Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Orkney Snork Nie!

met Zack du Plessis, Annette Engelbrecht, Dulcie van den Bergh, Pierre van Pletzen, Danie Smuts/Dianne Smuts, Marcel van Heerden, Sally Campher, Anrich Herbst, Karen Wandrag, Bernice du Plessis, Eugène Martin, Patrick Mynhardt, Jane Power, Roda Landman, Chris Truter, Richard van der Westhuizen, John van der Merwe, Martin Jansen, Mano Padayachee, Eric Nobbs, Frank Opperman, geskryf, regisseur, produseer, Willie Esterhuizen, TV

vetseunvetseun
Orkney Snork Nie - Deel 8 DVD .

DIE GEROMMEL VAN TROMME:
Ouboet gaan na die pandjieswinkel om 'n skottelgoedwasser te koop maar kom met 'n stel tromme terug. Spike leen die tromme sodat Yollie eers kan afkoel. Maggie se ma kom onverwags kuier en is 'n onmisbare ergenis. Wimpie en Sonja is in die sop wanneer hulle antwoordstelle vir 'n wiskundetoets identies is.

SLAAP HOENDERTJIE SLAAP:
Wimpie en Koert bou 'n wekker as skooltaak. Ouboet sien potensiaal in die wekker-idee maar sy weergawe werk soos al sy projekte maar werk. Die hipnotiseur Rex Dexter tree by die klub op en Wimpie en Koert kry 'n boek oor hipnose in die hande. Met die eerste probeerslag in die motorhuis reageer Hendrik op die hipnose en Bettie se “Bulldog” sit hom agterna. Neelsie en Sonja kry ook die boek onder oë…..

BERSIE EN BOLLIE:
Wimpie en Ouboet het elk 'n troetelitem uit hul kinderdae. Wimpie het vir “Bersie” sy kombers en Ouboet vir “Bollie” sy vonkprop. Spike wys water aan met 'n mikstok maar dit het rampspoedige gevolge. Terwyl Maggie se mangels verwyder word help haar ma met die huishouding en die kinders mis 'n dag se skool. Hendrik skiet Bettie se “Bulldog” met 'n albaster. Wanneer die polisie en DBV kom ondersoek instel “help” Spike vir Hendrik.

DIE FINALE BESLUIT:
Hendrik, Ouma en Ouboet wed skelm op die perde. Hulle vra vir Koert om die kaartjies vir sy pa te gee. Wimpie en Koert voel dis weer tyd om 'n partytjie by die huis te hou en benader die probleem op 'n unieke wyse. Ouboet word gekies om vir die 'mechanics' rugby te speel teen die 'appies' en hardloop in teen die paal vas. Koert neem sy plek in en word as 'Mechanic of the Match' gekroon. Tot Ouboet se verdere onsteltenis dans Yollie die aand van die partytjie met Koert. Ouma se perde wen maar daar is 'n kinkel in die kabel.

VERDWYN…HIER KOM DIE WELSYN:
Spike kla by Hendrik dat almal oor hom loop en hy besluit om in te skryf vir 'n kursus in 'assertiveness'. Maggie word vreeslik onstel deur 'n brief vanaf die welsyn wat sê dat hulle die Van Tonders kom besoek. Mev Haasbroek van die welsyn daag dan ook op en natuurlik loop alles verkeerd in die Van Tonder-huishouding. Ouma kom egter tot die redding. Wimpie gee vir Riekie 'n hangertjie vir haar verjaardag en sy raak dolverlief op hom. Hendrik en Maggie kry voogouerskap oor die twee kinders en Spike kry amper 'n tuinvurk in sy maag toe hy vir Ouma probeer voorsê.

DAAR'S LIEFDE IN DIE LUG:
Spike se tweeling besmeer al sy gereedskap met supergom en Hendrik moet hom help om dit af te kry. Ouboet en Yollie moet Johannesburg toe vir sake - hulle wil hulle eie 087 inbelnommer te kry. Dinge loop skeef wanneer Ouboet voor die mikrofoon vries. Koert versprei allerhande stories oor Liz en sy volg hom tot by Wimpie hulle se huis om hom reg te sien. Ouma help vir Maggie om vir die kinders kostuums te maak vir die skoolkonsert. Koert is verlief op Liz en hy en Wimpie maak 'n plan om haar hart te wen. Hendrik, Spike en Ouboet se snorkery gee hulle probleme.

vetseunvetseun
Orkney Snork Nie - Deel 7 DVD .

ROMEO VAN TONDER:
Wimpie word gekies om 'Romeo' in 'Romeo en Juliet' te speel. Sonja is vies omdat Annatjie Gous die rol van 'Juliet' gekry het. Hendrik neem die kinders om te gaan swem en duik skoon uit sy swembroek. Ouboet vertel Hendrik van die groot gemors by die Klerksdorp inry en sy broederlike raad aan Wimpie is om nie te 'jol' nie - dit veroorsaak net hartseer.

JOU SESTER HESTER:
Ouboet en Yollie kry 'n spoedkaartjie en Oom Hans gaan saam met Ouboet hof toe om die boete te help verminder. Hess kom kuier. Maggie en Hendrik is egter nie ingenome met haar nuwe kêrel nie. Sonja se ma reken Wimpie is te 'laag' vir haar dogter want sy pa is net 'n myner.

BOEPENS VAN DIE VAAL:
Hendrik en Oom Hans gaan vang vis by die plesieroord. Die brandweer hou hul jaarlikse partytjie daar en Oom Hans en Hendrik word bygesleep. Hendrik word bekroon as Mnr 'Boepens van die Vaal'. Ouboet neem aan 'n 'rally' deel met 'n kar wat soos 'n vetkoek lyk en verdwaal hopeloos.

TOEKENNINGS EN TROFEES:
Dit is tyd vir die Myn se jaarlikse prysuitdeling maar Spike se vrou weier om saam met hom te gaan. Hendrik oortuig vir Spike om vir Liz, die nuwe vakleerling, saam te nooi. Maggie kry vir haar drie nuwe rokke waarvan Hendrik een moet kies maar uiteindelik al drie moet koop. Hendrik wen 'n trofee en dit is die hoogtepunt van die aand.

DIE ENTREPENEUR:
Wimpie wil by Hendrik geld leen vir 'n nuwe 'Ghetto-Blaster'. Ongelukkig groei geld nie op Hendrik se rug nie en moet Wimpie vir hom 'n werk kry. Maggie is oortuig dat Yolanda weer verwag en neem haar hospitaal toe. Riekie en haar maatjie, Alexis, trek vir Neelsie soos 'n pop aan en klim ook lustig in Maggie se grimering in. Oom Hans verloor nie net sy waardigheid nie, maar ook al sy klere in 'n pokerspel met Rusty en die weduwees.

HANDIGE HENDRIK:
Hendrikkie word siek van hondekos wat hy inkry en Ouboet en Yollie oorreageer. Wimpie maak vir Sonja en Annatjie Gous verjaardagkaartjies maar hy is nie goed met adresse nie en dinge loop skeef. Wanneer Hendrik self 'n dakwaaier probeer insit spat die vonke. Boonop prober Spike hom dit nadoen met rampspoedige gevolge. Maggie vergeet haar handsak in die supermark maar kry dit op verrassende wyse terug.

KOERT SE LIZ:
Ouboet is besig om vir klein Hendrikkie 'n 'go-cart' te bou. Oom Hans se dogter bel hom om vir hom te sê dat hy nou maar kan terug treken almal is baie hartseer om van hom afskeid te neem, veral Riekie. Spike se vrou wil saam met 'n paar ander in die dorp se hotel gaan 'belly-dance' en hy klop by Hendrik en Maggie om hulp aan. Wimpie reel intussen vir Koert 'n afspraak met Liz Koekemoer en die vier van hulle gaan na 'n maskerbal. Wanneer hulle Maggie se motor wil dokter gaan hulle te ver……

vetseunvetseun
Orkney Snork Nie - Deel 6 DVD .

vetseunvetseun
Orkney Snork Nie - Deel 5 DVD .

Riekie:
Hendrik en Maggie neem Hess na die onderwyskollege en Wimpie en sy meisie, Sonja gebruik die geleentheid om te “chat”. Oom Hans betrap die twee en bederf Wimpie se pret.Ouboet koop 'n “Hot Dog” karretjie tot Yollie se aanvanklike ontsteltenis.Maggie verneem van 'n wesie en oorreed Hendrik dat hulle die kind moet inneem. Toe Maggie die dogtertjie gaan haal kom haar “boetie” ook saam.

Poeksie se perm:
Spike kom van vakansie af en vra vir Hendrik om hom te help met die tweeling se kleuterskoolkonsert, “Die Dwergie se Gat”. Hendrik bou die gat.Yollie skryf in vir die Potch “Permathon” en Neels is haar model. Dinge loop lelik skeef en hy lyk soos 'n rooskleurige nar.

Benoude verhoudings:
Sonja help vir Wimpie met meer as sy huiswerk, tot Maggie se ontsteltenis.Ouboet werk aan sy “Hot Dog” waentjie en Yolanda is so die hoenders in vir hom dat hy uitgesluit word.Ouma Gous daag onverwags op en ontwrig die hele huishouding. Oupa Gous het saam met vriende gaan visvang.

Herverdeling van “Hot Dogs”:
Ouboet wil sy besigheid op die proef stel en Ouma Gous is al wat kan help.Hendrik slaan 'n kolhou by die Gholf en Ouma Gous word gearresteer omdat sy 'n verkeerskonstabel aanval.'n Oorywerige sekuriteitswag blaas Ouboet se “Hot Dog” waentjie die lug in.

Die Sterre voorspel:
Yolanda bel Amerika om haar sterrevoorspelling te kry. Wanneer die rekening kom het sy moeilikheid en as Maggie weier moet Ouma Gous help.Hendrik jaag saam met Ouboet huistoe om te gaan help met 'n brand.Hendrik en Maggie is oortuig dat Wimpie en Sonja dinge bietjie kalmer moet vat en koop vir hulle 'n voorligtingsvideo. Neelsie slaag byna om saam na die video te kyk.

Versnipperde vis:
Sonja skryf in vir die “Face of the nineties” fotokompetisie.Hendrik en Vis van Wyk bespreek 'n visvangtoer na Mauritius. Die skaars boek wat Vis vir Hendrik leen beland per ongeluk in Riekie se skooltaak. Ouboet loop die motor op 'n uitverkoping in Klerksdorp mis maar kom tot die redding met 'n geskenk wat hy daar vir Hendrik koop.

Ek is Liz:
Pine en Spike begin 'n besigheid wat veiligheidsheinings verskaf. Spike se benadering om deur mense se vensters te klim as bekendstelliong werk nie altyd so goed nie. Hendrik probeer self die wasbak se kraan regmaak maar uiteindelik moet Maggie maar 'n loodgieter inroep, 'n baie oulike loodgieter.

vetseunvetseun
Orkney Snork Nie - Die Televisie Reeks - Seisoen 2 .
- 26 Episodes

Orkney Snork Nie has become synonymous with Afrikaans Television comedy. We follow the trials and tribulations of the Van Tonder family from a little minint gown called Orkney. Each episode is jam packed full of the best home brew comedy Afrikaans has to offer. It's fun and laughter for the whole family.

vetseunvetseun
Orkney Snork Nie 4 DVD . 2010 SABC2
Reeks 2 - Episodes 8-13

Bella Vermaas se nood.
Koert en Wimpie sit reuse koringkrieke in 'n skoendoos vir hulle biologietaak.Ouboet oefen sy eerstehulpkursus op Hess en Maggie kry byna 'n oorval wanneer sy Hess so in verbande sien. Ouboet is in die moeilikheid wanneer hy en Hendrik 'n vrou in nood help.

n Ma weet alles.
Maggie gaan na 'n gesondheidsplaas en chaos heers in die huishouding. Hulle word besteel en eet later in die motorhuis, Oupa dreig om te staak en Ouboet en Yollie het hulle eie probleme.

n Kar het ook gevoelens.
Maggie wil 'n nuwe motor h. Sy kry 'n spoedkaartjie wanneer sy Hendrik se bakkie leen. Koert het 'n afspraak met 'n meisie en Wimpie gee raad.

