Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
WHEN THE WAR IS OVER launch
vetseun
Francois Verster, Brasse Vannie Kaap, 2003 UNDERCURRENT FILM, SABC1

met vooraf woorde deur onder andere Ebrahim Rasool om die film so bietjie agtergrond te gee en bedankings te doen, alles onder die leiding van Mr. Fat. sosiale figure soos 'n iman en sosiale werkers van die plaaslike polisie was van hierdie mense wat ingelig het van die daaglikse geveg teen misbruik en seerkry.
die film begin deur te skets hoe die sap deur die bonteheuwel strate in caspirs ry. daar is bakstene, klippe, klere en gemors orals, en rook. die kamera gly nader en die skoot kom tot stilstand op een van die jong seuns wat oor 'n stukkende fibracrete muur klippe na die aankomende caspir gooi en hardloop. daar kom 'n naam te voorskyn, marlon.
dit lyk baie soos die palestynse strate waar die jong mense almal verbaas en met klippe en geskree die vol gekitde soldate aanvat. 'n paar flitsbeelde later kom nog 'n naam langs 'njong man op, gori.
die twee is dan ook die hoofkarakters en dis hul lidmaatskap aan die bmw (bonteheuwel military wing), hul keuses en lewens waaroor die film handel. hierdie militêre jonges is natuurlik die mense in die kruishare gewees vir die destydse sap en is daagliks gesoek en agtervolg, arresteer... die film skuif vinnig in vertelling na die hedendaagse nuwe suid-afrika en nuwe probleme met nuwe oplossings. terwyl gori se ondervindings hom ontnugter het, en hy gekies het om by die nuwe weermag aan te sluit en dieselfde bonteheuwel strate te patroleer, het marlon 'n donkerder roete gekies. saam met baie ander vroeëre militante is marlon nou 'n bendelid, die vriendskap, dwelmmisbruik en nagevolge word vinnig opgestapel en marlon se situasie is nou net so seer soos tevore en met die dood van sy suster in 'n bendemoord is hy 'n skadu van die jong man wat vroeër op die bonteheuwel burgersentrum saal se doek was. gori se lewe is defnitief nie minder ingewikkeld nie, met 'n werk wat hom blootstel aan die lelike waarhede van geweld en misdaad en sodoende meeste van die dag se ure opneem, word verhoudings baie moeilik om te versorg.
'n kort kykie na die daaglikse lewens van twee uiteenlopend verkillend en blatant dieselfde mans. met die einde wat mens met flitsbeelde los, soos wat dit begin het, wys na die vraagteken wat die toekoms vir almal inhou.
na, of eintlik terwyl die credits uitrol, kom Mr. Fat weer aan die woord en stel vinnig die BVK-span voor met hope beats en woorde. BVK doen in volle kleur al hul crowd-pleaser-anthem rockers. en na die uitnodiging vir 'n paar ekstra dansers is die verhoog vol spinnende jonges en tanne.

"This film deals with the after-effects of the South African struggle against apartheid as experienced by survivors from the Bonteheuwel Military Wing (BMW), a militant teenage self-defense unit from the mid-1980s, and a guerrilla branch of the ANC. It focuses on two ex-activists, Gori and Marlon, and reveals the scars left on the country's "lost generation". Gori has become an army captain and Marlon a gang member but both have difficulties finding their way now that the battle against apartheid has been won.
Bonteheuwel was renown for its military activism and this documentary is dedicated to fallen comrades and to the mothers." - lib.uct.ac.za

ander Francois Venter films :
- A Lion's Trail
- Guilty...? .................... 7mins. video 2001
- The Man Who Killed Kitchener 26 mins. video 1999
- Pavement Aristrocats: The Bergies of Cape Town


skakels :














bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )