Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
As Jy Sing



vetseunvetseunvetseunvetseun
film DVD ........................ 2013

met Bobby van Jaarsveld, Leah van Niekerk, Bok van Blerk, Karlien van Jaarsveld, Katlego Maboe, Robbie Wessels, Hanna Grobler, Georic Lomas, Franja du Plessis, Chenell van den Bergh, San-Marie Nel, Tiaan Kelderman, Hendri Myburgh, Solomon Cupido, Naas Botha, musiek, Deveroux van der Hoven & Juan "Floors" Oosthuizen, klank ontwerp Dean Konidaris, redigering, C.A. van Aswegen, produksie ontwerp, Kosie Smit, choreograaf, Willie Venter, vervaardiger, Johan Vorster, teks, Sandra Vaughn, Corine du Toit, regie, André Odendaal, produksie, Johan Vorster

Elkeen van ons het 'n lewensfilosofie. Dalk is dit iets soos "Praat is niks. Doen is alles." Of miskien "Elke dag is die eerste dag van die res van jou lewe." Vir Meneer Conradie en sy Bekfluitjies is dit eenvoudig "Almal het iemand nodig om in hulle te glo." Wanneer die nuwe musiekfilm "As Jy Sing" in November 2013 by teaters begin draai, gaan filmliefhebbers eerstehands met hierdie uitkyk op die lewe kennis maak en bes moontlik dit in hul eie lewens begin toepas.

Met van die grootste name in die Afrikaanse musiekbedryf betrokke, stel "As Jy Sing" nuwe standaarde en vestig dit die Afrikaanse rolprentbedryf selfs stewiger in die saal in terme van vermaak. Bobby van Jaarsveld speel die rol van 'n doodgewone musiekonderwyser, Meneer Conradie, by 'n sportmal skool. Hy leef vir sy sanggroepie, die Bekfluitjies, wat moet veg vir hul plek in die son aangesien die skoolhoof, gespeel deur Robbie Wessels, defnitief ander planne het as om hul daai plekkie te gun. Maar die groepie, aangedryf deur die wete dat iemand in hul glo, gaan hul nie so maklik laat onderkry nie. Veral nie wanneer hul weet die lewe kry ware betekenis wanneer hul sing nie.

Wees gereed om Bobby te sien skitter in 'n rol waar sy karakter effe uit voeling is met wat populêr is... nie net het hy geen modesin en dra hy 'n bril met dik lense nie, maar sy vervoer is 'n outydse bromponie en hy word nooit sonder sy weermag valhelm daarop gesien nie. Voeg hierby die feit dat hy saam met drie susters groot geword het en vrouens eintlik beter verstaan as wat hy dink, maar tog nie weet hoe om die mooi sportonderwyseres te laat weet hoe hy oor haar voel nie, en jy het 'n resep vir 'n storielyn waarmee almal kan identifiseer.

Die res van die sterbelaaide rolverdeling spog met name soos Bok van Blerk, Karlien van Jaarsveld, Hanna Grobler en Katlego Maboe, asook nuwe jong talent soos Leah, Tiaan Kelderman, Franja du Plessis (Juanita se dogter) en Georic Lomas. En daar is drie lekker verrassings ook met groot name in die industrie wat as hulself 'n verskyning sal maak.

Selfs agter die skerms is daar gesoute name wat seker maak "As Jy Sing" gaan Afrikanerharte warmer laat klop. Die regisseur is André Odendaal, bekend om sy rolle in "Getroud Met Rugby" en "Hartland" en wie se mees onlangse werk as regisseur, "Lien se Lankstaanskoene" ooral lof inoes. Hy span kragte saam met Johan Vorster van Johan Vorster Songs, wat sal toesien dat die grootste treffers van die afgelope drie jaar blinknuwe gedaante gegee word.

Maak nou al 'n nota van die datum: 15 November 2013. Dis die dag waarop jy Bobby van Jaarsveld gaan sien soos niemand hom al ooit gesien het nie. Dis die dag waarop die grootste Afrikaanse film van 2013, maar moontlik ook 2013 se film met die grootste hart, gaan begin draai.

Almal het iemand nodig om in hulle te glo. As jy nog twyfel, kyk na die lokprent van "As Jy Sing" hier:

As Jy Sing
vetseun
klankbaan ................ CDJUKE 77 2013 JUKEBOX
1. Totaal Finaal
2. Eendag As Ons Groot Is
3. Snak Na My Asem
4. Ek Moes Jou Gesoen Het
5. Knieë Lam
6. 'n Vrou Wil Dit Hoor
7. Ek Wil Nie Kwaad Gaan Slaap Nie
8. Hoor Hoe Raas Die Stilte
9. Timbuktu
10. Superhero
11. Vergeet Wat Jy Weet Van Liefde
12. In 2 Geskeur
13. Soentjie
14. Huil Soos 'n Man
15. Eendag As Ons Groot Is
16. Hou Moed
17. 2de Wittebrood
18. Intrek
19. Kombuis Ontmoeting
20. Valkaries
21. Die Bredemkamps
22. Dagdroom
23. Stilte Voor Die Storm
24. Maak Vrede
25. In Die Donker
26. Die Einde

Elkeen van ons het 'n lewensfilosofie. Dalk is dit iets soos "Praat is niks. Doen is alles." Of miskien "Elke dag is die eerste dag van die res van jou lewe." Vir Meneer Conradie en sy Bekfluitjies is dit eenvoudig "Almal het iemand nodig om in hulle te glo." Wanneer die nuwe musiekfilm "As Jy Sing" in November 2013 by teaters begin draai, gaan filmliefhebbers eerstehands met hierdie uitkyk op die lewe kennis maak en bes moontlik dit in hul eie lewens begin toepas.
Met van die grootste name in die Afrikaanse musiekbedryf betrokke, stel "As Jy Sing" nuwe standaarde en vestig dit die Afrikaanse rolprentbedryf selfs stewiger in die saal in terme van vermaak. Bobby van Jaarsveld speel die rol van 'n doodgewone musiekonderwyser, Meneer Conradie, by 'n sportmal skool. Hy leef vir sy sanggroepie, die Bekfluitjies, wat moet veg vir hul plek in die son aangesien die skoolhoof, gespeel deur Robbie Wessels, defnitief ander planne het as om hul daai plekkie te gun. Maar die groepie, aangedryf deur die wete dat iemand in hul glo, gaan hul nie so maklik laat onderkry nie. Veral nie wanneer hul weet die lewe kry ware betekenis wanneer hul sing nie.
Die res van die sterbelaaide rolverdeling spog met name soos Bok van Blerk, Karlien van Jaarsveld, Hanna Grobler en Katlego Maboe, asook nuwe jong talent soos Leah, Tiaan Kelderman, Franja du Plessis (Juanita se dogter) en Georic Lomas. En daar is drie lekker verrassings ook met groot name in die industrie wat as hulself 'n verskyning sal maak. Selfs agter die skerms is daar gesoute name wat seker maak "As Jy Sing" gaan Afrikanerharte warmer laat klop. Die regisseur is André Odendaal, bekend om sy rolle in "Getroud Met Rugby" en "Hartland" en wie se mees onlangse werk as regisseur, "Lien Se Lankstaanskoene" ooral lof inoes. Hy span kragte saam met Johan Vorster van Johan Vorster Songs, wat sal toesien dat die grootste treffers van die afgelope drie jaar blinknuwe gedaante gegee word.

vetseun


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)