

















Netnou Hoor Die Kinders




film VHS/DVD 88min . MNETDVD-198 1977 FLIP BEZUIDENHOUT/M-NET
met Gé Korsten, Helena Spring, Magda Beukes, Wilma Snyman, Anna Cloete, Rika Sennett, Hermien Dommisse, Louise Mollett-Prinsloo, Sophie Mgcina
Met die hulp van haar vader, Marcel (Gé Korsten) beplan Katrien (Helena Spring) 'n skynmoord op haar vader om die reaksie van die res van die familie te toets. Op 'n onweersnag knip Katrien die foonlyne, sluit die hekke en begin met hulle plan...
Die skynmoord is so realisties dat almal dit aanvaar... en skielik sak vrees op die sewe vroue in die moordhuis. Elkeen weet sy is nie skuldig nie... maar aanvaar dat een van die ander 'n moordenares is.
Daar is die Stiefma (Wilma Snyman) wat beswaarlik haar verligting oor die 'moord' kan verbloem... die Ouma (Anna Cloete) in haar rystoel wat ter beskerming van haar aandele verdag optree... haar sister (Rika Sennett) wat groot skuld het en goed kan erf, die geheime vriendin (Magda Beukes) wat skielik opdaag... Tannie Tina (Hermien Dommisse) met die swak hart wat nie maar kan verbloem nie, dat sy al die jare verlief was op Marcel... Ouma se verpleegster (Louise Mollett-Prinsloo) wat baie verdag optree en die bediende (Sophie Mgcina) wat altyd toegang tot Marcel se gedeelte van die huis had...
Wanneer die sewe vrouens se ware kleure na vore gekom het en die tyd aanbreek om die sluier op die skynmoord te lig vind hulle Marcel... vermoord...
skakels :