Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Zinkplaat
vetseunvetseun
Retrospekulasie ............................... 2013
1. Retrospekulasie
2. Engela
3. Deneys Se Reis
4. E-Ding
5. Skiet 'n Rigting
6. Karoo Poisoned
7. Hel Ou Pêl
8. Filistyne
9. Spore in Nat Sement
10. Skerp Elmboog
11. Stellenbosch Wolf
12. Die Grot
13. Klink Asof Ons Stories Is

vetseunLAAI AF
Klink Asof Ons Stories Is CDS ...... 2012
vetseun
vetseunvetseunvetseun
Mooi Besoedeling ............. DPK010 2009 DE PLATE KOMPANJIE
1. Frekwensie
2. Regter Vegter
3. Sterkte
4. Besluitneming
5. Dag In Die Wingerd
6. Kleiner As Berge
7. Die Slaapwandelaar
8. Ontsnappingsroete
9. Moeilikheid
10. Mooi Besoedeling

vetseunvetseun
Musiek Uit Die Geraas ..... DPK005 2007 DE PLATE KOMPANJE/SELECT
1. Die Laaste Wegkomkans
2. Gedigte Vir Gesigte
3. Jy Was Daar
4. Dit Wat Oorblyvetseun
5. Krismis In Kampala
6. Ballade Van Die Middelman
7. Twee Wolwe Baklei
8. Lyne
9. Die Spons
10. Hondeklipbaai

Baie dankie aan Klein Boompie vir die herinner aan die B2B Zinkplaat CD Launch, ons het Piekniek gemis, maar 'n paar nuwes gehoor en tot die ritme met 'n Black Label voet probeer hou!!

Die CD self laat mens nie 'n oomblik oor om te wonder nie. Dis sommer van die beginsnit af sommer superZinkplaat. Bertie se ernstige lirieke oor hewige beats,en vra die heeltyd : "Is hierdie dalk ons laaste wegkomkans?". Die inleiding is vol dromme en kitare, dit word 'n kreetsong, as jy agterkom, kompleet met visuele simbole van die Weskus ens. Dis breek af tot 'n akoesties gesingde deel wat vanaf enige bakkie die sonskyn ingeskree moet word!!
Gedigte Vir Gesigte is 'n gereelde, en reeds bekende song in die live stel, dis 'n ritmies strelende ene, Zinplaat is hier in volle swang. 'n Lullabye vir daai bus
....................... " ... ons kom al lang pad saam ... "
'n "kom ons leer mekaar ken"-song, 'n "ons ken mekaar"-song, 'n skud jou kop en spring rond song. Een vir die fans, vol van daai Gees wat die band en hul dinge kenmerk, so lekker fris briesie positiwiteit en stuff in die hele effek.
....................... " ... ons kom al lang pad saam ..." ....
Ons freak tegnies ondertoe oor die band se ballads, dis iets om van Piekniek te hou. Die vorige CD is tot in niks repeat juis agter dié juwele aan. Musiek uit die Geraas het ook sulkes, ai. Ons is nog nie daar nie, ek sê maar net...
Jy was daar is lekker vinnig, met kitaar skrape oor die heerlik verliefde lirieke.
....................... " ... ek. ..." ................ 'n Meer reguit Zinkplaat hier, met draaie en
....................... " ... wonder. ... " ...... solo's wat kop uitsteek om 'n meer uit-
....................... " ... soms. ... " ......... gewerkte effek voort te bring. Defnitief die
....................... " ... sommer. ... " .... song wat die CD met enige iets local (of rural)
....................... " ... oor jou. ... " ....... vergelykbaar maak. 'n Stewige beat, met 'n killer koor en genoeg effekte vir 'n sirkustentparty! ... " ... vryer as 'n vrye vers ... "
En daar is ons, soniese geraas maak plek vir 'n luilekker hartseer kitaarnoot, en Bertie se amper tragiese stem melankolies daaroor. Met die nou "gewoond-daaraan" SA verwysings en eerlike amper fotovertel van die liefde. Met amper nostalgiese simbolisme, en woorde wat die storie van skepping, nog 'n bussong, 'n kreet. Die ouens ken. ... " ... musiek in die geraas ... "
Dis die titelsnit. inheemse klanke en redes. Saam met GvGesigte wenners.
Krismis in Kampala maak mens wil verwys na die songs op Miskruier, daai saam met kerslig, of kampvuur liedjies, die hoendervleisgoed, en bosveld aande. Teen die tyd wat die dromme inslaan en die hare op jou arms penorent staan is jy tien teen een (hopelik) op die dansvloer sodat jy saam met die loudhailer agtergrondstem kan spring!! ..... " ... vandag is een van daai dae ... "
Stories vertel met kitaar, rondswaaiende rye mense en geluk.
Bietjie draaksteek vir afwisseling, die beskrywing van die man. Weer met groot breke, kitaar solo's en oordadige dromritmes. .... " ... van die middelman ... "
Indien dit nie genoeg was nie is Twee wolwe baklei weer vinniger en met 'n heerlike baskitaar groef. 'n Driedimensioneel dieper geplaasde koor bring die boodskap sommer heerlik deur, 'n skerp beskrywing van persoonlike angstigheid, amper hopeloos, behalwe vir die gelukkige drom en dansbas wat
......................... " ... die wolwe baklei, die wolwe baklei ... " weereens kreetagtig geskree agterlaat. Die CD voel meer dans en mosherigheid as die vorige, kyk maar vir Zinkplaat op van ons groter feeste binnekort, naby aan die bokant van die line-up. 'n Goeie mengsel van die plattelandse ervaring en invloed wat nou meer en meer 'n klank begin vestig en daarbinne hul kuns verwoord. Aan die einde van die song is jy tegnies klaar deur 'n rock CD. Dit was nommer 7.
Lyne is 'n pragtige ballade. Mens visualiseer blou ligte wat die band teen 'n sonsondergang verlig, strelende bas, melodieuse kitaar, opbouend na 'n treffer koor. ... " ... snip. snip. ... " Groot. Lekker simbolies, maar nogsteeds opswepend en, kenmerkend van die manne, insluitend.
Die vinger-voor-die-bors-een. Die Spons is groot op MK, die myspace mense, as die eerste single van die CD is dit 'n goeie aanduiding van wat om te verwag. Menigte vlakke musiek, aangedryf deur 'n ernstige Basson kitaar. Maar suiwer en skoon soos wat ons die Z leer ken het. Trek sommer lekker aan daai snaartjies as ons so naby twee en 'n half minute jou stem hees skree aan: . " ... as die een man val :: gaan die volgende man die vlag optel ... " 'n Treffer. Ons speel daai een twee keer en daai "as die een" deel sommer baie.
Ons sluit die CD af met 'n bekfluitjie nommer oor lekker kuier en Weskus branders. Die klank wat die Z met hul aanhangers vereenselwig, 'n dansgeraas, 'n georganiseerde chaotiese "musiekblyspel", 'n samekomsjol van 'n uitgehongerde klomp musikante, 'n fees. Dink Niekerkshoop en Hêndsoppers!!...
Ons speel die CD stukkend, Oorbly " ... jou melodie ... ", Kampala, " ... ek is lus ... ", Spons " ... as die een man val ... ". Kry vir jou Vetseun, kry vir jou, dude. Dankie aan Zinkplaat en almal van toepassing. V's!!

Zinkplaat - Die Spons VID vetseun

vetseunvetseun
Miskruier Gaan See Toe . F1000690 2006 BOWLINE/DE PLATE KOMPANJE
1. Elvis Bly In Niekerkshoop - MP3 by mweb, myspace
2. As Jy Weg Is
3. Al'ie Goeie Goete - MP3 by myspace, 24
4. Niemandsland - MP3 by mweb, myspace
5. Nuwejaar In 'n Whiskeybar
6. Donkiekar Windscreen - MP3 by myspace
7. Hêndsoppers
8. Skemeraandverlange
9. Piekniek Opie Maan - MP3 by mweb
10. Middernag In Dorpstraat
11. Wiel Wat Draai
12. Bloedkitaar
13. Plankies Afbreuk (Instrumenteel)
14. Die Ballade Van Kris Muier A - MP3 by 24
15. Die Ballade Van Kris Muier B

met Laurinda Hofmeyr, Lurina Muller, Andri Stander, Ernst Landsberg (Ovenglove), Danie Carinus (BMV), opgeneem Jürgen von Wechmar, meester Tim Lengfieldvetseun

Dis nou al 'n ruk wat die CD op die digitaal verkeer, noord na die bosvelderigheid, en hierrond in die sonlig, miskien kan ons nou iets se daarvan, seeing as dit nog 'n ruk digitaal se bly vergemaklik.
Bands raak min so lekker groot dat die biografie onaangehaal bly omdat die huidige bewegings alles oordonder, Zinkplaat is nou al 'n ruk in daardie groep bands. Huidelik op 'n Kustoer wat die grootte van so iets getoets agter gaan laat, was hulle al orals gesien, meestal saam met eggoende name soos BMRO, Valiant, Karen Zoid, BVK, Abel Kraamsaal, en amper alle Afrikaanse bands naby of ver, 'n gereelde gesig op die feeste ens.
Die CD is 'n baie goeie opsomming van die breedvoerige aanslag wat die versameling musikante mee besig is. Jou kop is net seer geruk, dan kan jy so bietjie in die rustige denkbeeldige wegraak,
... " .. en as jy weg is ... "
kan die lekkerkry oorneem, en jy skuifelvoet saamsing, weet van soos 'n kombers (hul simbool, sien #9) jou kan omhul, asof jy die liedjie al vantevore gehoor het, en ken. Dis dan ook die begin van die meer stadium georienteerde klank, en die meer intieme akoestiese kore, 'n mengsel wat net versterk word met die tong-in-die-kies waarhede wat oorloop.
Daar is mondfluitjie melodieë vir 'n meer vrye gevoel, vir die wat weet hoe om hul voete te lug. Al die goeie goete begin met so saambindende mondfluitjie noot, breek in die skoffelste ritme, met 'n koor wat mens die biere omhoog kan sien swaai en 'n effense hard effense geslurde uiting vereer word. 'n Kuiersong, groepsmotoroukie ...

...................... " .. het jy al ooit gewonder?..."
Niemandsland is net so mooi soos sy naamsgenoot van so paar jaar gelede, miskien bietjie meer ernstig melodieus en amper 'n gebed in lirieke. Die min kitaar en die engelklank van Laurinda Hofmeyr en Lurina Muller in die eggo maak dit amper te, so naby aan daai lyn dat jy miskien die kar moet stop en so bietjie asem skep. So vier minute of so, jy kan weer op Nuwejaar aangaan ...
...................... " .. en ek wonder, waar is ... "
Weer, 'n oprat song, met so bietjie meer volume, draaiende elektriese kitaar en groot ritmes maak dit 'n prag een, beligting en stadiumgevoel ingesluit. Saam met Donkiekar se dralende note en voetstamp kore, kan jy maar nou travel, pasop net vir die kameramanne .. Die liefdeslied en vredeslied en die spottende selfondersoekende rocknommers word hier so gevleg dat die drie miskien net weer gespeel moet word sodat die volgende keer meer op dans gekonsentreer kan word ...
................... " .. en ek wil net die wêreld sien ... "vetseun
Hêndsoppers se amper gepraatde lirieke oor daai kitaar is die derde, miskien 'n Oorsee Toer song, maar net so vanpas in PTA, of PE ... Vir daai opkomende verkeerswoede kompilasie van jou. Wees so bietjie rustig en onthou in die verlange liedjie, 'n groot spasieuse aanvaardingslied, wat sonies in die koor jou laat opkyk en miskien jou arms uitstrek, soos die "skree jou naam oor die oseaan"-song se stories, regtig. Hopelik floor daai een jou want Piekniek is nog sulke goed. En as jy al gepiekniek het daarop, of nie, sit stil vir dit.
................ " .. wolke is ons .... aandster is ons .... "
Weer 'n perfekte klank wat in minimalistiese volheid weergegee word, maak die hele ding so intens dat die beligting en swaaiende stadiumskare hiermee ook ingesluit is, met haar onder arm ... Diep asemhaal, daai een ook vier minute, maar hierna is jou kop deur ...

