Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
The Central Malay Choir
vetseun
Malay Quarter - Songs Of The Cape Malays Vol. 2 LP .
Kant Een:
1. Nuwejaar
2. Boereseun
3. Wat Hoor Ek Hier In Die Middel Van Die Nag
4. Boomstraat
5. Ons Land Suid-Afrika
6. O Lammadie
7. Ghoummaliedjies
Kant Twee:
1. Ghommadans
2. 'n Iedere Nasie Het Sy Taal
3. Die Waterloo
4. Nou Trek Die Boer
5. Die Ruitertjies

vetseunvetseun
Malay Quarter LP ............... GALP 1073 GALLO
Side One:
1. Alabama - January, February, March
2. Ghommaliedjies
3. Rosa
4. Piet Hein
5. Oom Jakkals
6. Die Beren
7. Jan Piet
Side Two:
1. Beestepote
2. Nylon Bokkie
3. Zou Daar Een Magertjie Vroeg Opstaan
4. Al Is Er Ons Prinsje Nog Zo Klein
5. Ghommaliedjies
6. Tant Fiena Snuifbek
7. Ry Hom Boetie

Side One:
1. DAAR KOM DIE ALIBAMA
No collection of Cape Malay songs would be representative without this theme song, based on the visit of the Confederate clipper Alabama to Table Bay in 1863. Ghommaliedjies are often strung together, which explains the insertion of the well-known January, February, March. In any case, as so often happens in the folk songs, the two parts of the Alibama are irrelevant as far as the text is concerned.
2. GHOMMALIEDJIES
At the picnic, a ring (krans) is formed, the players joining hands and walking in a circle while one verse of an old traditional song (generally a wedding song) is sung. At the end of the verse, the drummer who sits in the middle of the circle, starts a ghommaliedjie and the players split up to dance in groups of three. The ghommaliedjie is also known as an afklopliedjie.
3. ROSA
This is one of the most popular of the wedding songs. The soloist leads the choir in oriental style, with numerous glosses which do not appear in the choral work. The text indicates Cape origin.
4. PIET HEIN
One of Holland's best known patriotic songs based on the capture of the Silver Fleet of Spain.
5. OOM JAKKALS
An amusing example of a moppie in which Brer Fox in some way gets linked up with Batavia.
6. DIE BEREN
The Dutch Moppie, of which this is an example, has been almost completely superseded by the Afrikaans comic song.
7. JAN PIET
A particularly lighthearted moppie in which everybody (domestic pets included) is invited to go to the koringland (cornfield).
Side Two:
1. BEESTEPOTE
A good example of a moppie (comic song). This type of song often reflects local conditions. In this case, the singer tells how he meets various girls carrying delectable baskets of - butcher's meat !
2. NYLON - BOKKIE
Old and new often meet in the moppie. Here we have the traditional Malay minta maaf (used to introduce a request) interwoven with such modern concepts as nylon and the Kwela.
3. ZOU DAAR EEN MAGERTJE VROEG OPSTAAN
One of the most interesting and oldest of the folk songs of Holland, this is sung at the Cape as a wedding song.
4. AL IS ER ONS PRINSJE NOG ZO KLEIN
This little song has perpetuated the determination of the people of Holland to make their little prince their ruler.
5. GHOMMALIEDJIES
As with the Malay pontum, the ghommaliedjie is ever on the move, with new permutations, sometimes added on the spur of the moment.
6. TANT FIENA SNUIFBEK
The comic element in the moppie is often linked with a tendency to mock, and is then described by the older Malays as a skemliedjie (skimliedjie).
7. RY HOM BOETIE
As in the ghommaliedjie, rhythm is a first essential for the moppie. Various songs are introduced here, but in all the rhythm is preserved. - Dr. I.D. du Plessis.

SONGS OF THE MALAYS
The Cape Malays, whose ancestors came to South Africa from the Dutch East Indies, have developed a way of life which is a mixture of East and West. As a result of contact with the Dutch colonists in Cape Town over more than two centuries, they acquired many of the folk sqngs of Holland, adding some of their own making.
These songs fall into four main classes: -
(i) The traditional wedding songs.
(ii) Dutch folk songs of various kinds.
(iu) Moppies (comics).
(iv) Ghommaliedjies (picnic songs).
The instruments generally used are guitar, banjo, cello (called a bas and often played slung over the shoulder) and ghomma, a drum made by stretching a skin over the one end of a small open wine vat.
The Cape Malays are a singing cummunity; at weddings, informal gatherings and picnics their songs, alternately nostalgic and gay, are enjoyed by all. On New Year's Eve the choirs serenade their friends throughout the night. Their annual choral competitions are a feature of Cape life and are followed with keen interest by thousands of their supporters.

Kant Een:
1. DAAR KOM DIE ALABAMA
Goen versameling van Kaapse Maleierliedjies kan verteenwoordigend wees nie sonder hierdie kenwysie gebaseer op die besoek aan Tafelbaai in 1863 van die Alabama, oorlogskip van die suidelike Amerikaanse state. Soos in die geval van Ghommaliedjies waar die een so dikwels met die ander saamgehans word, vind ons hier die byvoeging van die welbekende January, February, March. Die een deel van die Alabama het niks te doen met die ander nie, wat baie keer die geval met volksliedjies is.
2.
GHOMMALIEDJIES
By die piekniek neem die spelers mekaar se hande en vorm 'n kring (krans). Hulle loop dan in 'n sirkel terwyl een vers van 'n ou tradisionele liedjie (gewoonlik 'n bruilofslied) gesing word. By die einde van die vers begin die tamboerslaner wat in die middel van die kring sit, 'n ghommaliedjie, en die spelers verdeel om met hul drieë te dans. Die ghommaliedjie is ook bekend as 'n afklopliedjie.
3. ROSA
Hierdie is een van die mees populêre bruilofsliedjies. Die solis lei die koor op oosterse wyse met baie verglyingewat nie in die koorstuk voorkom nie. Die teks dui op Kaapse oorsprong.
4. PIET HEIN
Een van Holland se bekendste patriotiese liedere na aanleiding van die verowering van die Silwer Vloot van Spanjé.
5. OOM JAKKALS
'n Amusante voorbeeld van 'n moppie, waarin Broer Jakkals op een of ander wyse aan Batavia geknoop word.
6. DIE BEREN
Die Hollandse ...ie waarvan hierdie liedjie 'n voorbeeld is, is byna geheel deur die Afrikaanse k...e liedjie vervang.
7. JAN PIET
'n Besonder opgewekte moppie waarin elkeen (huis-diere ingeslote) na die koringland uitgenooi word.
Kant Twee:
1. BEESTEPOTE
'n Goeie voorbeeld van 'n moppie (komiese liedjie). Plaaslike toestande word dikwels in hierdie soort liedjie weerspieël. In hierdie geval vertel die sanger hoe hy verskeie meisies ontmoet wat heerlike mandjies vleis van die slagter af bring.
2. NYLON - BOKKIE
In die moppie ontmoet die oue en die nuwe mekaar dikwels. Hier het ons die tradisionele Maleise minta maaf (gebruik om 'n versoek te rig), saamgestrengel met sulke moderne begrippe soos nylon en die kwela.
3. ZOU DAAR EEN MAGERTJE VROEG OPSTAAN
Een van die interessantste en oudste volksliedjies van Holland. Dit word aan die Kaap as bruilofslied gesing.
4. AL IS ER ONS PRINSJE NOG ZO KLEIN
Hierdie liedjie het die vasberadenheid van die Hollandse volk om hul prinsie hul heerser te maak, verewig.
5. GHOMMALIEDJIES
Net soos die Maleise pantun is ook die ghommaliedjie altyd aan verander, met nuwe permutasies wat soms op die ingewing van die oomblik bygevoeg word.
6. TANT FIENA SNUIFBEK
Die komiese element in die moppie kom dikwels uit in 'n neiging om die spot te dryf en word dan deur die ouer Maleiers beskryf as 'n skemliedjie (skimpliedjie).
7. RY HOM BOETIE
Soos in die ghommaliedjie is ritme ook by die moppie 'n eerste vereiste. Verskeie liedjies word hier aangebied, maar die ritme word in almal bewaar. - Dr. I.D. du Plessis.

LIEDERE VAN DIE KAAPSE MALEIERS
Deur die Kaapse Maleiers wie se voorouers na Suid-Afrika uit Nederlands-Indie gekom het, is 'n lewenswyse ontwikkel wat 'n mengsel van die Ooste en die Weste is. As gevolg van noue aanraking met Hollandse koloniste in Kaapstad oor 'n tydperk van meer as twee eeue, het hulle baie van die volksliedjies van Holland aangeneem en sommige van hul eie daarby gevoeg.
Hierdie liedjies kan in vier hoof klasse verdeel word: -
(i) Die tradisionele bruilofliedere.
(ii) Hollandse volksliediies van verskeie aard.
(iii) Moppies (komiese liedjies).
(iv) Ghommaliedjies (piekniekliedjies).
Die musiekinstrumente wat algemeen gebruik word, is die ghitaar, banjo, tjello ('n bas genoem: hangende aan die skouer bespeel) en 'n ghomma. Laasgenoemde is'n tamboer wat gemaak word deur 'n vel styf oor die oopkant van 'n klein wynvat te span.
Die Kaapse Maleiers is 'n singende gemeenskap. Hul liedjies, om die beurt vol
heimwee en vrolikheid, word by bruilofte, informele byeenkomste en pieknieks deur
aimai geniet. Die ganse uoujaarsnag sing hul kore by die huise van hul vriende. Hul
jaarlikse koorwedstryde het 'n instelling aan die Kaap geword en word deur duisende met groot belangstelling gevolg. - omslag


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)