Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Bakgat! - tot die mag 3 .co.za


vetseun
vetseunvetseunvetseun
film DVD 101min ........... 2013 STER-KINEKOR

met Ivan Botha, Cherie van der Merwe, Altus Theart, Neil Sharim, Johan Baird, Danie Putter, Solomon Cupido, Bradley Olivier, Bryan Hadwen, Craig Hawks, Meren Reddy, Rusty Seswike, Sans Moonsany, Ian Roberts, Ciske Kruger

Ons gunsteling rugbyheld, Wimpie Koekemoer, en sy maltrap-vriende is terug op ons skerms vir die finale deel van die Bakgat!-trilogie.
Die nuut verloofde paartjie, Wimpie en Katrien, trek met sterre in hulle oë Engeland toe nadat 'n Britse klub vir Wimpie 'n rugby kontrak aangebied het, maar fame en riches val nie so maklik in mens se skoot nie. Hulle woonstel is alles behalwe 'n mansion en sy Engelse spanmaats maak van dag een af sy lewe moeilik.
Wimpie se ou aartsvyand, Werner 'Killer' Botha, speel saam met hom in die span. Hulle beraam vinnig 'n plan teen die Engelse boelies en besluit om 'n nuwe, trots Suid-Afrikaanse rugbyspan te begin sodat hulle die liga prysgeld kan wen. Met moeite kry hulle uiteindelik 'n span bymekaar, maar dis nie juis die tipe spelers waarmee 'n mens ligas wen nie. Die spanmaats baklei en stry konstant.
Dinge begin effens beter lyk wanneer Wimpie se hoërskool vriend, Japie, en die se makkers, Borrie en Barry, wat hy in die rehabilitasie sentrum leer ken het, by die span aansluit.
Terwyl Katrien die troue van die jaar beplan, vaar Wimpie en sy span al hoe beter in die liga. Gaan hulle dit maak tot by die finaal en staan hulle regtig 'n kans om die prysgeld te wen? Wimpie kom voor 'n moeilike keuse te staan en hy wil nie sy span in die steek laat nie, maar hy wil ook nie sy toekoms met Katrien in die hek ry nie.
Bakgat! 3! rond die suksesvolle trilogie af met dieselfde hoeveelheid liefde, passie en humor as die rolprent se twee voorlopers. Dit is 'n film wat doodeenvoudig nie mis geloop kan word nie.


vetseunvetseun
'n Supra Familias vrystelling:

KLANKBAAN:
Bakgat! tot die mag 3

Bakgat! 3 is die finale film van die uiters gewilde Bakgat! trilogie. Is daar 'n gelukkige einde wat vir Wimpie en Katrien en die res van die Bakgat! bende wag?

Wimpie en Katrien is oppad Londen toe. Wimpie gaan rugby vir 'n oorsese klub speel en Katrien maak gereed om die troue van die jaar te beplan. Dis egter nie so maklik om jou arms om fame en riches te slaan nie en kort voor lank raak dinge op getroue Bakgat! wyse lekker interessant.

Bakgat! 3 begin Vrydag, 6 September, in teaters te draai.

Die Bakgat! 3 klankbaan se bene is, in die gees van die film, ferm in beide Afrikaans en Engels geplant en bevat net die room van Suid-Afrikaanse Alternatiewe kunstenaars. Die klankbaan word ook Vrydag, 6 September, vrygestel.

Die klankbaan spog met onder andere 'n eksklusiewe Die Heuwels Fantasties liedjie, "Ja En Amen (Net Nou)" wat hulle saam met die Black Handed Kites spesiaal vir die rolprent opgeneem het.

Die splinternuwe snit, "Wrecking Ball" van radio-gunstelinge, Thieve is ook slegs op hierdie klankbaan beskikbaar.


Die CD spog ook met huidige 5FM chart-topper, Bittereinder se "Die Dinkdansmasjien".

Die ou gunstelinge is gelukkig ook daar! Straatligkinders, Van Coke Kartel en Karen Zoid dra by tot die trotse Alternatiewe Afrikaanse gees.

Dan is daar ook grens-uitblinkers, Vampire 9000, Gateway Drugs en Black Handed Kites wat internasionaal al groot opspraak gemaak het met hulle formidabele kwaliteit Engelse musiek.

Party bangers, Folk, Classics Rock en Electronic Dance in beide Engels en Afrikaans. Kan jy vir meer vra?




vetseunvetseun
A Supra Familias release:

SOUNDTRACK:
Bakgat! tot die mag 3

Bakgat! 3 is the final instalment of the extremely popular Bakgat! trilogy. Is there a happy ending on the horizon for Wimpie, Katrien and the rest of the Bakgat! gang?

Wimpie and Katrien are headed for London. Wimpie is going to play rugby for a local club and Katrien is preparing to plan the wedding of the year. It is however easier said than done to achieve the life of the rich and famous and things are bound to get interesting in true Bakgat! fashion.

Bakgat! 3 is coming to a movie theatre near you on Friday, 6 September.

The Bakgat! 3 soundtrack has its feet firmly planted in both Afrikaans and English and features only the best of South Africa's Alternative bands and artists. The soundtrack will hit the shops on Friday, 6th of September as well.

Amongst others, the soundtrack boasts a new Die Heuwels Fantasties song, Ja En Amen (Net Nou), which was exclusively recorded with Black Handed Kites for this film. The brand new single, Wrecking Ball from radio-favourites, Thieve, is also exclusively available on this soundtrack.

The current 5FM chart-topper, Die Dinkdansmasjien by Bittereinder is also featured on this album. The spirit of Alternative Afrikaans music is represented by good old favourites Straatligkinders, Van Coke Kartel and Karen Zoid. Also featuring on this soundtrack are ground-breaking artists, Vampire 9000, Gateway Drugs en Black Handed Kites, who has gained an excellent reputation overseas for their high standard of English music.

Party bangers, Folk, Classics Rock and Electronic Dance in both Afrikaans and English. Can you really ask for more?



vetseun
klankbaan .............................. SF 017 2013 SUPRA FAMILIAS
1. Ja En Amen (Net Nou) - Die Heuwels Fantasties met Black Handed Kites
2. Die Dinkdansmasjien - Bittereinder
3. Brein Verloor - Van Coke Kartel
4. Voete Van Klei - Straatligkinders
5. Up - Black Handed Kites
6. Wrecking Ball - Thieve
7. Signs - Gateway Drugs
8. This Place - Vampire 9000
9. Koolstof Drome - Die Heuwels Fantasties met The Gugulethu Tenors
10. Want As Ek Droom - Karen Zoid
11. Tot Die Son Uitkom - Van Coke Kartel
12. Circles - Dubway
13. Tyd - Die Heuwels Fantasties

Bakgat! 3 is die finale film van die uiters gewilde Bakgat! trilogie.
Is daar 'n gelukkige einde wat vir Wimpie en Katrien en die res van die Bakgat! bende wag?

Wimpie en Katrien is oppad Londen toe. Wimpie gaan rugby vir 'n oorsese klub speel en Katrien maak gereed om die troue van die jaar te beplan. Dis egter nie so maklik om jou arms om fame en riches te slaan nie en kort voor lank raak dinge op getroue Bakgat! wyse lekker interessant.
Die Bakgat! 3 klankbaan se bene is, in die gees van die film, ferm in byde Afrikaans en Engels geplant en bevat net die room van Suid-Afrikaanse alternatiewe kunstenaars.
Die klankbaan spog met onder andere 'n eksklusiewe Die Heuwels Fantasties liedjie, "Ja En Amen (Net Nou)" wat hulle saam met die Black Handed Kites spesiaal vir die rolprent opgeneem het. Die Splinternuwe snit, "Wrecking Ball" van radio-gunstelinge, Thieve is ook slegs op hierdie klankbaan beskikbaar. Die CD spog ook met heidige 5FM chart-topper, Bittereinder se "Die Dinkdansmasjien". Die ou gunstelinge is gelukkig ook daar! Straatligkinders, Van Coke Kartel en Karen Zoid, dra by tot die trotse Alternatiewe Afrikaanse gees.
Dan is daar ook grens-uitblinkers, Vampire 9000, Gateway Drugs en Black Handed Kites wat internasionaal al groot opspraak gemaak het met hulle formidabele kwaliteit engelse musiek. Party bangers, Folk, Classis Rock en Electronic Dance in beide Engels en Afrikaans.
Kan jy vir meer vra!?


skakels : bakgat3.co.za












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)