Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
TweeSlag .co.za
vetseunvetseun
Vakansie Hou .............. CDASD036 2006 ASP RECORDS/SELECT
1. Betta Fordvetseun
2. Huise By Die See
3. Net Vir Jou
4. Nanna's Girl
5. Vakansie Hou
6. Koppie Koffie
7. Rugsak
8. Mooie Vrou

ook op :
Rots 3 kompilasie


skakels : tweeslag.co.za









2007 01 23 - HiKaToRi, Duskant Ombliksem, TweeSlag, Back2Basics, R30
vetseun
kannie asemhaal nie... vetseun
Nogal uitgesien vir die een. So effens voorberei, favourtie swart t-hemp en sulke goed, en as die goeters goed is, aangehaal, dan weet jy mos. 'n Drietal Afrikaanse rockbands, kom na ons voorstad, 'n merkwaardig insiggewende deursnee van musiekstyle, 'n bree aand vir die wat game is.
Met die eerste bier is dit Tweeslag aan die mic. Harde dromritmes en kitaar, met lekker gedigte oor, saamsing kore, en so bietjie crowd participation maak vir 'n goeie begin. Die nommers van hul CD Vakansie Hou maak almal 'n verskyning. Daar's ballades en rockers, almal met die onvermeidelike Tweeslag klank, wat so effe tong in die kies kla oor die werklikhede van vrouens en sulke dinge, besing.
Na die Tweeslag bydra, is Duskant Ombliksem aan die beurt. So bietjie verstel aan klanktoerusting en dis aan. Daar's 'n nuwe byvoeging, wat die band 'n bietjie bas verskaf, alles goed.
Soos links, skop hulle af met hul "ATKV"-song Doennit In Afrikaans, 'n lekker rock nommer wat in die taal lewe aanhits. Hulle speel 'n klomp rockers, die klem wat val op harde lirieke en van dieselfde soort kitaar begeleiding. 'n Aansteeklike vibe, die band gaan nog baie mense gelukkig laat.
Die verhoog word deur die HiKaToRi manne ingeneem, rondgeskuif en na 'n bietjie voorstel ens, begin die aanslag. Die kleinerige venue word oombliklik met klank gevul en daar word letterlik malgegaan deur almal.
Wat miskien as 'n rustige aandtjie begin het ontaard is 'n geskreeuery en mense wat rondhardloop, party met kitare, meeste totaal rigtinglos, en gneietend aan die knersende klanke vanaf die band. bo en behalwe die gewone treffers word 'n nuwer een ook na vore gebring en glo ons, dit gaan nog net harder word...
Met crescendos en swiepende hare, is die ritmes aansteeklik en skree en juig die mense rondom die klank oponoudend. Die kitaar riffs en slaginstrumente word weer inmekaar verstrengel om 'n komplekse klankgolf te maak, met oorgretige lirieke en kore daarby. So dat mens half bangerig raak as die voorbok sy mic holster en na die tromstokkies vat om so bietjie amok te maak, uitfknstekend!! Kry hul CD nou, dis net so voorsmakie maar nodig..
vetseun

2007 06 29 - TweeSlag, Maloney's, Hatfield, 21:00


bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)