Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Die Swart Kat (Chris Sassner) (Sassner, Chris)
vetseunvetseunvetseun
Die Swart Kat (Deel 2) DVD 144min . EFT/2008/0113/4261 SABC
Rienie word Filmster deel 1
Rienie word Filmster deel 2
Die Fortuinvertelster deel 1
Die Fortuinvertelster deel 2
Die Ontvoering deel 1
Die Ontvoering deel 2

vetseunvetseunvetseun
Die Swart Kat (Deel 1) DVD 168min . EFT/2008/0113/4168 SABC
Die Klouterdief
Die Bankrowers
Skelms by die Skool
Die TV Diewe
Die Popsterre
Die Brandkasdief deel 1
Die Brandkasdief deel 2

vetseun
Die Swart Kat VHS . TTK00004 SABC

met Christo Niehaus/Ruan Mandlestam (Borrie Veldt), Kerneels Coertzen (Borrie se Pa), Annette Engelbrecht (Borrie se Ma), Klara Joubert/Henriëtte de Villiers (Rienie, Borrie se Suster), Visser du Plessis/Dehan Liebenberg (Kobus Bril, Rienie se kêrel), Cornelus van der Waal (Hansie), Lourens van Niekerk (Alwyn), Louis van Niekerk, Hélòne Truter, Patrick Mynhardt, Trudie Taljaard, Milla Louw, André-Jacques van der Merwe, Eghardt van der Hoven, Koos Strauss, regisseur, Bromley Cawood, vervaardiging, Johan Bernard, Brigadiers

Drie Reekse van Die Swart Kat is uitgesaai in die laat 80s en vroeë 90s. In die derde reeks is die akteurs verander om by storielyn/tydlyn te bly.

vetseunvetseunvetseun
Die Swart Kat Slaan 'n Vos . 2013 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869196981
* Die Swart Kat Slaan 'n Vos
* Die Swart Kat Slaan Ver
* Die Swart Kat Slaan 'n moordenaar

Die vyfde boek in die reeks oor die onverskrokke, misdaadbestrydende Swart Kat. 'n Sluwe swartgeklede skurk genaamd Vlieende Vos maak oral amok en dit wil voorkom asof die vent wraggies kan vlieg! Het hy dalk spesiale kragte? En sal die Swart Kat die dief se kriptiese rympies kan ontsyfer voordat hy weer toeslaan?

vetseunvetseun
Die Swart Kat Slaan Neer . 2012 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869196912

Die Swart Kat loop op die spoor van misdadigers in Suid-Afrika. Die woord genade bestaan nie in sy woordeskat nie. Hy is vinniger as die pik van'n mamba, geruisloser as 'n arend, so sterk soos 'n bees en so onverskrokke soos 'n ratel. In hierdie eerste aflewering van die Swart Kat se avonture sorg die Swart Kat dat drie boewe behoorlik les opse.

vetseunvetseunvetseunvetseun
Die Swart Kat Slaan 'n Nar . 2012 PROTEA BOEKHUIS
Illustrasie: Willem Samuel
ISBN: 9781869196967

'n Verwaande dief wat homself Die Nar noem, gee die Swart Kat opdraand.
Die Swart Kat het sy hande vol met 'n skurk in 'n onverwagse gedaante: 'n dief wat homself Die Nar noem en boonop hou van publisiteit! Sal die gemaskerde held die raaisel kan oplos voor die simpel sersant Kobus Bril dit regkry - en gaan almal hierdie keer weet dat die Swart Kat toegeslaan het?

vetseunvetseunvetseunvetseunvetseun
Die Swart Kat Slaan 'n Ster . 1986/2012 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869196936
* Die Swart Kat Slaan 'n Ster
* Die Swart Kat Slaan 'n slag
* Die Swart Kat Vlieg

Op meesterlike wyse fnuik die Swart Kat selfs die mees formidabele aanslag. Ontvoering, terrorisme, gemene spel - waar avontuur ook al aan 't broei is, betree die Swart Kat onverskrokke en naamloos die misdaadarena. In hierdie aflewering moet hy keer dat kosbare diamante gesteel word. Die polisie sal natuurlik ook voorbereidings tref, maar hy weet uit ervaring dat dit die Swart Kat sal wees wat die kastaiings uit die vuur sal moet krap.

vetseunvetseunvetseun
Die Swart Kat Slaan 'n Noot . 2012 PROTEA BOEKHUIS
Illustrasie: Willem Samuel
ISBN: 9781869196950
* Die Swart Kat Slaan Seer
* Die Swart Kat Slaan Mis
* Die Swart Kat Slaan 'n Noot

Die Swart Kat slaan altyd seer, hy slaan soms mis, maar wanneer hy toeslaan, slaan hy sommer 'n noot! 'n Geslepe bende brandkluisrowers se planne word gefnuik by 'n nuwe teaterkompleks; die gewetenlose boef Bianchi word op land en in die lug beveg. Maar die roof by die Grendel Bank kos amper die Swart Kat se lewe ... ook maar goed hy het nege lewens!

vetseunvetseun
Die Swart Kat Slaan Neer / The Black Cat Strikes Down.
* Die Swart Kat Slaan Neer
* Die Swart Kat Slaan toe
* Die Swart Kat Slaan af


skakels : historiese kostuum















bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )