Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Wian Vos .co.za
vetseunvetseun
Geseënde Van God DVD . LBMDVD 018 2012 LOUIS BRITTZ MUSIEK

vetseunvetseun
Geseënde Van God ..... LBMD039 2010 LOUIS BRITTZ MUSIEK
1. Hier Is Ek
2. Here God, Abba Vader
3. Manne Van Die Woord
4. Skepper God
5. Net By U
6. U Is Helig
7. Nuwe Krag Medley
8. God Alleen
9. Geseënde Van God
10. Weet Jy
11. Ek Wil Gehoorsaam Wees
12. My Verlosser Leef
13. Gebed Vir Suid-Afrika

Na 'n lang stilte is Wian Vos weer terug met 'n nuwe lof en aanbidding CD, Geseënde Van God. Dit is lewendig opgeneem by laasjaar se Turn to God fees in die Staatsteater, Pretoria en is ook as DVD beskikbaar. Louis Brittz was die regisseur van die projek en het saam met Wian die verwerkings gedoen. Ander nuwe Merchant kunstenaars wat saamwerk op die projek is Kriss Tel en Jean Marais.
Die vorige keer wat ek vir Wian Vos gesien optree het was 'n paar jaar terug by Godly Revolution met 'n klomp dansers en rock en pop songs wat gemik was op jeugbediening. Maar met Geseënde Van God slaan Wian 'n nuwe rigting in.
Daar is baie diepte in Wian se lirieke (hy het al die songs self geskryf) met baie verwysings na skrifgedeeltes. Die CD se begin is treffend met die song "Hier Is Ek", 'n song van oorgawe wat sê: "Hier is ek... om my alles op die altaar te plaas". Die song "Ek Wil Gehoorsaam Wees" sal goed werk vir gemeentesang en word treffend deur KrissTel en Wian saam gelei. "Net By U" en "U Is Helig" is my ander keuses vir gemeentesang.
Dis moeilik om die musiekstyl in 'n boksie te sit, maar daar is 'n duidelike country invloed op baie van die songs. Daar is ook groot lofprysings-"anthems" in 'n rock styl. Nou en dan ook 'n jazz-gevoel op van die ballades met saksofoon en klavier tussenspel om die klank af te rond. Op "Gebed Vir Suid-Afrika" is daar ook 'n tipiese Afrika kwaito klank.

vetseunvetseun
Nuwe Krag ...................... LBMD002 2006 LOUIS BRITTZ MUSIEK/RHYTHM RECORDS/VISION PROMO
1. Laat Die Hemele Bly Wees
2. Nuwe Krag
3. I Am Free
4. Abba Vader, Heer
5. Al Die Lof
6. Ek Dien 'n Groot God
7. My Fontein
8. Tel My Op
9. His Strength Is Perfect
10. He Is Lovely
11. Koning Van My Hart
12. Today (As For Me And My House)
13. Die Vlag Word Gehys
14. Dawidsanggroep-Keurspel: Soldaat Vir Christus; New Life In Christ; Foreign Gods; Ek Is Die Alfa En Die Omega

vetseun
All Of Me ................ CDBRT(WL)233 2002 BRETTIAN
1. All Of Me
2. Freedom Song
3. Ek Is Jammer
4. Turn The Tide
5. God Is In The Storm
6. Lewende Jesus
7. God Made It Clear
8. Holy
9. Elke Tree
10. The Battle Belongs To The Lord
11. You May Think

vetseun
A Live Dive Into Worship . CDBRT(WL)187 2000 BRETTIAN
1. The Dive
2. Praise Overture
3. Percussion Praise
4. Laat Die Volke Sing
5. The Happy Song
6. Abba Vader
7. Knowledge And Understanding
8. Weet Jy?
9. Ek Bid Vir Jou
10. Almal Wat Hom Aangeneem Het
11. Ek Weet Dit
12. Ek Vertrou Op U
13. Hy Wat My Roep
14. Search Me
15. God Alleen
16. Raise The Standard (Dialogue Intro)
17. We're Gonna Raise The Standard
18. My Redeemer Lives

vetseun
Learn To Discern ......... CDBRT145 1998 BRETTIAN
1. Ek Is Bereid
2. Jonkwees
3. You're The Reason
4. Ek Wil My Gedagtes Rig
5. Learn To Discern
6. Ek Soek Net U Vrede
7. Trust In The Lord
8. Ek Wil So Lewe
9. Gee Vir My Liefde
10. Jesus, Ek Buig Nou Voor U
11. U Is In Beheer
12. Call To Me

sien VISION PROMOTIONS

ook op :
Sjoe! 2000 kompilasie - Ek Wil My Gedagtes Rig


skakels : wian.co.za













SA, draai terug na God! Staatsteater Fees 15 - 20 Septembervetseun

Dit moes EEN of ander tyd gebeur. Die beweging wat SA aan die praat het moes musikaal ook vleuels kry en dit gebeur vir die eerste keer in die Staatsteater die 15 - 20ste September. Daar is min tyd om die wêreld hiervan te laat weet, so ons sal dit soooo waardeer as julle dit na AL julle e-mail kontakte toe kan uitstuur dat mense GOED kan weet.

Die voorlopige program vir die Turn2God Staatsteater fees:vetseun
15 Sept - Retief Burger, Nedine Blom, Bobby van Jaarsveld, Ronéll Erasmus, Wian Vos, Louis Brittz
16 Sept - Wanda Bam, Nedine Blom, Retief Burger, Wian Vos, Louis Brittz
17 Sept - Danie Botha, Réana Nel, Nedine Blom, Wian Vos, Louis Brittz
18 Sept - KrissTel, Louis Brittz, Lagnes, Joe Niemand, Pierre Spies, Vertikaal
19 Sept - Bobby van Jaarsveld. Wian Vos, Lagnes, Réana Nel, Louis Brittz
20 Sept - Nedine Blom, Louis Brittz, Joe Niemand, Wian Vos, Elza Meyer (sluit die week af)

- Turn2God Staatsteater Fees (In die "Opera")het ten doel om Pretoria en Suid-Afrika na die Here terug te draai. Ons wil die herlewingsvlam hoog sien brand - diep in die stad, buite die mure van die kerk! Ons wil ook 'n stylvolle fees van die hoogste kaliber hou, met uitstekende musikante, kunstenaars en tegnologie...Net ons beste vir Jesus!!

- 'n Fantastiese kunsuitstalling in die foyer van die Staatsteater, gaan "SA, draai terug na God" op 'n kragtige manier uitbeeld. Kunswerke sal te koop wees ten bate van die beweging.

- Nedine Blom tree Dinsdag tot Donderdag op en weer Sondagmiddag, want sy stel "Supercool vir Jesus!" vry. Dis 'n fantastiese CD en DVD vir kinders, en ons moedig die hele familie hiermee aan om die aande en Sondagmiddag by te woon!

- Wian Vos lei die worship-band, en sal elke aand open. Hy neem Saterdagaand (19 Sept) 'n nuwe DVD op met nuwe lof- en bedieningsliedere, en ou treffers soos "Weet jy dat Jesus jou liefhet?" Wian is een van SA se heel beste liedjieskrywers, worshipleiers en pianiste. Sy passie is dat God Suid-Afrika kragtiglik sal aanraak, en dat dit in die huisgesin sal begin.

- Louis Brittz sal elke aand praat oor "SA, draai terug na God!". Ons glo hierdie dinamiese beweging kom uit die Here se hart - en dit vat reeds vlam reg oor Suid-Afrika! Groot dinge is in die pyplyn en Louis sal niks terughou nie. Louis sal Vrydagaand en Sondagaand ook optree en aanbidding lei (dus nie net praat nie).

- Lagnes is SA se enigste "whose line is it anyway" groep situasie-komediante. Hulle is skreeusnaaks, briljant en natuurlik Christene. Hulle gaan seker maak dat Die Fees nie te swaar in die maag gaan le nie!

- Vertikaal is die 2009 SAMA-wenner vir "beste Afrikaanse gospel produksie". KrissTel is 'n 2009 SAMA nominant vir "best pop/rock gospel".

- Retief, Danie, Ronéll en Wanda het geen bekendstelling nodig nie. Réana was lank stil, maar sy is een van SA se grootste talente, wat al reuse kontrakte in Amerika weggewys het om te bly waar die Here haar wil he. Bobby van Jaarsveld het onlangs begin om vir Jesus op te staan, en hy doen dit lekker eerlik en radikaal!

- Joe Niemand het die land verras toe hy 200 000 cd's weggegee het by die Mighty Men konferensie. Hy sing fantasties, skryf musiek vir rolprente en tree oral op saam met Angus Buchan.

- Pierre Spies sal sy splinternuwe DVD's met getuienisse op hier bekendstel!

- Daar is nog sportmanne wat moontlik sal optree, en ons sal die nuus bekendmaak soos dit "breek".

- Daar is slegs 1300 kaartjies per konsert!!!

Aande begin om 19:00 en hou aan tot 22:00. Elke aand sal 'n pouse hê.
Sondagmiddag (20ste) begin 15:00 en hou aan tot 17h00.

vetseun


















bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )