Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Daar Doer In Die Bosveld
vetseunvetseunvetseunvetseun
film VHS/DVD 62min/70min . /MNETDVD-060 1951/2004 SWAN FILMS/PRIMEDIA/STER-KINEKOR/M-NET

met Jamie Uys, Hettie Uys, Jurg du Preez, Boks Joubert, musiek, Anton de Waal (Daar Doer In Die Bosveld), skryf, regisseur, Jamie Uys
1955 - Die Bosvelder (Eerste kleurfilm)vetseun

Hans bly doodgelukkig op sy plaas saam met sy vrou Hettie en hul dogtertjie, Marietjie. Maar toe 'n slang Hettie pik en sy doodgaan, en Hans se geld opraak, is hy genoodsaak om stad toe te gaan om sy grondboontjiemasjien te patenteer. Hans en Marietjie sukkel aanvanklik om in die stad aan te pas, maar dan raak Hans verlief op 'n stadsmeisie wat elke aand net wil rinkink. Die verliefde Hans skeep klein Marietjie af, en wanneer 'n buurman hom hieroor oor die vingers tik, besluit hy om haar terug te stuur plaas toe, waar haar ouma en oupa haar kan oppas. Die verlange aan beide kante word egter te groot en die storie het 'n gelukkige einde as pa en dogter op hul geliefde plaas verenig word.

Hans is 'n skaam boer. Martie dink hy's 'n lompe barbaar! Kan hierdie verhouding werk? Hierdie vroeë Jamie Uys-komedie handel oor 'n boer (Uys) wat 'n nuwe onderwyseres (Uys se vrou, Hettie) met sy stokou motortjie by die bushalte gaan haal. Teen die tyd dat die stomme man (sy enigste twee sinne is "Dit lyk na reën" en "Dit was 'n ongeluk") die fraaie juffrou by haar bestemming kry, is sy sopnat en smoorkwaad. En Hans? Hy is tot oor sy ore verlief ...

"'n Oujongkêrel se hande staan vir alles reg...dis nou te sê wanneer dit kom by plaasdinge soos sy beeste en sy ou Fordkar. Maar dan onmoet hy die nuwe onderwyseres by die plaaslike skool en skielik is hy die ene duime. " - mnet.co.za

"A classic South African comedy in which a young Jamie Uys plays producer, writer, director and star, and his wife Hettie Uys the romantic interest. Somewhere in the bushveld, Hans Botha is doing the usual farm rounds when his friend and neighbour comes around with an urgent request: please collect the new teacher at the bus stop.
The shy Hans is alarmed, saying he does not know how to talk to women. Prevailed on nevertheless, Hans sets off in his old jalopy, which for good measure has no brakes. He eventually arrives at the bus stop, where the teacher, Martie, is waiting patiently. She is pretty and young and the already flustered Hans proceeds to flatten her hatbox, allow the car to run off with her, and dump her in the river. By the time Hans says goodbye, Martie is angry and he is in love." - mnetcorporate.co.za

vetseunvetseun
Daar Doer In Die Bosveld/Daar Doer in die Stad DVD . M-NET


skakels : wiki : imdb.com















bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )