Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Vermis Teen Skemer .com
vetseunLAAI AFvetseun
Die Uil Psalms EP ............................ 2014vetseun
1. Maanskyn En Bose
2. Frankenstina
3. Nie Vir Sensitiewe Kykers Nie
4. 'n Boom Vir Alle Seisoene Dra Harte Met Gemengde Gevoelens

Vermis Teen Skemer se debuut EP, Die Uil Psalms, bied energie belaaide Punk Rock met saamsing koorgedeeltes, swiepende kitaar riffs en poëtiese lirieke wat 'n ryk landskap skep waardeur elke liedjie beweeg. Hierdie versameling van liedere vestig 'n goeie balans tussen die dens ritmes, knersende kitare en melodieë wat met hul aanloklikheid jou in hul web vasvang en soos die gif van 'n knopie spinnekop jou are met die opwindende musiek inkleur.

Die Uil Psalms is gedurende einde Desember 2013 en vroeg Januarie 2014 opgeneem by die legendariese B-Sharp Studios in Boksburg, onder die deskundige leiding van JP De Stefani. Talle invloedryke groepe (Fokofpolisiekar, Van Coke Kartel, Fuzigish en aKING - onder andere) het al by B-Sharp Studios hul drome laat materialiseer. So ook het De Stefani vir Vermis Teen Skemer gehelp om die nodige krag en energie van hul liedere vas te vang.
vetseun
Tom Hughes, wat dromme speel vir die ewe-legandariese Punk Rock groep Fuzigish, het ook sy talente verleen tot Vermis Teen Skemer. Hughes se bydrae het 'n soliede bastion gevestig wat die rugraat vorm van die liedere en wat ook die luisteraar meesterlik deur die verskeie nuanses bestuur.

Die Uil Psalms open met 'n wolfshuil wat ver weergalm in die soniese landskap, waarna die eerste vers van Maanskyn En Bose open. Die sag/hard dinamiek in hierdie liedjie laat behoorlik die adrenalien vloei sodra die eerste koorgedeelte inskop. Verder word die liedjie atmosferies ingekleur deur Rochelle Botha se kitaar werk, wat ook 'n hoogtepunt bereik wanneer dit ontplof in 'n kitaar solo wat sowaar die wolwe roep.

Frankenstina demonstreer Vermis Teen Skemer op hul mees melodies met 'n spoedige hou-vas-of-jy-gaan-afval ritme. Nie Vir Sensitiewe Kykers Nie en 'n Boom Vir Alle Seisoene Dra Harte Met Gemengde Gevoelens se mid-tempo gee weer 'n platform vir Die Uil Psalms se grootste saamsing koor gedeeltes.vetseun

Die lirieke strek van die ietwat tong-in-die-kies humor van Maanskyn En Bose en Frankenstina na die eksistensiële en metafiese landskap van Nie Vir Sensitiewe Kykers Nie en 'n Boom Vir Alle Seisoene Dra Harte Met Gemengde Gevoelens. Elkeen bevat ryk beeldspraak en temas wat 'n interessante storie vertel en die luisteraar op 'n reistog neem deur hierdie vreemde donker landskap.

Rakende die EP se titel Die Uil Psalms gee voorsanger André Kluyts verdere verduideliking: 'Die titel is eintlik baie eenvoudig in dat Die Uil Psalms letterlik beskryf kan word as liedere van die aand. Die Uil is 'n majestueuse en misterieuse kreatuur van die aand, en die woord Psalms is 'n verwysing na liedere. Dus het Die Uil Psalms as die perfekte beskrywing gevoel vir hierdie versameling van liedere wat by tye deur donker beskrywings beweeg, maar ten alle tye hul melodiese kwaliteit behou.vetseun

Die Uil Psalms word volledig afgerond deur 'n indrukwekkende kunswerk behartig deur Dale Romero, wat al die pad van die Fillipyne afkomstig is. Kitaarspeler Rochelle Botha brei verder uit: 'Die voordeel van die internet is dat mens deesdae die geleentheid het om met kunstenaars van regoor die wêreld saam te werk. Ons was baie beindruk met Dale se portfolio en was bly toe hy ingestem het om hierdie kunswerk vir ons te skep. Dit was toe'n baie interessante samewerking gewees waar mense vanuit totaal verskillende lande en kulture saam aan 'n idee kon werk en iets besonders skep. Dit is inspirerend dat ons musiek deur so 'n kunswerk verteenwoordig gaan word.

Die Uil Psalms is vanaf 25 April 2014 gratis beskikbaar om afgelaai te word vanaf die webtuiste www.vermisteenskemer.com.

vetseunLAAI AF
Frankenstina CDS ............................. 2014

vetseun


skakels : vermisteenskemer.com : facebook












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )