Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Wolwedans in die Skemer



vetseun
film Blu-Ray ................ 2012

vetseunvetseunvetseun
film DVD ...................... 2012

met Rolanda Marais, David Louw, Lelia Etsebeth, Desiré Gardner, Gérard Rudolf, Jacques Bessenger, Illse Roos, André Roothman, Riana Wilkens, Karen Wessels, musiek, Benjamin Willem, regisseur, Jozua Malherbe
vetseun
Op die oog af het Sonja Daneel tot dusver 'n gemiddelde en taamlik vervelige bestaan gevoer. Tot sy die dag aansoek doen om as ontvangsdame by die beroemde Hotel Njala duskant Hazyview in Mpumalanga te gaan werk.

Die hele kaartehuis tuimel inmekaar as sy in 'n motorongeluk beland op pad hotel toe om daar as ontvangsdame te begin. Wanneer sy uit die motorwrak steier, besef sy dat sy nie kan onthou wie sy is of wat sy hier kom maak het nie. Sy ly aan geheueverlies. Al wat sy weet, is dat sy 'n wolf voor haar in die pad sien staan het.

Maar daar is mos nie wolwe in die Hazyview-vallei nie. Of ... is daar?

Sy besef ook dat sy, in haar vorige lewe, op een of ander onverklaarbare manier verbind was aan die hotel. En sy is vasbeslote om uit te vind hoe.
vetseun
Verskeie mense staan in die pad van die herwinning van haar geheue. Die onheilspellende Jan Joubert, eggenoot van die eienares Diana Joubert, praat min en kommunikeer net deur rooi rose op Sonja se bed neer te sit. Diana Joubert blyk in 'n wêreld van haar eie te leef as sy pille moet gebruik om genoeg krag te kry om die hotel van bankrotskap te red.

Haar oudste dogter Adéle bestuur die hotel met 'n ysterhand en maak dit duidelik dat sy Sonja nie daar wil hê nie. Haar jonger, skaam introvert suster Maggie voer meganies bevele uit en droom van die dag dat sy dalk die hotel kan erf.

Die enigmatiese Ryno Lategan is die ekstrovert toergids wat hom oor Sonja ontferm en haar belowe dat hy haar sal help om haar geheue te herwin. Sy raak op hom verlief, maar hy bly afsydig. En dan is daar Armand Naudé, wildbewaarder en eienaar van die Pendula Wildtuin, wat ook vir Njala wil inpalm as deel van sy sakeryk.

Hierdie mense se lewens word onherroeplik verander deur Sonja Daneel se aankoms, en deur 'n onverwagse moord wat gepleeg word. Dit is die siniese Luitenant Conrad Nolte, met sy diaboliese sin vir humor, wat snuf in die neus kry dat alles nie pluis is nie. Saam met hom probeer sy assistent, sersant Berta Matthee, om nie net die saak op te los nie, maar sommer terselfdertyd 'n man los te slaan.

Dan word 'n tweede moord gepleeg en beweeg al hierdie mense se lewens op dramatiese en gewelddadige wyse na 'n onafwendbare klimaks.

Leon van Nierop
vetseun
Wolwedans In Die Skemer / (eBook) . 2012 TAFELBERG/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624056126
ISBN: 9780624056133
Wanneer

Hierdie verhaal van Leon van Nierop is 'n fenomeen wat oorspronklik die lig gesien het as radiovervolgverhaal (1979), toe 'n roman geword het (1983), daarna 'n televisiereeks (1985) - en nou word dit in Oktober vanjaar uitgereik as rolprent, die eerste "Boere-noir". Leon het self die draaiboek geskryf, en dit het hom geinspireer om weer hierdie roman te skep! Dit is dus 'n totaal nuwe roman wat tot stand gekom het, met dieselfde geliefde karakters as destyds, maar geplaas in die hier-en-nou van hedendaagse Suid-Afrika. Die mooi jong Sonja Daneel beland in Hazyview in 'n motorongeluk. Sy herwin haar bewussyn, maar ly egter aan geheueverlies. Sy herstel by die skouspelagtige Hotel Njala, en raak betrokke by die intriges en lotgevalle van 'n formidabele familie wie se lewens onlosmaakbaar verbind is aan die onheilspellende hotel. Voeg hierby geraamtes uit Sonja se eie verlede wat spoedig hul opwagting begin maak en die tafel is gedek vir 'n heerlike, spannende storie wat lesers nie sal kan neersit nie.
Sonja Daneel ná 'n motorongeluk bykom, ly sy aan geheueverlies. Sy onthou net die wolf voor haar in die pad. Sonder 'n idee van wie sy is of waar sy vandaan kom, ontmoet sy die mense van Hotel Njala op die plaas Wolwedans in die Hazyview-distrik en besef dat sy 'n ruk gelede aansoek gedoen het vir werk hier. Maar hoekom spesifiek by dié hotel waar die tyd gaan stilstaan het? Gou kom sy agter dat sy tevore, op die een of ander duister manier, by die hotel en sy mense betrokke was. Dan volg daar aanslae op haar lewe deur 'n geheimsinnige Rooikappie-figuur wat die hotel met 'n byl terroriseer. Sy raak terselfdertyd verlief op die loslit-toergids Ryno Lategan. Maar gou besef sy dat niemand in die hotel is wat hy of sy voorgee om te wees nie. Hazyview word boonop geteister deur buitengewoon hoë misdaad. Dit is hoe luitenant Conrad Nolte by Wolwedans betrokke raak. Hy besef dat, indien hy hierdie saak nie vinnig oplos nie, meer mense as net Sonja kan sterf. Wolwedans in die skemer het in die vroeë jare tagtig 'n miljoen luisteraars op Springbok Radio betower. En nou is dit terug, gegrond op Leon van Nierop se rolprentdraaiboek en herskrewe radioverhaal op RSG wat die storie in'n moderne gedaante klee - met dieselfde skokkende geheime wat opnuut vra om ontrafel te word, dié slag met 'n nuwe, makabere kinkel . . .


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)