Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Dis Lekker Om Te Lewe
vetseunHIRE / HUURvetseun
film DVD 80min . MNETDVD-083 1957 PRIMEDIA/AFRICAN FILM PRODUCTIONS/M-NET

met Al Debbo, Yvonne Theron, Frederik Burgers, Jan Bruijns, Taffy Kikillus, regisseur, Pierre de Wet

"Al Debbo en Frederik Burgers kielie behoorlik die lagspiere in hierdie fliek oor twee swape wat hul lyf soldaat probeer hou. Twee vriende besluit om by die leër aan te sluit om 'n bietjie geld te verdien. Tydens hul opleiding sien hulle twee rekrute wat oral loop en foto's neem en hulle ruik onraad. Hulle besluit om die boewe uit te vang voordat hulle die leër se "geheime wapen" ontdek, maar intussen is hulle sulke hopelose soldate dat hul bevelvoerders nie kan wag om van hulle ontslae te raak nie." - mnet.co.za

"This slapstick armed-forces comedy stars pop-eyed South African funny man, Al Debbo, and his chubby sidekick, Fred Burgers. Taking a shortcut across the veld, dim-witted duo Fanie and Stoffie find themselves in the middle of a military exercise. Dodging explosions and artillery fire, they decide it would be safer - and more profitable - to face the flak from the inside and they join the army.
But their inability to march, cook or even salute exasperates the top brass, who want to get rid of them. But how? When Fanie and Stoffie overhear a conversation, they become convinced a plot is afoot to sell South Africa's "top secret weapon" to the enemy. When it turns out to be a hoax, the red-faced two resign - to join the Navy! One of the funniest scenes is a harmless prank changing Fanie into "Fanny" - possibly one of the earliest South African film references to a sex-change operation." - mnetcorporate.co.za

vetseun vetseun
Alles Sal Regkom/Dis Lekker Om Te Lewe DVD . M-NET

Al Debbo En Frikkie Burgers, Yvonne Theron
vetseun
Dis Lekker Om Te Lewe LP . PLS 109 PÊREL
Kant Een:
1. Dis Lekker Om Te Lewe (Jan Pohl)
2. Een Dag In Die Army (Lief-Schultz-Conner)
3. Jy's Myn Elke Dag Van Die Maand (Jan Pohl)
4. As Jy Wil Lekker Eet (Jan Pohl)
Kant Twee:
1. Army Galo (Fanagalo) (T. Roering)vetseun
2. Staan Ek Op Die Stasie (Debbo-Burgers-Kikillus)
3. Ding Dong (T. Kikillus)
4. Soldate Lied (Jan Pohl)

'n Man wat al vir ses jaar lank getroud is, twee dogters het, deur die hele Unie en sommige ander lande getoer het, 'n ernstige normale mens in alledaagse lewe - dit is AL DEBBO. Eienaardige naam né? Volgens Al is dit hoe hy aan sy naam gekom het: ,,My ouers het ses kinders gehad, en ek was die jongste. Toe ek gebore is, het my ma vir pa gesé ,,Kyk hier ou kérel, dit is nou die sesde kind - en dis Al!'"
Op die verhoog is Al heeltemal 'n ander persoon. Hy besit weliswaar die gawe om 'n mens te laat skater van die lag, en om sy gehore in die palm van sy hand te hou. 'n Mens wat so 'n gawe besit moet 'n sukses wees, en dat Al 'n sukses is, is nie aan te twyfel nie.
U onthou seker sy eerste rolprent ,,Kom Saam Vanaand", wat terloops ook die eerste Afrikaanse musiekprent was. Nouja, Al het nie sommer by die ateljee ingestap, 'n kontrak geëis, en die rolprent gemaak nie. Moenie glo nie! Daar het baie dinge in Al se lewe gebeur voor hy ooit 'n kontrak aangebied is. Toe Al in Bloemfontein gebore is, was hy onbekend. . . Toe Al laerskool toe is, was hy nog steeds onbekend. . . Toe Al by die hoërskool instap was hy net so onbekend. . . Maar om nou weer ernstig te wees; Al het sy skoolopleiding te Greys Kollege ontvang, en daarna 'n loodgieter-vakleerlingskap ondergaan. .
Gedurende Al se skooldae in Bloemfontein het die eienskap om mense te vermaak alreeds begin kop uitsteek. Al het met allerhande manewales voor die dag gekom, o.a. het hy vir hom 'n pop aangeskaf en 'n ieder en 'n elk laat skaterlag vir sy buiksprekery.vetseun
Na Al se skooldae en vakleerlingskap het hy in Bloemfontein 'n talentwedstryd, wat deur African Theatres gereël is, gewen. Na sy sukses in Bloemfontein is hy na Port Elizabeth waar hy aan nog 'n talentwedstryd deelgeneem het. Ook hier het hy met die leuere weggestap en vandaar ook sy kontrak em die hoofrel in 'n rolprent te vertolk. Van hierdie stadium af ken baie mense sy geskiedenis byna net so goed soos hyself.
Al het etlike maande saam met Hendrik Susan getoer, en ongeveer teen die tyd toe ,,Kom Saam Vanaand" vrygestel is, het hy na Engeland gegaan. Hier het hy byna op sy rug geval toe gelyktydig verskillende kontrakte om rolprente te maak en aan televisieprogramme deel te neem hom aangebied is. Al het egter verkies om tetug te keer na Suid-Afrika, waar hy in die tussentyd 'n aantreklike aanbod aanvaar het asgevolg van die groot sukses van ,,Kom Saam Vanaand". Terug in Suid-Afrika was Al toe weer doenig met ,,Crazy Show", en daarna het hy 'n toer onderneem met sy eie geselskap deur die Unie en ook Suid-Wes Afrika.
Films waaraan Al deelgeneem het sluit in ,,Hier's Ons Weer", ,,Dr. Kwak", ,,Alles Sal Regkom", en ,,DIS LEKKER OM TE LEWE". Laasgeneemde is heelmoontlik sy grootste prestasie sover, aangesien hy daagliks verbeter en meer leer omtrent die kuns van grapmakery.
Ons meet byvoeg dat Al altyd wonderlik bygestaan word deur sy vrou, Dolcé van der Merwe, wie terloops onder die naam Dolcé Day saam met die orkes van Roy Martin gesing het. Sy twee dogters Marguirite en Melody, het soos ons verstaan, nog nooit vir Al in die nag laat marsjeer soos in sy jongste rolprent ,,DIS LEKKER OM TE LEWE" nie.
Die nommers wat op die klankbaan van ,,DIS LEKKER OM TE LEWE" gebruik is, is op hierdie Pêrel plaat vir u blywende genot vasgelê. Daarbenewens is hier nog 'n paar ander nommers wat u baie luistergenot sal verskaf.


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)