Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Verspeelde Lente
vetseunvetseun
film VHS/2DVD 209min . 1983/2009

DVD 1: Pop le Roux en haar ouers Sagrys en Griet is bywoners op die plaas van Jan Greyling, 'n skatryk wewenaar. Die welkomste vryer by Pop is brandarm Hermaans Cronjé. Jan Greyling daag ook een Saterdag onverwags op om by Pop te kuier. Dis depressiejare en baie van die verarmde boere en bywoners gaan soek in die stad heenkome. Hermaans raak keelvol vir die gesukkel en besluit om ook sy heil op die myne te gaan soek. Oom Jan Greyling vry hard na Pop en alhoewel sy aanvanklik nie lus is vir hom nie dring die armoede en swaarkry mettertyd tot haar deur en sy stem in om met hom the trou. Hermaans keer terug uit die stand en Pop se voorgenome huwelik met oom Jan is vir hom 'n groot ontnugtering.

DVD 2: Na haar huwelik moet Pop die rol van rykmansvrou aanleer. Die oorvloed kos, geld en bediendes is vir haar vreemd. Oom Jan se seun Gert Greyling maak die lewe aanvanklik vir haar moeilik, maar na 'n voorval tussen Pop ens sy pa verander dinge en hulle raak goeie vriende. Oom Jan word gevra om hom as LPR beskikbaar te stel. Terwyl hy sake in die stad gaan deurkyk ruk dinge so 'n bietjie hand uit tussen Pop en Gert... Oom Jan keer terug uit die stad en Pop raak swanger. Gert verlaat die plaas om vir 'n dokter te gaan leer. Tien jaar later op Pop se verjaardag verras haar man en seun haar met geskenke en ontbyt in die bed. Terwyl sy eet gaan oom Jan veld toe om diere te versorg en sterf skielik aan 'n hartaanval. Na die begrafnis besluit Pop om Hermaans in die stad te gaan soek. Hy het egter baie verander.


skakels :











bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)