Kompetisie-holics.
Maggie wil in Mauritius gaan vakansie hou maar Hedrik reken dist e duur.Oupa is weg Sun City toe.Die kinders skryf in vir 'n plaaslike talentkompetisie en Maggie skryf Hendrikkie in vir 'n babakompetisie in Klerksdorp.

Hallo Skattebol.
Wanneer Hendrik laat van 'n vergadering terugkeer laat Maggie hom op die bank slap. Ouboet ontgeld dit ook net ingeval hy ook sulke gedagtes sou kry. Blomme help niks en die vrouens besluit om alleen uit te gaan om die manne terug te kry.

Hoes, snork en knor.
Koert en Wimpie is kelners by Hess se matriekafskeid. Spike leen Hendrik se sweismasjien om sy huis toe te sweis. Maggie is bekommerd oor Hendrik se snorkgewoontes terwyl Ouboet probleme het oor wat Yolanda se tannie in 'n teekoppie gelees het. Oupa kom tot Ouboet se redding.

vetseunvetseun
Orkney Snork Nie 3 DVD . 2010 SABC2
Reeks 2 - Episodes 1-7

Wimpie verloor sy waardigheid.
Wimpie en Koert word sonder klere op die hotel se dak betrap en almal behalwe Hendrik wil hom “tug”.
Maggie se rok word by die droogskoonmaker opgevoeter maar Oupa reken dat 'n mens ten alle koste uit die hof moet bly.

Sny-sny, knip-knip.
Ouboet werk aan die grassnyer met katastrofiese gevolge.
Hendrik word oortuig om ter wille van Maggie se gesondheid en hulle huwelik 'n klein operasie te ondergaan. Wimpie en Koert “leen” brandstof vir hulle “go-cart” en die vrouens se motor gaan staan op pad na die aerobiese klasse.Spike bou sy eie dekodeerder.

Daar's 'n ”Bulldog” in die koek.
Maggie se baksel beland in die hond se bek.
Ouboet en Yollie sit met 'n boekrak vol boeke en Henderik moet red. Tyddeel steek kop uit maar die Van Tonders, veral Oupa, is baie skepties.

Is ek vet?
Wanneer Hendrik kla dat sy maag in die pad staan van sy golfvoorgee sit Maggie hom op 'n streng dieet. Ouboet bou 'n “smoke-o-matic-immobiliser” en toets dit op sy eie motor. Hess gee vir Jaco die trekpas na hy haar hart breek.

“Ongelukkig” van Orkney skryf....
Yollie kry 'n brief in 'n tydskrif, maak haar eie gevolgtrekking en Ouboet moet dit ontgeld. Maggie eet van die frikkadelle wat Oupa vir die bure se blaffende honde gemaak het en slaap deur die krississe in die Van Tonder huishouding.

Konynkoning.
Ouboet skryf namens sy vriend Johnny, 'n haas in vir die skou. Wimpie help met die hok en vul 'n vormpie in vir swembaddens. Carlos besoek die Van Tonders met katastrofiese gevolge.

vetseunvetseun
Orkney Snork Nie 2 (nog 'n movie) DVD 102min . 2010

In Orkney Snork Nie, Nog 'n Movie, ontaard 'n onskuldige Myn kursus in Johannesburg in 'n dekadente orgie wanneer Hendrik en Spike die "jackpot" op Turfontein wen. Hulle vier hulle nuutgevonde rykdom in styl, maar verloor baie meer as wat hulle wen. Swendelaars beroof en bedrieg hulle. Die myn dank hulle af en hulle vrouens verbied hulle om huis toe te kom. Deel in die lief en leed van ons twee vriende, in hulle stryd, om alles weer te kry soos dit was. 'n Lekkerlag fliek met 'n gelukkige einde.

vetseunvetseun
Orkney Snork Nie 1 DVD 97min . 2010
- Dis Lekker By Die See -

"HOWZIT!"
Poeksie Woepsie se Woepsie Wapsie Worsie is terug, saam met al die Van Tonders in die splinternuwe natmaakfliek.

In Orkney Snork Nie, die Movie, (Dis lekker by die see) gaan ons saam met die van Tonders gesin met vakansie Margate toe. Hendrik wil visvang, die kinders gaan speel en swem, Yollie en Maggie wil tan en Ouboet het 'n selfgeboude opgewarmde snelboot (Spuitpoep II) wat hy in die see wil uittoets. Hulle droomvakansie word gesaboteer deur 'n Johannesburgse sake sindikaat, wat die karavaanpark waar hulle vakansie hou wil koop, platslaan en 'n winkelsentrum oprig. Maar dan kry hulle te doen met die van Tonders wat nie met hulle laat mors nie. Skaterlag van begin tot einde.

vetseunvetseun
Orkney Snork Nie! Deel 2 DVDs . 2008 SABC2

1. FLAMINCO EN KOFFIETAFEL
Die van Tonders se huishouding word ontwrig wanneer die meubels teruggeneem word. Dis deels Wimpie en Oupa se skuld. Maggie blameer vir Hendrik terwyl Yolanda en Ouboet dinge verder vererger.

2. MA STAAK
Maggie besluit om te staak totdat al die lede van die gesin hul deel begin doen. Oupa sit met sy eie staking by die werk. Ouboet is in die moelikheid en staan gevaar om afgedank te word.

3. BENNIE KOM HUISTOE
Wimpie en Hess reis na Johannesburg vir 'n skooltoer. Bennie kom terug van die grens af en Maggie is verheug om haar “baba” weer by die huis te hê. Ouboet en Yolanda wil see toe verhuis.

4. DIE KURSUS
Hendrik gaan op 'n veiligheidsverteenwoordigerskursus wat saamval met Maggie se verjaardag. Vroulike agterdag lei tot die een misverstand na die ander wanner 'n vrou Hendrik se hotelfoon beantwoord.

5. OUBOET EN YOLANDA SE TREK
Poen Pienaar, versekeringsagent wil “totale gemoedsrus” aan 'n hardkoppige Oupa en Hendrik verkoop, sonder sukses. Hendrik, Wimpie en Koert help Ouboet met die trekkery terwyl Oupa by die klub gaan ontspan. Oupa vergeet waar hy parkeer het en die bakkie met Yolanda se huisraad op word “gesteel”.

6. WIELE
Hess wil leer bestuur. Sy neem die bakkie sonder toestemming en maak 'n ongeluk. Hendrik gaan 'n weddenskap met Oupa aan terwyl Wimpie, Ouboet en Yollie gereed maak om 'n countryfees by te woon.

vetseunvetseun
Orkney Snork Nie! Deel 1 DVDs . 2008 SABC2
Bossie Botha se longe
Wingnuts
Die mynbestuurder se bal
Man tot man
Rusty sit en roes
Stink pap en stywe lyne
Kwaliteit-tyd

vetseun
Versamel pak DVD . SPPD-COL 2 2007 NEXT VIDEO
Orkney Snork Nie 2 "Nog 'n Movie" DVD
Orkney Snork Nie (Die Movie) "Dis Lekker By Die See" DVD

Local Is Lekker - 5DVD Komedia Pak
vetseun
5DVD Boks film 647min . SPPDPACK4
Disk 1: Van der Merwe P.I. DVD
Disk 2: P.A.Y.E. Wie die laaste lag DVD
Disk 3: Boetie Gaan Border Toe! Versameling pak DVD
Disk 4: Lipstiek dipstiek DVD
Disk 5: Orkney Snork Nie! Versamel pak DVD

vetseun
Orkney Snork Nie 2 "Nog 'n Movie" DVD 94min . SPPD-003 1993 NEXT VIDEO

"HOWZIT! - Poeksie Woeksie se Woepsie Wapsie Worsie is terug, saam met al die Van Tonders in die splinternuwe natmaakfliek."




vetseun
Orkney Snork Nie (Die Movie) DVD . EET00962/SPPD-002 1992 SAUK/NEXT VIDEO

"Dis Lekker By Die See" - "Die hele lot Van Tonders tog te lekker saam by die see."


skakels : wiki : africafilmtv.com












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)