Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Vlam
vetseunvetseun
Bevonk! ........................ AFRIMUSIK23 2001 AFRIMUSIK
1. Die Wilger
2. Wagtende Nasie
3. Eksperimente In Meditasie
4. Vier Seisoene
5. Lughawe
6. Boord
7. 70's Lovesong
8. Droom
9. Cybersong
10. Tempel
11. Somer In Die Kaap I (Klaaglied)
12. Somer In Die Kaap II
13. Die Hol Gevoel
14. Sequins & Leather
15. Hooker
16. Die Wilger (Minore Blades Remix)
17. Lughawe (Debrah Reprise)
18. Feniks

is Emile Minnie en Johann Slabbert

een van kknk2002 se meer vindings. elektronies en melodies, saam met 'n verteenwoordige gevoel en genoeg woorde en hoeke om enige ongeintereseerde te lok. vlam se CD volg ander "eksperimente" in afrikaanse aanbieding en teater, meer onder ... die CD neem jou saam ...
vetseun
Persvrystelling, Afrimusik :
Afrimusik bevestig hulle posisie as innoverende platemaatskappy met die vrystelling van een die mees "andersklinkende" Afrikaanse CDs van 'n lang tyd.Vlam se "Befonk" klink allermins soos enegiets wat onlangs op die plaaslike toneel verskyn het. Met die huidige ontploffing (en middelpad ontginning van die sogenaamde "alternatiewe Afrikaanse musiek" beweging) is daar skielik Vlam - Afrikaanse elektro pop met 'n sterk sweempie kabaret. Die toekenning van die Kanna prys (vir beste kabaret en musiek produksie) aan Vlam by KKNK 2002 is 'n goeie aanduiding van 'n sterk nuwe naam op die toneel. 'n Video oor die tv program "Geraas" gedurende April, en gereelde Radio tyd op RSG was die eerste tekens van sukses. Hulle CD "Bevonk" is in September 2001 benoem in twee"Geraas" toekennings-kategorieë. In die plek van sweterige rock lawaai van die regtig alternatiewes of die pretensiuese lirieke en voorkoms van talle van die "afgewaterde vir die kommersiële mark" Afrikaanse kunstenaars bied Vlam liedjies aan wat as byde pop songs vir die Radio bedryf dien as klankbaan vir hulle kabaret/musiek produksies. Na jare se droom, bykans twee jaar se voorbereiding en drie produksies rondom Kaapstad en twee by die KKNK later is die kritiese erkenning en "critical mass" daar om van Vlam 'n befonkte" sensasie te maak.
...meer oor die band
Sowat 'n jaar gelede, op soek na iets nuut en oorspronklik om vir my rubriek in die tydskrif Insig te resenseer het ek oor 'n demo CD geskryf wat ek gevoel het het die moeite werd is om berig oor te gee. Hulle sterk pop inslag en die naam van die groep het vir my geklink na iets wat met 'n lekker keurige produksie en harde werk en redelike bemarking behoorlik sou kon vlam vat. Ek het gedink hulle demonstrasie CD was goed genoeg om demonstrasie publisiteit vir hulle te verdien. Met titels soos "Befonk" (hulle eerste produksie) en "Vonk voort" (die tweede produksie) dink hulle skynbaar dieselfde. Die klank van die musiek, hoewel bekend en maklik op die oor was vir my nuut in Afrikaans, met sterk ooreenkomste met die groot Britse pop groepe soos Depeche Mode en Erasure van die jare tagtig. Dis egter die sweempie van kabaret wat die klank oorspronklik maak in Afrikaans. Dis beslis nie rock nie, ook nie vreeslik alternatief nie, te kompleks vir suiwer ligte pop en te pop vir kabaret. Dus, so sonder kitare en baie keyboards is hierdie bekoorlike duo sekerlik die etiket elektro-pop werd, hoewel, soos dit maar met kategorisering gaan, daar heelwat meer aspekte aan hulle musiek te verleen is. Geskat aan die gewildheid van groepe soos Eden en o.a die immergroen Nataniël kon ek beslis 'n mark vir hierdie kêrels insien. Die toekenning van die Kanna (vir beste kabaret en musiek produksie) prys aan Vlam by KKNK 2002 het my gevoel bevestig en is 'n goeie aanduiding van 'n sterk nuwe naam op die toneel. Tydens 'n kort telefoniese onderhoud met Vlam (vir die Insig resensie) het ek hulle aanbeveel om hulle volgende opnames by Frank Smuts (o.a. regisseur van die Griekwa psalm Randall Wicomb CD) op te neem. 'n Hele paar maande later was hulle CD klaar opgeneem by Frank, met meeste van die liedjies op die demo volledig ingekleur en vervaardig klink dit toe so goed as wat ek vir hulle toegewens het in die resensie. Intussen het Margueritte toevallig 'n navraag by een van Afrimusik se kliënte ontvang rondom "Befonk", wat toe slegs by konserte beskikbaar was. Kort na die video se verskyning op "Geraas" het meer mense navraag gedoen, en sy het besluit om dan maar te hoor of Vlam nie 'n Afrimusik band" wou word nie. Hulle het toe, en ek dink steeds dat, met harde werk en goeie bemarking, Johann en Emile 'n groot bydra tot die emansipering van die Afrikaanse musiekbedryf kan lewer.

Johann Kotze, 4 Mei, 2002 afrimusik


skakels : afrimusik.com : emileminnie.com :








2003 03 03-09 - Woordfees 2003: 2003 sien menigde woordlesings, voorlesings ens. saam met musiek en gedigte, Valiant Swart, Laurika Rauch, Brixton Moord En Roof Orkes, Nataniël, Kobus!, Laurinda Hofmeyr, Delta Blue, Hans du Plessis, Randall Wicomb, Vlam, Anton Goosen, Zebulon Dread, Dalene Matthee, Henning Pieterse, ddisselblom, en baie meer ... website
vetseun
vetseun





bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )