Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Ziegfriedt Enslin
vetseunvetseun
Sing LP ........................ SCXJ 11178 1970 COLUMBIA
Kant Een:
1. Roe-Koe-Koe
2. Nagtyd In Die Bosveld
3. My Boerenooi
4. Suidkus Strande
5. Geboorte Plasie
6. Geklapte Broekie
Kant Twee:
1. Trane Soos Reëndruppels
2. Wens Op 'n Ster
3. My Blinde Hart
4. Ding Dong
5. Platdoring Randjie
6. Draf Maar Aan Ou Ryperd

* Inheems
Produksieleier: Louis Combrinck
Opname Ingenieur: Leo Lagerwey

Dit was op 'n koue wintersaand by Heilbron in die Vrystaat waar ek vir Ziegfriedt Enslin hoor sing het. Die hele Boeregemeenskap van Heilbron en Petrus Steyn - die Vaaldriehoek - het in hulie motors die skouterrein volgepak. In gietende reën op die afdakverhoog het 'n bruingebrande sesvoeter die harte warm gesing.
Sy naam was ZIEGFRIEDT ENSLIN.
|n die program ATELJEE '68 - het ons later weer van Ziegfriedt gehoor. In 'n onderhoud het hy vertel dat hy in daardie deel van die Vrystaat groot geword het - op Petrus Steyn skoolgegaan het. En dat hy vandag een van daardie wêreld se voorslag boere is.
,,Wanneer kry jy dan die kans vir die singery?", wou ek weet.
Bedags in die veid agter die skaap - sê hy - en saans as die werk agter die rug is. Hy sing omdat dit vir hom lekker is. En ek glo dit is so. Want selde het ek al 'n mens met soveel oorgawe sien sing - met soveel toewyding en erns hoor praat oor hierdie dinge. Die nommertjies wat u gaan hoor is Afrikaans. Oorspronklike Afrikaanse liedjies. Ou gunstelinge en nuwe skeppinge. Want dit is nog een van Ziegfriedt se baie ideale. Om die Afrikaanse lied tot op sy reg te Iaat kom.
U sal hou van die warm baritonstem van die singende plaasboer ZIEGFRIEDT ENSLIN. - NIC SWANEPOEL. - omslag


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )