Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Nils Holgerson (Niels Holgerson, Neels Holgerson)


Nils Holgerson temaliedvetseun

sien youtube vir Nederlandse episodes

Nils, die boerseun, terg die diere op die plaas en nadat die duiwel hom in 'n dwergie verander het om hom te straf, neem die diere wraak. Akka, die wildegaans, ontferm haar oor Nils, en hy vlieg op haar rug na fie suide. Nils en Akka word vriende op die reis en nadat hy sy les geleer het, keer hy terug na normaal. ................................................................................... 1980s/2004

vetseunvetseun
Nils Holgerson: Episodes 1-52 10DVD .

vetseunvetseun
Nils Holgerson: Episodes 26-52 5DVD .

Nils, 'n boerseun, terg daagliks die diere op die plaas. As straf verander 'n towerdwerg hom in 'n dwergie sodat die diere op hom kan wraak neem. Akka die wildegaans ontferm haar oor Nils en laat hom op haar rug saam vlieg na die suide. Akka en Nils word vriende, maar voor Nils na normaal kan terugkeur is daar eers belangrike lesse wat hy moet leer.

vetseunvetseun
Nils Holgerson: Episodes 1-25 5DVD .

Nils, 'n boerseun, terg daagliks die diere op die plaas. As straf verander 'n towerdwerg hom in 'n dwergie sodat die diere op hom kan wraak neem. Akka die wildegaans ontferm haar oor Nils en laat hom op haar rug saam vlieg na die suide. Akka en Nils word vriende, maar voor Nils na normaal kan terugkeur is daar eers belangrike lesse wat hy moet leer.

vetseun
Episode 47-52 DVD .........
47. Asa, Thor En Die Reuse
HUlle skuil in 'n toring en verneem dat dit die land van die reuse was. Asa Thor het die huis van die reus besoek, waar hulle hom gevra het om Die Meul te draai nadat die wyn uitgeloop het. Hy was so moeg dat hy gaan le het op 'n bed van klippe. Hy het die klippe uitgegooi en die plato word toe bedek met vrugbare grond.

48. Smirre Raak Verlief
Smirre het hulle gevolg, maar ontmoet toe 'n wyfie jakkals. Hy vertel haar van sy wedervaringe en hy kan nie kwaad word vir haar nie. Smirre vang vir Nils en wys hom vir die wyfie jakkals, maar sy is geskok dat hy soveel moeite gedoen het vir so klein dwergie. Hulle vergeet van alles, want die aantreklike Tulip is nou in Smirre se lewe.

49. 'n Moeilike Besluit
Nils kom al nader aan sy huis en weet nie of hy die moed sal he om sy ouers te aanskou nie. Dit is moeilik om Akka te los en Martin sien hom nie meer raak nie. Hy hardloop weg en uile val vir Nils aan, maar Martin red hom. Die voorwaarde dat Nils weer normaal sal word is om vir Martin te slag op St. Martin's dag, maar hy sien nie kans nie en wil liewer 'n dwergie bly.

50. 'n Geskenk Van Die Wildeganse
Nils is ongelukkig en lag nie eens meer nie, want hy wil nie he dat Martin doodgemaak word nie. Akka neem Nils na 'n kloof waar die goudstad begrawe is. Nils steek 'n goue munstuk in sy sak - dalk sal alles verander!

51. Nils Gaan Huis Toe
Almal is tevrede dat Nils vir ewig by hulle sal bly. Nils loop om al die diere te groet en sien hoe sleg dit gaan met sy ouers. Hy is jammer vir hulle en kerf 'n boodskap vir hulle in 'n stuk hout met sy sakmes. Die ouers kry die nota maar haal eers die spyker uit die perdeskoen. Nils is hartseer om te dink hy sien hulle dalk nooit weer nie.

52. Die Afskeid
Nils besef dat hy na die wilde ganse moet gaan, maar Martin kom te voorskyn en Nils se ouers vang hom. Hy hoor Martin se geskreeu en hardloop na die huis en klop aan die deur. 'n Lig verblind sy ma en eweskielik staan Nils dar, groot en blond. Die kabouter het hom verlos van sy betowering. Sy ouers is nuuskierig, maar Nils moet iets belangerik doen - hy moet vir Akka en die wilde ganse gaan groet, maar hulle verstaan nie meer sy taal nie en nou is Nils Holgerson weer net 'n persoon, wat hulle voor bang is.

vetseun
Episode 41-46 DVD .........
41. Somer In Lapland
Die klein gansies word groter en sterker elke dag en verg al die aandag van die ouers. Nils is vervelig en verken plekke in die omgewing. Philipp kla teenoor Nils dat sy ouers nie aandag aan hom gee nie en Nils oortuig die ouers dat hulle seun verwerp voel. Al die ander volg hulle voorbeeld en hou op met werk. Die damwal breek en Nils besef dat die wêreld van diere en mense baie verskil.

42.Finnen-Malin
Nils aanvaar die uitnodiging van Bataki om saam met hom te gaan, maar hy los vir Nils in die woud naby Malin, wat met diere praat. Nils help haar om die taal van die diere te verstaan. Oppad kom hulle 'n handelaar tee en Malin red hulle lewens van die wolwe. Terug in die vallei spot almal met Malin en Nils hou 'n toespraak wat die inwoners skaam maak. Hulle aanvaar haar nou in die gemeenskap.

43. Totsiens Gorgo
Uit die noorde waai 'n koue wind en die sneeu en koue is oppad. Akka en die wilde ganse is weer op pad na die suide, maar sy besluit om nie vir Gorgo saam te neem nie. Gorgo maak 'n hasie dood en Akka voel dat hy volgens sy natuur moet lewe. Toe hulle vertrek, vlieg hy saam en belowe dat hy soos die wilde ganse sal lewe - soos 'n trotse vrye arend.

44. Die Towertuin
Akka en die wilde ganse vlieg vinnig en Lapland le agter hulle. Nils ontdek 'n hek en hy en Krumel gaan in en 'n man probeer Nils oortuig om tuinwerk te doen. Akka verduidelik dat die man nie vrede kan vind as dit volmaan is nie en dat hy eimand soek om hom te vervang in die tuin. Sou Nils en Krumel begin spit het, sou hulle daar moes bly vir ewig.

45. Die Kleine Olav
Nils en Krumel, die hamster sien kinders wat 'n kalfie jaag. Martin, Nils en Krumel voel verantwoordelik vir die kleintjie wat nie kan byhou nie. Hulle het hulle hande vol om die kleintjie gelukkig te hou en hulle neem hom na 'n grot waar die ouer boeties en sussies ook is.

46. Transaksie Met Die Meeue
Hulle moet meer gereeld stop vir die klein gansies se onthalwe. Nils hoor die hartseer verhaal van die vissers wie se harings verdwyn het. Die seemeeue het die vissermanne gewys waar die vis was, maar hulle het toe ook die seemeeue se eiers gevat. Hulle het wraak geneem maar Nils het gesorg dat hulle weer vrede maak en die swerms haring het weer in die nette verskyn.

vetseun
Episode 36-40 DVD .........
36. Die Vyf Verkenners
Op hulle reis na Lapland kom hulle af op voëls wat argumenteer en Nils luister aandagtig na die argument. Hulle kan nie besluit watter land die mooiste is nie, en Gorgo beskry 'n land wat almal tevrede sal stel - Lapland.

37. Die Vors Van Die Sneeu En Ys
Nils en Krumel is oppad na Lapland op Gorgo se rug. Dit word al hoe kouer en donkerder en Nils verlang na Akka. Hy hoor 'n stem wat hom roep en volg die son na 'n kleurvolle plek in die noorde. Vrees oorval Nils en hy besef datdit nie die son is wat magtig genoeg is om die sneeu en ys aan te vat. Nils en Krumel het magteloos toegekyk. Was dit net 'n droom?

38. Asa En Klein-Maats
Die vrede was versteur in Lapland en so ontmoet Nils vir Asa en klein-maats wat alleen na Lapland gekom het na hulle ma se dood. Hulle soek nog na hulle pa en Nils besluit om hulle te help. Hy probeer om sy identiteit geheim te hou, maar besef dat hy 'n fout gemaak het. Hy bring vir Asa en klein-maats terug na hulle vader.

39. Lente In Lapland
Dit was warm in Lapland en die son skyn. Die wilde ganse was besig om neste te bou en Akka moes die vrede bewaar. Martin kon nie wag om 'n pa te word nie. Gustar en Lasse het albei verlief geraak op dieselfde ganswyfie, Siri. Sy kies toe vir Lasse om haar nes te bou.

40. Nils Speel Ma
Die wilde ganse bou hulle nessies en le eiers. Martin is ongeduldig maar toe hulle eiertjie uitbroei is hy die gelukkigste gans in die wêreld. Sy jongste seun, Nilsson, beland in Smirre se wip. Hy hou hom gevange en sal hom uitruil vir Nils. Akka sal dit nie toelaat nie en red die klein gansie van Smirre. Martin besef dat die klein gansies ook bekommernisse kan veroorsaak.

vetseun
Episode 31-35 DVD .........

31. 'n Nare Ondervinding.
Akka met haar wilde ganse vlieg oor die baai toe 'n geweerskoot vir Martin so lat skrik dat Nils en Krumel afval in die see. 'n Visserman vang hulle in die mandjie en hulle word verkoop aan Klement, die vioolspeler. Nils het begin huil en Klement het hom vrygelaat.

32. Gorgo Die Arend
Dit is die eerste keer dat Nils en Krumel alleen is, maar in die dieretuin ontmoet hulle vir Gorgo wat ook deur Akka grootgemaak is. In Lapland het Akka die paar arende waargeneem wat elke oggend gaan kos soek het, maar toe verdwyn het. Sy het die baba, Gorgo, uit die nes gehaal en haar grootgemaak en het die moeder gespeel.

33. Smirre Daag Weer Op
Nils, Krumel en Gorgo was oppad na Lapland en het baie honger geword. Hulle ruik varsgebakte brood en land op 'n plaas. Die bekendheid laat Nils huistoe verlang en hy vergeet amper dat hy so honger is. Die boervrou het hom raakgesien en vir hom alles gegee wat hy voor gevra het.

34. Oujaarsdag In Die Woud
Nils verlang na Akka en is gelukkig to hy vir Klement, die vioolspeler, weer sien wat die vee in die berge laat wei. Klement neem deel aan 'n kompetisie. 'n Jong beorseun vertel 'n storie en Klement vertel die storie van Nils Holgerson. Nils het opgestaan en homself aan die mense gewys. Klement wen toe die prys en Nils was tevrede dat hy uiteindelik die regte ding gedoen het.

35. Die Bosbrand
Nils ervaar vir die eerste keer in sy lewe 'n verwoestende veldbrand en die vlamme verteer sie bome. Hy hardloop af na die rivier en vind vir Max, 'n muis en 'n goeie vreind van Krumel. Met Gorgo se hulp slaag hulle daarin om vir Max te red. Dit was die gevaarlikste oomblik vir Nils tydens sy wedervaringe en tog na Lapland.

vetseun
Episode 26-30 DVD .........
26. Die Vreeslike Vloed
Die sneeu smelt ook in die noorde, en Smirre beplan weer 'n skelmstreek om Nils te vang. Die wilde ganse besoek weer die swane en terg vir Martin en hy word kwaad. 'n Bakleiery ontstaan en Nils gaan soek vir Agar, die boodskapper en hulle besef dat dit Smirre was wat kwaad gesteek het. Die swan eiers wat gered is, begin uitbroei en almal is baie gelukkig.

27. Die Raaf Se Geheim
Bataki, die kraai vlieg oor Fallun en hy vlieg in die houthuis, maar die deur slaan skielik toe agter hom. Bataki versoek die swaeltjies om vir Nils te roep. Nils en Krumel sak af in die skoorsteun en Bataki vertel hom van die reus en die berg van koper. Bataki gebruik toe die gat wat Nils gemaak het in die hout om te ontsnap en Nils het gedink Bataki sal hom vertel van die koperskatte.

28. Die Smid Van Dallana
Nils, Krumel en Martin vlieg oor mense wat feesvier en Akka stem in dat die kraaie vir Nils soontoe neem. Die kinders speel en die grofsmede hou kompetisie. Dit gebeur toe dat die twee strekste en vinnigste grofsmede die perde se hoewe agterstevoor aangesit het.

29. Donsveertjie Se Tuiskoms
Hulle vlieg in mooi weer verder en Donsveertjie verlang huistoe en Akka besef dat hulle 'n nes wil bou in Lapland. Hulle gaan groet haar ouers en die jaloerse susters wil Martin vergiftig. Martin is ongelukkig, maar wen die geveg tussen hom en die visarend. Donsveertjie se pa is beïndruk met Martin.

30. Die Waghond
Nils en Krumel loop deur die vallei waar die wilde ganse geland het. Daar was genoeg vrugte om te eet maar Smirre jaag hulle tot by die plaashuis. Smirre loop op en af voor die vasgemaakte hond en beledig hom. Nils het die hond se ketting losgemaak en Smirre word verjaag tot in die watergat. Toe hy bo die water verskyn vir asem, bind Nils die leiband om Smirre se nek.

vetseun
Episode 21-25 DVD .........
21. Die Wraakgierige Slang
Nils en Krumel besoek Graufell in die woud en hulle leer hom on te swem. Martin is bang vir die adder. Harmless en Grey Fur kom help hom, maar skop vir Harmless dood. 'n Plaag kom in die woud en die mense begin die bome afkap en verwoes die woud. Grey Fur word verban uit die woud sodat hy kan leer hoe om hom te gedra.

22. Die Onvriendelike Boer
Hulle vlieg verder en 'n storm woed. Die boer soek skuiling in die plaashuis, maar die drie koeie en 'n perd is buite. Nils is reg om hulle te help en Krumel, die hamster, lei hulle weg na die boer. Die boer se ma volg hulle in die woud en Anne se voet word vasgevang onder 'n boomstomp. Nils roep die boer en hy red vir Anne. Al die diere kan daarna in die stal gaan en genoeg eet. Die twee swewers kan op die plaas bly.

23. Die Bere
Nils word afgewaai van Martin se rug en land tussen die bere. Akka begin soek en hulle sioen alreeds vir Smirre. Nils hardloop in Smirre vas maar Pappa Beer wil vir Nils aanval omdat hy soos 'n mens ruik. Die kleintjies oortuig hom om dit nie te doen nie. Geweerskote lei Akka na Nils en hulle kan hulle tog na Lapland voorsti. Smirre bly agter.

24. In UppsalaUppsala is die eerste groot stad wat hulle oorvlieg. Nils en Krumel sien 'n student wat die voëltjies voer en volg hom na binne. Nils moet sy storie aan hom vertel. Die twee studente los die venster oop en al hulle manuskripte waai weg. Nils Holgerson kom weereens tot die redding en tel al die blaaie op in die strate. Die studente se boek is 'n meesterstuk en almal is gelukkig.

25. Walpurgisnag
Die sneeu smelt en die diere verlaat hulle blyplekke. Smirre breaam 'n plan om vir Nils in die hande te kry. Akka-hulle besluit om die swane te help, maar begin om te argumenteer. Smirre hou hulle dop en lag onderlangs. Nils en Martin soek die swan eiers om dit te red, mar Smirre val vir Nils aan. Die swan fanilie kom tot sy redding en daar is vrede tussen die wilde ganse en die swane.

vetseun
Episode 16-20 DVD .........
16. Die Skat Van Sunner Bo
Hulle land in die land van die kraaie. Smirre stel voor dat hulle Nils moet vra om 'n pot vol silwer muntstukke oop te maak - op veerwaarde dat hulle Nils vir hom los. Toe Nils die pot oopmaak duik die kraaie af om die muntstukke te gryp. Na argumente oor die muntstukke, slaag Nils om te ontsnap saam met Fumle-Drumle na 'n veilige wegkruipplek.

17. Fumle-Drumle
Windiele, die leier van die kraaie, wil he die ander kraaie moet betaal vir dit wat hulle gesteel het. Smirre wag ongeduldig langs die pot vir Nils, as beloning vir hom en die kraaie stuur vir Fumle-Drumle om hom te gaan haal. Fumle-Drumle is die nuwe held van die kraaie en word die leier. Uit dankbaarheid help Fumle-Drumle vir Nils om Martin en Donsveertjie te vind.

18. Jarrow Die Lokvoel
Na drie dae vlieg hulle na die grootste voelmeer in die omgewing. Nils beledig vir Martin en hy en Krumel vertrek op hulle eie en raak aan die slaap in 'n neutedop. Jarrow, die lokvoel, waarsku die wilde eende dat jagters naby is. Nils belowe vir Jarrow om hom te bevry en sny die tou as met 'n mes. Toe Jarrow wil wegvlieg word daar op hom geskiet, maar hy slaag daarin om te ontsnap na sy vryheid.

19. Die Droogleggin Van Die Meer
Die mense wil die meer lat opdroog, en Akka moet vir Nils help toe die woedende eende hom wil aanval omdat hy ook 'n mens is. Jarrow besoek Per-Ola, sy vriend en hulle spring in 'n boot met 'n gat in, maar Nils help om die boot aan wal te stoot. Ceaser, die hond, blaf en hulle vind Per-Ola. Die ouers besef dat die wilde eende gehelp het om die seuntjie te red, en besluit om Takem Meer te red.

20. Die Verhaal Van Graufell
Hulle vlieg verder na 'n woud. Elke, 'n eland vertel dat haar seun, Graufell, weg is. Nils en Krumel vind hom en hulle hoor dat die eienaar hom wil verkoop aan die dieretuin. 'n Muis oortuig hom om terug te gaan en 'n leier te word in die vryheid sodat hy nie in 'n hok aangehou word nie. Sy ma verwelkom hom terug met dankbaarheid.

vetseun
Episode 11-15 DVD .........
11. 'n Nag Op Die Rotse
Nils help vir Akka baie op die reise, want hy kan hoor en sien in die donker. Akka vra hom om wag te hou maar Smirre verskyn, wat iets soek om te eet - eintlik vir Nils. Smirre wil 'n ooreenkoms van vrede sluit met Akka en die wilde ganse as hulle Nils vir hom los. Sy besluit daarteen want sy besef dat sy hom nie net na Lapland wil neem om hom te gebruik, maar ook omdat sy lief geword het vir hom.

12. Martin Raak Weg
Martin tree snaaks op en Nils en Krumel volg hom voor hulle vertrek. Martin is verlief op 'n wyfie gans wat haar vlerk seergemaak het en Nils help haar. Al die ganse vlieg terug en vind Smirre wat die mooie Donsveertjie, wil vang. Sy vlieg saam met Akka en die ander ganse weg.

13. Jakkals Leer 'n Les
Die weer is sleg en hulle land by 'n grot en ontdek 'n kudde skape wat wegkruip vir die jakkalse. Smirre kom in met sy rooi jas. Akka vra vir Nils om haar te help en hy hou wag by die deur. Nils ooreed 'n ram om hom te help en hulle oorval die jakkalse. Smirre is oortuig om vir Nils te vang, al is dit in Lapland.

14. Die Weerheks
Almal is bang vir die heks en Nils beledig haar. Krumel sien dat twee kinders oor die ys wat smelt hardloop, en besef hulle is in gevaar. Dis net die heks wat weer die water kan ys en Nils verduidelik die gevaar van die kinders se veiligheid en die heks stem in om die water weer te vries.

15. Die Versonke Stad
Nils en Krumel vlieg op Ermenrich, die oolevaar, se rug om die stad te verken. Hulle gaan deur die hekke en die storie van Vineta, die stad, word aan hulle vertel. Die hoogmoedige inwoners is vervloek en as hulle iets aan 'n lewende persoon verkoop sal die stad nie weer onder water verdwyn nie. Nils en Krumel soek 'n muntstuk om iets te koop, maar was te laat en die stad verdwyn toe weer. Hulle vlieg terug.

vetseun
Episode 6-10 DVD .........
6. Die Spel Van Die Wildeganse
Na die vorige episode besef Nils die eerste keer die waarde van vriendskap. Die wilde ganse is bekommerd of Martin, die mak gans, wel Lapland sal bereik. Hulle hou 'n kompetisie en Martin moet bewys dat hy kan duik, vlieg, hardloop en spring. Nils help vir Matrin om die toetse te slaag. Akka kom op vir Martin want sy besef dat hulle Klein Nils nog nodig sal kry in die toekoms.

7. 'n Reëndag
In slegte weer land die wilde ganse in 'n vallei. Nils gaan soek kos en kruip weg in 'n mandjie van 'n fiets. 'n Dogtertjie ry weg en ontdek Nils en die hamster en skree histeries, waarop hulle twee in die huis inhardloop. Hulle eet hulle vol en hardloop na die kinderkamer. Hulle speel so lekker toe 'n seuntjie so oud soos hy hom in 'n net probeer vang, maar hy ontsnap. Hy wonder of hy gerdoom het en of hy regtig 'n dwergie gesien het.

8. Die Towerhoring
Nils besef om weer 'n normale seuntjie te wees, sal moeilik wees. Die dwergie gee voorwaardes aan Akka voordat Nils sal verander. Nils is hartseer, maar luister na die twee houtkappers en besef dat as hy Martin weer veilig huistoe kan bring, hy weer normaal sal word. Hulle vlieg na die kasteel waar die rotte wil inval. Akka laat haal 'n towerfluit en Nils moet daarop speel. Die rotte vlug uit en verdwyn. Die Glimminge Kasteel is gered deur Nils met sy towerfluit.

9. Die Lentefees
'n Dag van vrede breek aan en niemand mag enige dier leed aandoen nie. Almal berei voor vir die fees en honger Smirre arriveer, maar met ander redes en mag niks vang om te eet nie. Toe almal dans gryp Smirre vir Ingrid en almal raak stil. Smirre breek die ongeskrewe reël en is verban by die wees. Wanneer die kraanvoel arriveer en haar dans uitvoer, weet almal dat lente in die lug is.

10. Die Lewende Standbeeld
Die maan verlig die nag en Akka en haar ganse is verplig om op die kerktoring te land. Nils en Krumel verken die strate. Nils skree vir die voelverskrikker. Die reuse ysterman agtervolg hom. Hy is bang maar sien 'n houtman en kruip ondser sy hoed in. Hy hardloop verder weg en speel met houtmannetjies in 'n boot in 'n museum. Nils probeer die boot red to hy omslaan, maar seemeeue help hom. Terug by die wilde ganse weet hy niemand sal sy storie glo nie en antwoord net Ek het met die houtmatrose gespeel.

vetseun
Episode 1-5 DVD .........
1. Die Kaboutertjie
Nils, die boerseun, terg die diere op die plaas en nadat die duiwel hom in 'n dwergie verander het om hom te straf, neem die diere wraak. Akka, die wildegaans, ontferm haar oor Nils, en hy vlieg op haar rug na fie suide. Nils en Akka word vriende op die reis en nadat hy sy les geleer het, keer hy terug na normaal.

2. Die Wildeganse
Die nuus versprei vinnig en die diere is bly, want nou kan hulle hom terug kry vir al sy tergery. Skielik is daar wilde ganse wat oor die plaashuis vlieg en uitroep Kom saam na Lapland. Martin, die huisgans, probeer saamvlieg en Nils en Krumel, die hamster, slaag daarin om aan hom vas te hou. Dit is hoe Nils en Krumel vertrek op hulle lang, lang reis.

3. Smirre Die Jakkals
Nils en Krumel klou vas op Martin se rug en is vasbeslote om na Lapland te gaan agter die wilde ganse aan. Hulle vlieg vinnig om by te bly en daardie aand is Nils jammer vir Martin - hy was nog nooit jammer vie diere nie! Nils verlang huistoe. Smirre, die jakkals kom te voorskyn en gryp 'n gans. Nils jaag hom. Akka en Keebnekajse is trots op hom.

4. Die Eekhoringkie
Nils en Krumel geniet die avontuur, tot hulle sien dat mense 'n eekhoring in 'n hok aanhou. Hy skreeu vir hulp en is verbaas om 'n dwergie te sien. Nils en Krumel kom af op twee baba eekhoringkies. Nils red die babas, maar Smirre versky en keer hom vas in 'n boom. Die ganse storm af op Smirre en hy hardloop weg. Nils was die held en die boer kry skaam omdat hy die ekkhoringkies aangehou het, en laat hulle vry sodat hulle vry kan lewe in die woude.

5. Martin In Gevaar
Nils en Krumel is honger en gaan soek na kos. Hulle kom af op twee seuntjies wat visvang. Martin wil Krumel red to hy van die koekies steel, maar die seuntjies vat hom huistoe vir aandete. Nils en Krumel volg hulle tot in die kombuis van die kasteel, waar Martin veg vir sy lewe. Nadat die skoolkinders chaos gesaai het, slaag Nils en Krumel om op Martin se rug te klim en hulle vlieg by die deur uit.

vetseunvetseun
Episodes 41 & 42 VHS . FJE - 077

vetseunvetseun
Episodes 5 & 6 VHS . FJE - 059


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )