilwane, Mkaya en Hlane. En hier kom mens te voet tot binne tien tree van 'n wit renoster, of jy kan jou moed beproef as 'n olifant jou storm, en jy het 'n drie duim dik boompie om agter te skuil. Die koning van Swaziland is Mswati III, en die koning van bewaring is Ted Reily.
12. Mosambiek LM-prawns in Maputu, 'n ferrie-vaart oor die baai, op soek na enkellopende, skugter olifante in die Maputu Elephant Reserve, tot swem saam met die dolfyne by Ponta do Ouro, die Punt van Goud. Suid-Mosambiek is 'n 4x4 vakansiegangers paradys, en dis net om die draai.
13. Maputuland In Noord Kwa-Zulu Natal is daar Kosibaai met sy viskrale, Tembe Olifantpark waar ons ons laaste olifant sou sien, Ndumu met sy oorvloed voëls, en die kuswoud langs die Sibiyameer. By Mabibi kan mens snorkel en vlieghengel, of vir 'n entjie met die strand afry tot by die paar honderd ander 4x4 manne en meisies. Hier kom die tog op 'n einde. Dit het 91 dae geduur, en 21 000 km.


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)