


















Zoon Oberholzer


Sing Van Kalahari-Maan LP . KLS 163 KRISTAL
Kant Een:
1. Kalahari-Maan (Z. Oberholzer)
2. Die Brug Op Ons Plaas (Trad.)
3. My Hart Verlang (O Solo Mio) (Di Catua)
4. Martie (J. Pohl)
5. Meisie Van My Drome (C. & W. Cooper)
6. My Hart Is In Hawaii (Z. Oberholzer)
Kant Twee:
1. Oktober-Maand (When It's Spring Time In The Rockies) (Wodsey-Sauer)
2. My Beminde Is 'n Droombeeld (Z. Oberholzer)
3. Die Ossewa (Swart)
4. Onthou Sy My Nog (La Paloma) (Y. Radier)
5. 'n Vuurvliegie Lok My Na Ver (De Kock-Kruger)
6. Aan Die Einde Van Die Dag (T. Roering)
Die ,,Farmers Weekly" het in 'n artikel verwys na Zoon Oberholzer as ,,Die Singende Boer". Meer gepas kon hulle dit nie stel nie, want dit is wat hy werklik is. Omrede hulle styl en om publisiteils-redes, kry sommige kunstenaars 'n beskrywende bynaam wat nie altyd baie waar is nie - maar dit is wat Zoon werklik is - 'n singende boer.
Waar hy ook al op sy plaas - tussen Delareyville en Vryburg - besig is kan 'n mens maar net op die ryk bariton - klanke afpeil om hom te vind. Dit is ook hier tussen die mieliekoppe en koringare, ver van die stadsgewoel; waar hy inspirasie vind vir die liedjies wat hy self komponeer.
Van talle mooi gevoelvolle liedjies wat Zoon gekomponeer het, is die een wat as plaatnaam vlr hierdie langspeelplaat gekies is, naamlik KALAHARI-MAAN seker die heel mooiste ,en sal elkeen wat na die liedjie luister onwillekeurig wil, saamsing.
Produksie: Gert Wallis
skakels :