Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Nommer Asseblief
vetseunvetseunvetseun
TV-Reeks DVD (8 Episodes) . 2010

1. SOORT SOEK SOORT
Kriekie verjaar en daar moet partytjie gehou word. Eers is dit die dominee en dan sus Betta wat dreig om die beplande dansery te bederf maar 'n ander afspraak vir die dominee en 'n slaappoeiertjie vir sus Betta los die p[robleem op.....vir eers. Daar is 'n nuwe onderwyseres op die dorp.

2. DIE EENSAAMHEID
Mevrou Minnie krenk Freddie en gooi haar flikkers vir Fasie. Kriekie is jaloers en sy en Freddie neem wraak deur 'n gerug te versprei dat Fasie dalk 'n berugte sampioenmoordenaar is en so van sy vorige twee vrouens ontslae geraak het.

3. SAAMBOER
Hans en Belinda trek tydelik by Kriekie-hulle in. Sus Betta kom hiervan te hore en knip haar oorsese vakansie kort om ook op Eendrag in te trek.
Daar is gou spanning in die oorvol huis en Belinda daag net betyds op om Hans en Belinda se rusie by te lê.

4. OOS, WES TUIS BES
Andries Paulsen hou van Annalie maar ryk Robbie Steyn krap in sy slaai. Betta maak moeilikheid net waar sy gaan. Eers loop Kriekie en Siena deur voor die spreekkamer aan die beurt kom. Wanneer sy egter hoor sy moet help gordyne maak kies sy vinnig koers na haar eie huis.

5. OU SPORT

Lukas Brand, die slagter, se jong vrou is moeilik. Wanneer daar 'n "Dominee" De Jong in een van Eendrag se rondawels kom bly begin die poppe te dans. Eers maak die "dominee" oral skuld terwyl hy links en regs raad gee en wanneer hy gevra word om te preek, verdwyn hy skielik met die slagter se vrou. Jan en Grieta kry stry oor die jong onderwyseres maar die problem word gelukkig gou opgelos.

6. EENDRAG MAAK BOEREWORS
Die rondawels op Eendrag is klaar en die eerste twee huurders neem hul intrek. Juffrou Swanepoel is vas beslote om die De Waals van hul verkeerde gewoontes te red en Mnr. Koorsen, 'n uithaler worsmaker, begin in Kriekie belangstel. Fasie vlug na sy suster in die Kaap maar sus Betta kuier ook daar.

7. "BAAISKOUP"
Fasie besluit om terug te gaan Eendrag toe en maak die verkeerde afleiding wanneer Koorsen oor Kriekie buk om iets uit haar oog te haal. Fasie klim deur die venster in sy kamer in sodat niemand moet weet hy is terug nie. Grieta het egter haar susterskind daar neergelê en Fasie is baie verleë wanneer die kind begin huil en almal by die kamer instorm waar hy net in sy nagbroek staan.

8. PALE TOE
Die De Waals is WP ondersteuners terwyl Koorsen die Blou Bulle verkies. Fasie en Koorsen gaan 'n weddenskap aan en beplan om die wedstryd in Pretoria te gaan bywoon. Die weer versleg en in plaas van vlieg bring hulle die nag in 'n kroeg deur. Terug op die plaas slap hulle hul roes af en mis die wedstryd.

Verkeerde Nommer! 'n Nuwe Lagoperasie!
vetseunvetseunvetseunvetseun
film VHS/DVD . MNETDVD-204 1982 BRIGADIERS FILMS/SABC/FLIP BEZUIDENHOUT/M-NET

"Ja, hulle is almal terug!" - "'n Nuwe Lagoperasie!"

met Hannah Botha, Francis Coertze, Eddie Eckstein, Miems de Bruyn, Alex Heyns, Sam Marais, Sue Kelly-Christie, Soli Philander, Zoli Marki, Benn Potgieter, Woutrine Theron, Marie Tjaden, Johan van der Merwe, produseer, Albie Venter, Madel Venter, regisseur, Henk Hugo

Twee Gamatte beroof 'n diamantslypery in die Kaap waar SAM "Clark Gable" MARAIS en SOLLY "Marilyn Monroe Blowing Kisses" PHILANDER saam met Eddie Eckstein en Sue Kelly-Christie sorg vir benoude oomblikke en skreeusnaakse situasies. Die diewe beland in OVERDORP. Oom Thysie verstaan soos gewoonlik verkeerd en dink daar is Swapoterroriste wat toeslaan. Dit lei tot 'n jaery met motors en 'n skietery in die regte "Western"-tradisie. Asof daar nie genoeg aksie in Oom Thysie se lewe is nie, is daar sprake van diamante wat op sy grond ontdek is. 'n Ou liefde van Kriekie daag op in Overdorp. Hy is skatryk en boonop 'n regte ou haan en maak Oom Fasie groen van jaloesie. Ta'Lissie se verjaarsdagpartytjie breek aan en al wat leef en beef van Overdorp en kontrei daag op. Weens 'n misverstand en 'n klein "ongelukkie" word die hele lot vergiftig.
Klein Hannes van Jan en Grieta raak weg en veroorsaak groot konsternasie omdat almal meen hy het in die watergat by Oom Fasie se delwery verdrink. Skaars het vrede vir die Overdorpers gedaal of Sersant Engelbertus daag op en dreig met boeie en tronkselle en Overdrop se telefoondrade is weer vuurwarm.

skakels : imdb.com

Nommer Asseblief? Die Rolprent
vetseunvetseunvetseunvetseun
film VHS/DVD 90min . MNETDVD-206 1981 BRIGADIERS FILMS/SABC/FLIP BEZUIDENHOUT/M-NET

"Hoesê!"vetseun

met Hannah Botha, Francis Coertze, Miems de Bruyn, Alex Heyns, Zoli Marki, Benn Potgieter, Woutrine Theron, Marie Tjaden, Johan van der Merwe, produseer, Albie Venter, Madel Venter, regisseur, Henk Hugo

"Hier is die rolprent van die gewilde TV-reeks. Met skinderbek Lizzie (Hannah Botha); dowe kwartel "Hoe sê?" oom Thysie (Benn Potgieter); oom Fasie (Alex Heyns); Ma Krieke (Miems de Bruyn); tant Rapie (Francis Coertze); Jan en Grieta (Johan van der Merwe en Woutrine Theron) en 'n mooilyfmeisie (Zoli Marki) wat almal se sake omkrap.

Wanneer die ou spulletjie nog boonop betrokke raak by een van die tuislande se dobbelpaleise, spat die vonke in alle rigtings. Dis saamlag met Suid-Afrika se gewilde TV-gesin in hul heel eerste vollengte rolprent." - flipbez.co.za


skakels : imdb.com














bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )