Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Plek Van Die Vleisvreters
vetseunvetseunHIRE / HUURvetseun
TV-Reeks 7DVD (13x52min) . MNETDVD-006 2004 SPECTRO PRODUCTIONS/M-NET

"...'n Sappige happie drame"

Die karakters het elke 'n dier by omdat hulle as diere in 'n visioen verskyn aan een van die hoofkarakters.
Bertus, Die Leeu (Hans Strydom),
Frans - Die Jakkals (Tertius Meintjies),
Jaap - Die Hiëna (Richard van der Westhuizen),
Liza - Die Slang (Nicola Hanekom),
Rudolph - Die Gewonde Leeuwelpie (Hykie Berg),
Samson - Die Olifant (Sandy Mokwena),
Hettie - Die Volstruis (Nazli George),
Dawn - Die Voëltjie (Kim Nicholas),
Randall - Die Apie (Adrian Alper),
Chris Roux - Die Luiperd (Anrich Herbst),
Sonja - Die Bokkie (Dorette Potgieter),
Ivan - Die Muishond (Matt Stern),
Daan - Die Renoster (Dirk Stolz),
Rika - Die Hotnotsgot (Jannie Pretorius),
Ansie - Die Perdeby (Christel van den Bergh),
Hein - Die Krimpvarkie (Danie van Rensburg),
Superintendent Karel Lubbe - Die Seekoei (Alyzzander Fourie),
Kaptein Modise - Die Buffel (Nthati Moshesh),
Brian - Die Krokodil (Adrian Waldron),
musiek, Paul Riekert
produseer, Johan van de Vyver
regisseur, Gerrit Schoonhoven
vetseun
"Plek Van Die Vleisvreters is 'n senutergende moordstorie wat op 'n luukse wildplaas afspeel. Dié besonderse lappie aarde, Granietfontein, is erfgrond wat behoort aan ene Bertus du Toit. Sy twee broers, Jaap en Frans, is bitter ongelukkig omdat hy die uitverkorene was, en sal enigiets doen om hom sy erfreg te ontsê. Só ontstaan 'n gekonkel wat alles van voorvadergeeste tot dwelms, wilde diere en 'n seksbom met losse sedes insluit. Maar dan loop dinge skeef en kort voor lank lê iemand in 'n lykshuis met 'n kaartjie om die toon. Wie kan die slagoffer wees? En wie is die verdagte/s? Die drie broers vorm die kern van die verhaal saam met Bertus se seun, Rudolph, wat in sy eie sielestryd gewikkel is. Maar al die ander karakters kry hul oomblik in die kalklig... of die verblindende lig van die waarheid. Plek Van Die Vleisvreters is die soort storie wat 'n mens diep laat nadink, en laat naels kou oor wat volgende gaan gebeur. 'n Goeie wenk: hou in elke episode die skerm fyn dop, en fokus op die visioene wat die sangoma, Samson, in die vuur sien. Luister mooi wat elkeen sê. En moet niemand vertrou nie. Die verhaal begin in 'n grot op die plaas waar Bertus se twee seuns, op aansporing van hul oom Frans, Russiese Roulette speel. Pa se gunsteling, Bertie, kry 'n koeël deur die kop, en ná 'n hartseer begrafnis onterf Bertus summier vir Rudolph. Dit gee miskien - net miskien - vir Jaap en Frans 'n kans om die plaas vir hulself op te eien. Terwyl Bertus treur oor die dood van sy seun betaal hulle 'n hoertjie om hom 'sag' te maak. Teen hul verwagting raak Bertus halsoorkop verlief op haar. En raai net aan wie bemaak hy die plaas... Maar dan begin hy onraad vermoed en hy maak 'n aankondiging wat ernstige implikasies vir 'n hele klomp mense inhou. Bertus maak baie vyande en dié wat wraak soek, maak op hul beurt ander mense kwaad. Die plaas ontaard in 'n kookpot van afguns, woede, wraak en agterdog. Plek Van Die Vleisvreters spog met 'n klompie van die land se beste akteurs. Hans Strydom, Tertius Meintjies en Richard van der Westhuizen is die drie broers. Onder die ander bekende akteurs tel Dorette Potgieter, Anrich Herbst, Sandy Mokwena, Nazli George, Dirk Stoltz en Nthati Moshesh. Dié gesoute ensemble word aangevul deur 'n klomp talentvolle nuwelinge, soos Zing-aanbieder Kim Nicholas, wat haar buiging as ernstige aktrise maak. Neem gerus ook kennis van die name Hykie Berg, Nicola Hanekom, Danie van Rensburg en Christel van den Bergh. Regisseur Gerrit Schoonhoven spoor die akteurs tot groot hoogtes aan terwyl die spanning oplaai en feitlik elke karakter om die beurt onder verdenking kom. Chris Vorster het die draaiboek geskryf en Spectro Produksies het die reeks vervaardig. Plek Van Die Vleisvreters is grootliks geskiet by Ngonyama Lodge in die Krugersdorp-wildtuin."


skakels : mnet.co.za kyknet/shows/defa....












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )