


















Willie Wakkermaak (Gert van Tonder)

Willie Wakkermaak in Feëtjieland LP . MFP 54507 1972 MUSIC FOR PLEASURE
Kant Een:
1. Willie Wakkermaak
2. Willie Wakkermaak En Die Westewind
Kant Twee:
1. Willie Wakkermaak En Die Feëparty
Stories oor die stoutste kabouter in feetjieland
"Julle kleinspan ken almal vir Klaasvakie. Nou ja, Willie Wakkermaak is presiesdie teenoorgestelde. Waar Klaasvakie 'n dierbare soet kaboutertjie is, is Willie Wakkermaak 'n regte kalant. Hy het rooi hare, sproetgesigge, en die koddigste bak beentjies. Klaasvakie is die kaboutertjie wat saans sand in julle ogies kom strooi net voor slapenstyd. Willie Wakkermaakis daardie parmantige kabouteetjie wat julle soggends sp vroeg kom wakkermaak as pappa en mamma nog probeer slaap.
Op hierdie plaat vertel oom Gert van Tonder die mooiste en lekkerste storiestjies oor al die manwales van Willie Wakkermaak; die feetjies en heks van Feëtjieland.
Julle kleinspan kan gerus een oggend vroeg by die venster uitloer net na julle wakker geword het. As julle vinnig genoeg kyk, sien julle miskien Willie Wakkermaak. Julle sal hom erken aan sy krom beentjies! "
skakels :