Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Koowee
Koowee - Lappies
vetseun
TV-Reeks DVD . MNETDVD-134 M-NET

Koowee - Tjiff & Tjaff
vetseun
TV-Reeks DVD . MNETDVD-133 M-NET

Episode 1 - Brandweerstasie
Tjiff en Tjaff gaan by die brandweerstasie kuier. Die vriendelike mense daar wys vir hulle hoe 'n vuur geblus word. Hulle gaan selfs saam uit om 'n rerige vuur te blus en die diertjies in die bos te red. Niks is vir die twee geliefde karaktertjies te moeilik om te verken nie. Hulle waag kanse en gee nie om as hulle foute maak nie.

Episode 2 - Kegelbal
Tjiff en Tjaff is weer op 'n missie om nuwe dinge te sien en te ontdek.

Episode 3 - Koning, mag ek op reis gaan?
Tjiff en Tjaff leer van naby en van ver, van kort en van lank, van klein en van groot en van baie en van bietjie. Saam met die maatjies speel hulle die speletjie: "Koning, koning, mag ek op reis gaan?". Die koning mag besluit hoe ver jy mag reis.

Episode 4 - Melkplaas
Tjiff en Tjaff se uitstappie vat hulle na 'n melkplaas om te sien hoe koeie gemelk word en hulle leer waar die melk vandaan kom. Die twee gewilde karakters leer op 'n humoristiese manier alles oor koeie en hulle lewe.

Episode 5 - Tjiff en Tjaff speel hoe ry die bus
Tjiff en die maatjies leer vir Tjaff hoe om bus te ry. Hulle sien klomp dinge oppad en gaan maak 'n draai by 'n roomyswinkel, dieretuin en swembad voordat dit weer tyd is om terug te gaan. Tjaff weet nou wat die drie ligte op die verkeerslig beteken, en dat 'n stopstraat net so belangrik is as jy gehoorsaam wil wees aan die reels van die pad.

Episode 6 - Simon se
Tjiff en Tjaff gaan kuier by 'n kleuterskool. Vandag leer hulle twee nuwe speletjies wat mens help om mooi te kan luister. Die een se naam is "Simon se" en die ander een is "Telefoontjie". Tjaff hoor iets wat hom seermaak, maar dit was alles net 'n groot misverstand.

Episode 7 - 'n Voeltjie in 'n kou
Tjiff en Tjaff kry 'n onverwagse verrassing. Hulle is baie bly oor die voeltjie in 'n kou wat lekker saam met hulle kan sing. Dit lyk asof daar ook vir Lulu iets in die boks weggesteek is.

Episode 8 - Kitnaar
Daar is lekker baie verrassings in Tjiff en Tjaff se huisie. Iemand het vir hulle 'n kitaar gestuur. Hulle leer hoe om die kitaar sag en hard, hoog en laag te speel en in die groot boek leer hulle meer oor instrumente met snare.

Episode 9 - Kamera
Tjiff en Tjaff kry 'n kamera in vandag se verassingsboks. Hulle neem so lekker foto's en besluit om vir hulle vriendin Lulu ook 'n paar te stuur. Die twee leer ook alles van verskillende kameras.

Koowee - Teddies
vetseun
TV-Reeks DVD . MNETDVD-132 M-NET

Episode 1 - Bella se klas maak rivier skoon
Bella se klas leer omtrent die omgewing en besoedeling. Haar klas gaan stap langs die rivier naby hulle en maak die walle skoon.

Episode 2 - Bennie gaan grot toe
Bennie gaan saam met Bollie-hulle na 'n bekende grot toe. Hy vertel die ander van die uitstappie.

Episode 3 - Bennie, die popster
Bennie wil 'n popster wees. Hy haal sy beste sangstem uit, maar die ander oorreed hom dat hy nie 'n popster se voet is nie. Hulle lag lekker saam.

Episode 4 - Bessie gaan na 'n feepartytjie
Bessie word genooi na 'n feetjiepartytjie toe. Die teddies vra hulle mamma of hulle in haar trommel kan kyk vir klere en hulle kry vlerkies en 'n towerstokkie sowel as ander kostuums.

Episode 5 - Die lugskou
Bennie gaan saam met Pappa na 'n lugskou toe en die meisies gaan die volgende oggend saam met Mamma fliek. Sodra die meisies terugkom van hul uitstappie, vertel Bennie al die gebeure van die lugskou

Episode 6 - Dinosourusse
Bella het by die skool geleer van soogdiere en reptiele. Die beertjies speel met dinosourusse en wonder of hulle ook reptiele was.

Episode 7 - Kersliedjies in die park
Die beertjies is baie moeg omdat hulle so laat gaan slaap het. Hulle was by Kersliedjies In Die Park, en hulle vertel die maatjies daarvan.

Episode 8 - Die nuwe potplant
Die beertjies kry 'n pot en later kry hulle 'n plant, wat hulle laat besluit om die plantjie oor te plant in die pot.

Episode 9 - Tannie Ria se nuwe babatjie
Tannie Ria se babatjie, Sasha, is gebore. Die beertjies vertel vir Bryan van hul geskenk vir Tannie Ria en besluit om vir Sasha 'n presentjie te maak.

Episode 10 - Ysskaats
Die beertjies gaan ysskaatsbaan toe! Hulle vertel vir Bryan van hul avonture en maak vir hom 'n prent van 'n stewel.

Koowee - Glub Glub
vetseun
TV-Reeks DVD . MNETDVD-131 M-NET

Juffrou Vis en haar klomp lewenslustige leerlinge speel, leer en kuier elke dag bymekaar. Daar's Karnallie die garnaal, Siebert die seeperd, Willie die waterskilpad en sommer baie meer. Maar pasop vir Stompkop...hy is die ene wat honger in die donker le en ons maatjies sal slim plannetjes moet uitdink om hom uit te oorle.

Episode 1:
Vandag span almal saam om die arme kreef-drieling te hulp uit 'n grote penarie!

Episode 2:
Dis groot makietie en pret: alles oor 'n verjaardagkoek! Maar wees versigitg, is al wat ons mag se...

Episode 3:
Vandag verdwyn die arme kluisenaarkrappe se doppe en almal moet inspring om te help soek.

Episode 4:
Vandag is Juffrou Salmien se verjaardag en 'n verrassingskonsert is op die kaarte. Selfs Stompkop lewer 'n bydrae!

Episode 5:
Dis uiteindelik tyd vir die Reënboogkonsert en almal staan bont om hulle beste item telewer, totdat Mona in Stompkop se strik trap...

Episode 6:
Ons maats leer vandag hoe om te tel en ook die waarde daarvan om syfers te ken en te herken.

Episode 7:
Vandag is ons maats skoon oorbluf toe hulle uitvind Stompkop gaan trek, Mosselbaai toe nogal!

Episode 8:
Ag ons maats gebruik enige verskoning vir konsert hou en die keer is dit met slag-instrumente - maak reg vir groot lawaai!

Episode 9:
Ons maats hou hierdie keer middernagfees en dinge is te jolig en vrolik, maar ons weet almal wie gaan ook opdaag...

Koowee - Peekiboo
vetseun
TV-Reeks DVD . MNETDVD-130 M-NET

Episode 1 - Slaaptyd
Bastiaan en die maatjies leer oor slaaptyd, drome en Klaas Vakie!

Episode 2 - Wakker word!
Ons leer van opstaan en regmaak vir die dag! Ons leer ook hoe om 'n bed op te maak!

Episode 3 - Troeteldiere
Ons leer van verskillende troeteldiere en gaan kuier by 'n troeteldierwinkel!

Episode 4 - Troeteldierkos
Weet jy wat 'n hasie eet? Ons leer wat jy vir jou troeteldier moet voer!

Episode 5 - Troeteldiersorg
Bastiaan, Katie, Sollie en Zak vertel ons hoe jy vir jou troeteldier moet sorg en hoe om hulle gesond te hou!

Episode 6 - Borrels
Wat is 'n borrel? Hoe maak jy dit? Bastiaan en al sy maatjies gaan vind uit!

Episode 7 - Kalsium
Weet jy hoe om tandjies mooi wit en sterk te hou? Jy moet baie Kalsium in kry! Wat is Kalsium? Wel, kom kuier saam met al jou Peekiboo maatjies dan vertel ons jou alles!

Episode 8 - 5 en 6
One leer van vyf en ses! Onthou julle al die nommers sover? Een, twee, drie, vier, vyf en ses! Dis reg! kom speel saam!

Episode 9 - Planete
Weet jy ons bly op 'n planeet? Kan jy raai wat die planeet se naam is? Dis reg, ons bly op planeet aarde! Die aarde is baie groot en rond! Ons leer alles van planete! Hoeveel is daar? Hoe groot is hulle? Ons vertel jou alles!


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)