Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Gautêng-Alêng-Alêng
vetseun
TV-Reeks DVD ..................... SABC2

Die G.A.T.T. Departement, die Gautengse Departement van Tenders en Toetse, word bestuur deur Frans Roos. Sy department is verskuif van die elfde vloer na die kelder, die personeel is van 33 na 3 verminder en hy rapporteer direk aan Me. Mammabolo, die "chair woman" van die raad.
Die ander personeel bestaan uit Lulu Roux, die ontvangsdame, Koos Koekemoer, die seniortegnikus, en Dickey Abrahams, junior tegnikus.
Koos se vrou, Bessie, is 'n boetebessie en sy is gereeld daar om op Koos te "check". Poena Pieterse is veronderstel om die department se bode te wees maar is byna voltyds besig om persoonlike takies vir Me. Mammabolo te verrig.

Warm liefde en slegte spysvertering.
Lulu bedank Poena hartstogtelik vir die liefdesliedjie wat hy aan haar opdra. Koos en Bessie kafoefel in die werkswinkel. Beide voorvalle is sigbaar op die sekuriteitskameras en word aangemeld. Mev.Mammabolo het 'n babalaas en die personeel sêles op weens voedselvergiftiging.

Verlof vra, Vry en Verneuk.
Koos vra verlof vir 'n familietroue en Frans Roos gee hom 'n harde tyd daaroor. Poena en sy meisie Muggie vry die duiwehok onderstebo en van haar pa se resiesduiwe kry seer terwyl ander ontsnap. Poena probeer, onsuksesvol, die situasie regstel met dakduiwe wat hy by die werk vang. Almal raak op hol wanneer Dickey vermoed dat sy meisie hom verneuk en Mev. Mammabolo moet die vrede bewaar.

Bestuur sonder rybewys en Poena in Disneyland.
Mev. Mammabolo word in hegtenis geneem wanneer sy haar ampsmotor sonder rybewys bestuur. Poena word aangewys om mev.Mammabolo te vergesel na Las Vegas op 'n amptelike besoek.

Twaalf uit tien.
Bessie gee 'n bekende sanger 'n boetekaartjie en hy trakteer haar om uit die situasie te kom. Koos gaan soek na Bessie en haak in die casino vas. Muggie probeer Poena se oorsese besoek kelder. Poena gaan na Lulu se woonstel om brosjures te kyk. Hy speel vir haar kitaar en sy raak so meegevoer dat sy hom 12 op 'n skaal van 1 tot 10 gee.

Bon Voyage.
Die gerug loop dat Poena en Lulu 'n verhouding het. Lulu is baie hartseer oor Poena se weggaan. Koos en Dickey word in 'n omhelsing betrap en Bessie moet gelawe word.

Where's that Poena.
Poena raak weg tydens die oorsese besoek en almal is bekommerd.Hy word egter in eersteklas teruggevlieg. Bessie en Koos speel hoender-hoender, Dickey verdrink sy sorge en Poena ontstel Lulu baie wanneer hy haar vertel van sy nuwe meisie, Mandy Moolman.

vetseun
TV-Reeks DVD ..................... SABC2

Die G.A.T.T. Departement, die Gautengse Departement van Tenders en Toetse, word bestuur deur Frans Roos. Sy department is verskuif van die elfde vloer na die kelder, die personeel is van 33 na 3 verminder en hy rapporteer direk aan Me. Mammabolo, die "chair woman" van die raad.
Die ander personeel bestaan uit Lulu Roux, die ontvangsdame, Koos Koekemoer, die seniortegnikus, en Dickey Abrahams, junior tegnikus.
Koos se vrou, Bessie, is 'n boetebessie en sy is gereeld daar om op Koos te "check". Poena Pieterse is veronderstel om die department se bode te wees maar is byna voltyds besig om persoonlike takies vir Me. Mammabolo te verrig.

Naels en Boereboude - Lulu help Me.
Mammabolo met 'n naelkrisis en Koos en Frans sit vas oor 'n opmerking wat Frans oor Bessie se agterstewe gemaak het.

Popster, Toerisme, Sirene en Ligte.
Poena dring deur na die semi-finaal van 'n popsterkompetisie, Koos kry 'n blink gedagte en Me. Mammabolo wil haar ampsmotor opgradeer. Poena kry opdrag om die motor met blou ligte en'n sirene toe te rus maar moet daarna wegkruip vir 'n vale.

Die People's Pool, die Sithole's, Brittney en die Naeltjiering - Koos en Me.
Mammabolo inspekteer die swembad by Jabulani, alle tenders gaan in een rigting, Poena wil vir Brittney Spears na sy partytjie nooi, Koos kry dit hotagter van Bessie oor sy hulp aan ander vrouens met gordyne hang en Lulu notuleer ongelukkig dat Bessie 'n
naeltjiering het. Die gort is gaar by G.A.T.T.

Monty, vol Monty en Bessie se Erewag.
Poena moet 'n miniatuur kamera in die jacuzzi installer. Hy val egter deur die dak en beland in die jacuzzi saam met 'n paar dames. Bessie staan in 'n erewag vir Sjinese sakemanne en Koos is woedend wanneer sy uiteindelik drie-uur die oggend tuiskom.Lulu en Frans neem aan interne kompetisies deel.

Die Bal en die Deurtrekkertjie.
Die spysenier vir die Premier se Bal staak en Koos, Dickey en Poena moet uithelp met die kos en drank. Natuurlik is daar rampspoedige gevolge. Bessie koop 'n deurtrekker baaikostuum en wanneer sy aandring om dit in die openbaar te dra, skaf Koos vir hom ook 'n deurtrekker aan.

Dobbelskuld en verhoudingsprobleme.
Poena is verslaaf aan dobbel en begin vasdraai. Koos verval in onguns by Bessie en probeer alles om haar terug te wen. Mnr Roos word vir seksuele teistering aangekla.

Die Skerpioene, strykyster en spelfout.
Die Skerpioene bring 'n onverwagte besoek aan G.A.T.T. en dit gee aanleiding tot senuagtigheid by sommige personeel. Bessie betrap Koos, Dickey en Lulu wanneer hulle kaasbroodjies maak met 'n strykyster. Mev. Mammabolo se persoonlike nommerplate het 'n spelfout op.


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)