


















Jericho! - 'n Musiekspel / A Divine Musical

film DVD ............................
met Gys de Villiers, Oscar Petersen, Anna-Mart van der merwe, Nqobile Sipamla en die Stellenbosch Libertas Koor olv Johan de Villiers
Jericho se mure val omtrent weer, danksy die talent van sterre soos Anna-Mart van der Merwe, Gys de Villiers, Oscar Petersen, Nqobile Sipamla en die 100-tal Stellenbosch Libertas-koor wat soos engele sing in Suid-Afrika se eerste multi-media musiekspel.
Jericho! is lewendig verfilm. Suid-Afrikaners sal dit ervaar as 'n allegorie van die Reënboognasie. Dit volg die verhaal en emosies van 'n eens verdrukte volk, wat nou bevry en oppad is; die verhaal van Israel in Egipte, die uittog na die Beloofde Land, die daaropvolgende 40 jaar in die woestyn, en die intog in Kanaän.
Jericho! het sy ontstaan te danke aan die idee dat alle mense, rasse, nasies en gelowe die mure tussen mekaar moet afbreek. Sonder om die greep op ons persoonlike geloof te verloor, is dit noodsaaklik dat ons in die soeke na deernis, mekaar se verskille sal aanvaar.
Die musiek is net so groots soos die tema. Verlustig jouself aan Händel, Mendelsöhn, Bach, musiek uit eie bodem; en die koor wat soos engele sing. Opgesom: 'n ervaring wat jou hoop gee vir die toekoms.
skakels :