SonsteekSonsteek - Breek Die Stilte
TuisbladSonsteek op FacebookTwitterSonsteek op MyspaceSonsteek op Last.fmSonsteek op YouTubeDiscogsWikipedia

Breek Die Stilte - 2006


Harde kitaar begroet jou met intrapslag, Gee my krag!! is drywend en dadelik is dit onder die kitaar luister vir die stem wat die woorde weergee. 'n Lekker opener (sjoe en ons soek daai), opbouer vir wat volg, alhoewel dit net so maklik aan die einde van 'n set sal pas as aan die begin. Icon rockkitaar is een van die takke van musiek wat Breek die Stilte voorstel en verken, as ons maar vir Stephan aanhaal, saggies,
.. ".. dis nie die kort sterk kappies nie, maar daai lang hard hale ..."
Baby is weer sulke kitaar distortion op sy beste, vol en met 'n riff wat mens aan heel aand ruk laat dink, hare orals. Dis ook 'n inleidingssong, drywend en voorbrandend aan wat nog volg, want jy sal later sien die CD klop so links van middel in jou bors, al klaar.
Want, so by nommer drie, is dit tyd. Oor 'n herhalende noot van 'n akoestiese kitaar is daar 'n paar stemme wat saamgeflans word in harmoniese erkenningslied nommer 1, saam met Reënboognasie.
.............. " ... klop aan ons deur ... "
Hoop julle De la Rey-ers sien daar's eintlik nog sulke breinkos, miskien nie so stadium vriendelik nie, maar dis lighter in die lug hou en in lang voorrye staan en saam links en regs swaai. Ons speel hom weer. Met presiese minimalisme word 'n uitroep na en hoop vir alle aangeraaktes, daar's geen voorvereistes nie, net die verstaan en miskien so bietjie verlang, kennis van die lei kan help. Soos ultra slow motion krieket op kliphard klassieke musiek (shot Wysdiman), afrikaans in sy nuutste volbors "soos een man sal" erkenning, absoluut. Niemandsland goed. En as ek mag, Platteland se goed.
Daar word eintlik lekker met klank gespeel en na die meer akoestiese ruimte gevoel is nommer vier nog so melankoliese ruimte gevoel totdat daar elektrisiteit regdeur jou serebrale korteks geforseer word en 'n moshpit om jou uit die niet ontstaan. Vinnige koor met ontploffende simbale en verse wat diep in die crescendos weggesteek word.
............. " ... soms sal ek ....... "
Die titel laat jou nadink, maar miskien besef jy die liedjies hou net nie op nie, jy "Die Wat Nog Omgee"-koor nog en nou is dit "soms sal ek"-ke die heeltyd, die vyfminuut liedjies kry jou, klaar. En as dit aanvaarbaar is, nommer 5 is sewe minute dude ... Op My Knieë ...
............. " ... fluister die sagte .... "
Amper eksperiment elektroniese gegenereerde dans musiek herhalende note maak vir 'n half spirituele ervaring alklaar, en daar's nog die reguit erkennende uitvraende stem in satyn naaktheid bo-oor ook ... Dit reën op die oomblik hier, probeer dit, Op My Knieë sal in enige weer werk though. 'n Sagte deurdringende lied, met vuurherd en rooiwyn en kombers ingesluit, geselsskap moet jy self reël ...
........... " ... steeds hou ons moed ... "
Met wat soos die binnekant van 'n komputer speletjie klink begin die Rooi Oorlog, 'n vinnige rondhardloop rocknommer. Daai mosh van vroeër is terug, en teen die tyd wat dit effens rustiger word vir die lirieke is daar al 'n paar ouens op die grond. Maar vuiste in die lug ....
........... " .... van my vergeeeeeeeeet !!! "
Daar's nogsteeds melodie vir die wat by die bar staan, maar die lead neem oor met regulariteid om ons maar weer in die skree-ery te dompel, dankie. Maar soos ons sê, die goed is lank, so uithou en aanhou en mosh, Rooi Oorlog is 'n stagedive song. Die CD is lank al epies, en dis nog ver van klaar af.
........... " ... weg is die sonskyndae ... "
Ons het gesê dit reën. Ons akoestiese begeleiding is weer by, en Ek Weet Nie word vinnig amper weer gespeel voor dit nog klaar is. In dieselfde naakte lirieke van Die Wat Nog Omgee word hier 'n meer persoonlike boodskap verwoord. 'n Inkykende oomblik rustigheid, 'n heerlike laatmiddag ballade. Skaap, wat met knersende kitaar en kort riffs so dansbaar is soos niks, is 'n hewiger nommer.
........... " .. ons gaan skape telllllllll !!! "
Ons vyand se lied, met 'n botteloopmaker kitaar lead en verdubbelende lirieke oor die vergewing en aanvaring van, kruip dit maklik onder jou vel in en Oorlog ons maar weer voort. 'n Goeie voorbeeld van die vergemaklikking van tydsverduur deur musikale uiting te gee aan van daai ingeboude gesindhede, rocker, saam met Op My Knieë en Bid van Radio Suid-Afrika die begin van ons Geestelike CD ... En dis 'n bul teen sewe minute van rondspring.
........... " .. ons paaie kruis, skadu's van jou .. "
As daar 'n gedagtesprentjie van die Mona Lisa verskyn, dan weet jy mos dit gaan mooi wees. 'n Lied aan die soekers van liefde in oë, met 'n perfekte vrouestem (Casandra Harris) wat die lied verewig in ons website. Indien ons puntestelsel uit sterre bestaan het, gee ons die sterrestelsel aan Sonsteek. Rock en nadenke oorlopend, dankie.
So as jy uitgaan en jy moet so 40km ry, deur een of ander voorstad, speel 1, 2, 4, 6, 8, 9 oppad soontoe, en as jy kan 3, 5, 7, 10, 3, 7 oppad terug, op jou Ipod as dit moet.
.......... " ... gee my krag ja, gee my krag ..."
Harde kitaar begroet jou neem intrapslag, Gee my krag!! is drywend en dadelik is dit onder die kitaar luister vir die stem wat die woorde behoort weergee. 'n Lekker opener (sjoe en ons soek daai), opbouer vir wat volg,

Breek Die Stilte . VONK015 VONK
1. Gee My Krag
2. Baby Vat Jou Goed
3. Die Wat Nog Omgee
4. (Kom-pen-dium) Skuld
5. Op My Knieë
6. Rooi Oorlog
7. Ek Weet Nie
8. Skaap
9. 70x7
10. Soektog Na Jou Mona Lisa
Sonsteek - Rooi Oorlog
Sonsteek CDs
Sonsteek - Ons Ideale
Sonsteek - Breek Die Stilte
Ons Ideale (2008)
.
.
.