Met die stemming sonder twyfel daargestel kan ons nou so bietjie teruglê en gemakliker word, enige iemand in die Boland behoort dit te verstaan, 'n Dorpstraat ode is net die ding vir so 'n move. Want met die volgende nommers word daar weer hard gespeel, effe meer distort vir effek, en vinnig genoeg. Wiel Wat Draai en nog so Nuwejaar rocker, drywende kitaar en ritme, snyende lirieke en koor vir so bietjie inkeer, sodra jy beheer af leer ... Die aaneenhoudende kopskud lekker van Karoo Poison is hier groter, met dieselfde erkenning en eerlikheid wat dit so groot aanklank verkry het.
................ " .. hierdie oomblik, wat aan jou behoort .. "
Bloedkitaar is miskien die opsomming van die CD se gevoel en ritme, nie dat een liedjie nie as dit kan beskryf word nie, maar die emosionele note met die verlengde instrumentele interpretasie is waaroor die musiek gaan, nie net word verstaan en vertel nie, maar bo dit laat dit jou geniet.
Venster oop, elmboog, oppad see toe is die manier om Kris Muier se storie te hoor, die Kustoer liedjie!! Half verhaal half rock heeltyd lag kopskud en begin inpak vir daai outing. 'n Dorpverhaal oor die wedervaringe van Kris, in maagvashou vertelling. En as jy kan wag nog so bietjie vir goed wat heeltemal handuitruk in egte Zinkplaat styl ...
Kry Die Miskruier gaan see toe hier en vang hulle live binnekort naby jou ...
Onvoorwaardelike dankie en oorlopende Gees vir julle!!! saad

2003 08 21 - "Karoo Poison" CD LAUNCH, Zinkplaat met BMV, Klein Libertas Teater, 20:00, R10
vetseunvetseun
Karoo Poison ..................................... 2003
1. Alles Is OK - MP3 by mweb
2. Jan Papier
3. Blikkitaar Blues
4. Winternag - MP3 by mweb
5. Grondpad Deur My Hart - MP3 by mweb
6. Karoo Poison
7. Waar Is Riaan? (BONUS)

die twee song single word opgevolg met 'n CD wat nog 'n paar rockers saam insluit. met menigte live shows ens. is die band op die lippe van baie.

vetseunvetseun
Zinkplaat EP ....................................... 2003
1. Jan Papier
2. Blikkitaar Blues

Bertie Coetzee, vocals en kitaar, Basson Laubscher, lead kitaar, opneem Jürgen von Wechmar, meester Tim Lengfield, Sunset Studios

heerlik. rustige dromme met begeleidende kitaar is agtergrondmusiek vir die lekker saamsing Jan Papier, vertellend van 'n verloorder, en Blikkitaar is die liefdesliedjie, die tweede netso treffend en eerlik.

Tiek hard. Harder. Hangklip Hearty. Hu-huh. Riaan Cruywagen. Johannes Baardman. Morris Tjkaia. Donkiekar. Boeretechno. Plankies. Plaas. Pashjaas. Grondpad. Gees. Bees. Kunstefees. Kus toe(r). Kerkstraat. Karoo. Kaalvoet. Dorp. Gholfklub. Rocking in the free world. Jimmy Pens. Bloedkitaar. Bloedstraat. Bossie. Baarde. Boxer. Boerbok. Braaisout. Boeliebeef. Blowdry. Flashpoints. Bosnes. Boerbeskuit. Plasingsbeleid. Identiteit. Besluit. Chris Brink. Bierdrink. Kierantjies Braai. Wiel Wat Draai. Solo's. Sandduin. Stage dive. Skouerpop. Toets dop. Opskop. Hêndsop. Twakstop. Flop. Miskruier. Jan Papier. Batterysuur. Punk. Blues. Geroes. Vibes. Goeie goete. Rooiwyn. Y-wine. Tentedorp. Chizzle my nizzle. Acid jazz. Borshare. Tom Jones. Stellenbosch. Druiwetros. Lekker Kos. Rugstring. Biltong. Skurwe hakskene. Scrapyard. Victoria Straat. Boereraad. Zinkplaat.rsgmusiek


vetseun


skakels : Zinkplaat.com : myspace/zinkplaat : sunset recording studios









Zinkplaat Gig/Flyer-blad


bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )