Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Wessel Botha en sy Hawaiiese Orkes
vetseunvetseun
Blou Hawaii LP ...................... RLF 1003 UITSPAN
Kant 1:
1. Blou Hawaii
2. Drifting And Dreaming
3. Hear My Song Violetta
4. Beautiful Ohio
5. Au Revoir
6. La Paloma
Kant 2:
1. My Hart Verlang Na Die Boland
2. Pearly Shells
3. Seeman
4. Harbour Lights
5. Huisie In Die Berge
6. Play To Me Gypsy

Die kleur blou word gewoonlik geassosieer met rustigheid en kalmte.
Sodanig is dan ook die atmosfeer wat deur hierdie opname "Blou Hawaii," aan die luisteraar oorgedra word. Die stemming is nie alleen rustig nie dog ook besonder bevorderlik om 'n mens se gedagtes te dra oor die verre horisonne waar die sloer van die alledaagse lewe nie bestaan nie.
Nommertjies soos "Drifting And Dreaming," "Pearly Shells" en "Harbour Lights" bring 'n effense heimwee en verlange na 'daardie dinge wat 'n mens so graag wil beleef dog wat jou steeds ontwyk.
Hoeveel van ons sal nie graag 'n "Huisie In Die Berge" daar ver in die Boland wil hê nie? Deur te luister na "My Hart Verlang Na Die Boland"' is dit maklik om jouself die besitter van so 'n huisie te maak.
"Au Revoir" roep altyd tonele van afskeid voor die geestesoog, maar as 'n mens afskeid neem en jy weet jy gaan kyk na die prag van Hawaii met sy diep-blou inhamme, of die stille grootsheid van "Beautiful Ohio," dan gee 'n mens ook nie om vir so 'n afskeid nie.
Die kunstenaars wat aan hierdie opname deel gehad het, is almal meesters van hul onderskeie instrumente en niemand is beter in staat as hulle, om u gashere te wees op so 'n reis na rustigheid en bekorende musiek nie.
Wessel Botha, Hawaiiese ghitaarspeler, is reeds jare verbonde aan die vermaaklikheidswêreld en het met sy instrument plesier verskaf aan talle konsertgangers en plateversamelaars.
Johan de Waal, die orrelspeler, het aan talle van Wessel se konserte en plaatopnames deel gehad.
So ook die ghitaarspeler, Dawie Gombault.
Hennie Bekker, klavier- en "vibraphone"-speler, het as gevolg van talle opnames, uitsendings en persoonlike optredes, geen bekendstelling nodig nie.
Roy Hanger, dromme, en Dennis Mortimer, basviool, is ook reeds veterane op die gebied van ligte musiek en soos die geval met Hennie het ook hulle geen bekendstelling nodig nie.
- KOSIE VERSFELD

vetseun
Maanlig Melodieë 10" ............ GLP 105 GALLOTONE
- Rudolph Nasser en sy Orkes met Wessel Botha -
Kant Een:
1. Drome
2. Silwer Hare Tussen Goud
3. Agmat
4. Fluisterend' Hoop
Kant Twee:
1. Heimwee
2. Kleine Liefling
3. Aan Die Einde Van Die Dag
4. Verlange
5. Blou Eiland

vetseun
Suidsee Drome ..........................
Sluimerland
Lewenslank
Nee Nee
Maanskyn En Rose
Saggies Klink So 'n Melodie
Die Swaeltjie
Westerwindjie
Annakie
Heimwee
Catherine Tango
In Die Skadu Van Ou Tafelberg
Tahiti, Verre Land


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )