Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Terror MC


Terror MC - Dai Hip Hop met Raymon Spitfire VID >>> (2020)

2020 09 22 - Terror MC "Dai Hip Hop" met Raymon Spitfire SINGLE+VIDEO LAUNCH
vetseunLAAI AFLAAI AF
Dai Hip Hop met Raymon Spitfire CDS . 2020
- LIED VAN DIE DAG 2020/09/22
- LYN VAN DIE DAG 2020/09/22 - ... " ... don't choose the melody over the rhyme want hierdie is heavenly devine, design van die masses om te overstand, want enige tyd le jy below the sand om te understand ... " - Terror MC - Dai Hip Hop met Raymon Spitfire


Terror MC - Dais Die Move met Stigo Vibe VID >>> (2020)
- VIDEO VAN DIE DAG 2020/08/07


Terror MC - Karma VID >>> (2020)
- LYN VAN DIE DAG 2020/08/10 - " ... so tsaais my anne dinge, in die lewe vol veranderinge, wat jou laat slice saam met bra's met anne vrinne ... "
- VIDEO VAN DIE DAG 2020/08/06


Yasiin Bey aka Mos Def - Traveling Man (Terror MC Remix) VID >>> (2020)
- VIDEO VAN DIE DAG 2020/08/10


Redman - Saga Continues (Terror MC Remix) VID >>> (2020)
- VIDEO VAN DIE DAG 2020/08/11 - Redman - Saga Continues (Terror MC Remix) VID >>> (2020)

vetseunLAAI AF
Rise Up met Stigo Vibe CDS .......... 2020
vetseun
vetseunLAAI AF
Fear CDS .................................. 2020


Terror MC - Represent VID >>> (2019)

vetseunLAAI AF
Yes Yes Y'all CDS ............................. 2019
- LYN VAN DIE DAG 2020/08/11 - " ... Cape Town, Boombap daais die testament, Afrikaans worldwide daais die testament, van Mcees soos ons represent ... "

vetseunLAAI AFLAAI AF
FEAR (False Evidence Appearing Real) . 2019
1. Intro
2. Food Chain
3. Adrenaline Rush
4. Interlude
5. Fear
6. Claiming
7. Yes Yes Y'all
8. Skit
9. Live Innie Ghetto met BiX C
10. Flatse Survival
11. Time met Nicky Rose
12. Indoctrenation
13. Soul Survivor
- LIED VAN DIE DAG 2020/08/10 - Time met Nicky Rose >>>
- ALBUM VAN DIE WEEK 2020/07/27

Die ding fok nie rond nie... Fight in the way of god... En ons haal nog nie eers aan nie... Terror MC.. half documentary, half vertelling, half bybel... half fokken reguit truth... kom op..
FEAR False Evidence Apppearing Real..
Kom ons gaan.. die doccie is aaneenhudend onophoudend Afrikaans soos jy nog nooit gehoor het nie.. Ons kan Aias opnoem wat op die level aangaan, maar daars min.. eerste song en ons hoor dis boom bap maar met die aaneenhoudende terrror oor die beat... as jy dink daar tyd om te dink .... back up/// Ons [raak nog nie eers oor de mcees die die song nie... as mens uiteindelik 'n hook kry is dit soos water in die woestyn... Food Chain.. daars te veel woorde om te probeer verduidelik wat aangaan.. die idee is flow... lettergrepe en woorde en idees en voorskrewes word vinnig genoeg afgelewer om enige normale verstaan te stump. Teen die tyd wat die ritme en stem saam kom en Terror begin sin maak, is jy klaar in. 'n Sekere kalmte en stilte en rustigheid word geverg om die lyne ryme te volg en dan is dit oneindig, Terror reguit, om eerlik te wees, soos altyd... Met die intro wat die doccie stemming bring en dan die ritmes en woorde, die perfekte stap musiek, soos 'n fim wat om jou afspeel met puntenerige verteller op fastforward. Food Chain word voorskrywend terwyl verduidelikkend aan die "energy flow" van die MC lewe, 'n POV van die skryf op papiere tot die crowd movement in clubs, 'n statement en waarskuwing ineen vir die mede entertainers, "Bruce Wayne"'s ons almal.
.... " ... movement, wat my define as 'n MC, met die improvement word gebeheer in weerkaatse om te probeer as ek groei in my leerfase, maak ek jou laaste op die lys ... " ...
So nou is almal op 'n level, reg? Adrenaline Rush, selle spoed, hoe dan anders. Deur op verskillende stages en mics orals oor te wees in die laaste jare is daar min wat meer kan vertel van consciousness oordra, om daarmee te loop, om daarmee te lewe, om die reaksie van ander te sien as hulle agterkom... Hier word jy omsingel deur 'n rymer wat sy kuns ken en 'n spinnerakliedjie gemaak wat jou nie sal laat uitkom nie. Niks ego of grootpratery nie hie nie, word net mooi vertel wat reeds gebeur het, en dat jy saamsing met jou Adrenaline Rush, terwyl jy dit in jou are voel, hop of nie, Terror, ek het gese... Nou biekie meer oor die storie, so stadige beat, help niks as stream of ryme man aan die woord is nie... van teruggee en aanhou en sien van hoe mense kom en gaan uit 'n scene wat nie altyd maklik is nie..., oorsien van ander se tekortkominge en elke nou en dan Afrikaans gehashtag. Genoeg notas om jou huishoudelike notaboek versameling sal volmaak, hier song drie, as daar 'n koor is haal jy asem, andersins, rewind en luister weer, tot jy dit trip.
.... " ... verlede, want freedom of speech gee jou die reg om jouself te express, want hulle voel vere ... " ...
En terug na die Karate fliek gevoel, op 'n ou TV, wat jou onbekende dinge leer, en in die skit kan ek nie help om te dink aan "Real Eyes, Realize, Real Lies" van Machine Head nie... sagte deurdringende herhaling van die obvious moet help, glo ons ook, vertellend om die miskonsepsie van media en bang wees vir bangwees, die eggoende realiteit terug op homself deur groot speakers... prag... als oor 'n sondagmiddagsonnetjie beat.
.... " ... time is an illusion ... " ...
FEAR is aan die woord, en op nommer vier voel dit al soos die middel van die CD, klavier note draal stadig voor Terror begin, oplettend rymend oorvertellend van die realiteit tussen mense, hier word die vinger reguit teen die bors gedruk en "wat saakmaak" word gerym met oorlewing en vriendskappe, aardsplat dag tot dag Terror, vraend aan die mees intieme persoonlik persoonlikheids vrae, wys van hoe mense miskyk wat hul voor kyk, hoe mense weet wat hul vergeet, die kennis vloei sommer maklik hier, met daai note herhalend, amper tergend herhalend, hoe hiphop moet wees, basic beat, move my lirieke, Terror. Gefokus op die oomblik waar die album titel naammaak, wanneer die "mentality van die system" nie aan jou kant is nie en "onder mekaar die love" verloor word, maar groovy asof ons almal in ou geposhde karre rondry, soos daai ding in Dai Hip Hop se cover, gelukkig, maar hier, meer wys.. Titel track wat skop.
... " ... Hey jou ek dink diep soos my ink lek op my blaai deur my pen wat ek opwen soos 'n ... " ...
Dis nou rustig hier, bier gekoop, Donderdag is mos amper naweek, en ons is in die vleis, diep in daai Karate fliek en die boom en die bap byderhand, niks probleem van technohop of gothhop nie, maar die betekenis en woordtekeninge word "skokkend vind" in die basiesheid, kompleks soos 'n spiraal, agterstevoor, maar vinniger. As jy gisteraand 'n caricuture gisteraand gekry het, en onthou hoe die kunstenaar dit geteken het, nou die musiek is soos daai onthou, knipjou mindseye en jy's daar.. maak jou bors mooi oop, want hierdie adrenalien gaan nie ophou nie, dis nou Claiming dat dit nommer ses... Die soort track waar jy heel maklik kan claim dat jy hiphop luister van die begin af, voor elektrisiteit, of liewer toe bars getel het en strandhuise en karre nie getel het nie... daai lyn van hiphop word hier duk getrek, "wat 'n lyn is wat nou baie nou is", soos die album in homself wegraak. Ons love dit.
... " ... wanne word die regte guidance gegee nie, die messenger is onder jou neus wat jy nie sien nie ... " ...
Yes Yes Y'all bring daai ou skool hip hop gevoel na die skares, asof jy daar is, begin daar 'n "One two..." en dan gaan ons, jy kan die lywe om jou voel, die bier in jou hand, die rook in die lug, en die oorverdowende beats wat "boom en die bap" aanmekaar bring, hierdie ding ruk, befok. Die tromptte en orkestrasie word alles basslines en amper dubstepperig in vetheid terywl Terror aanfok oor die verspersoonlikking van 'n rapper "uit die guuter!!" as dit jou nie beweeg nie, wat. Ons speel hom weer en alhoewel T se hy vloek nie, daai pas mooi in, geen ander manier nie. As FEAR die middel was, is hierdie die middel van daai, amper kwaad gelukkig met die lyne wat gespoeg word vanaf 'n vir hoog vir almal. Ingeval jy wou geweet het van die ondergrond mic lewe...
... " ... Cape Town, Boombap daais die testament, Afrikaans worldwide daais die testament, van Mcees soos ons represent ... " ...
Asof daar nie genoeg realiteit is nie... SABC News clips maak die skit se impak meer plaaslik en naby... aaanhouend van die Karatefliek nuusberig waarna ons luister.
... " ... the drugstrade is everywhere here, it's mthe main employer, it can put food on the table, when no else will ... " ...
Eerste colab op die CD, Bix-C kom al lank saam Terror, en het 'n boek vol ryme self, hier is die twee saam met 'n laidback beat maar altwee Mcees verdubbel alles wat gese word, so dis weer tweekeer luister, of rewind... Terror begin beskryf aan mclewe en miskyk van feite, opblaas van vals feite, en social ills in die algemeen, voor jy jouself kry om saam die koor te sing is Bix-C besig met sy eie beksrywende woordspel en spelwoorde. oor 'n herhalende boom tik boom boom tik, kan mens net wag vir kore, en rewind indien iemand iets gemis het. Tweede rym vir Terror, en ons begin nou eksistensialisties net praat oor bestaan en gelukkig wees... op spoed, weer asseblief, ... " ... die mens is verbasend, soos 'n plaaskind, wat sy kans vind om dit te vat in die stad in ... " ... kom naby genoeg aan hoe dit hier gaan, glyend aan informasie versprei in amper 'n patois dialek. Doen jouself 'n guns en gaan luister vir Bix-C ook hier ... Hosss!!!
Asof ons nie oor 'n mooier beat kon afgaan nie, maar Terror Vision Productions sal mos nou nie... die jazzerige samples wat die beat vergesel maak vir niks rustiger rep nie... Moet die sample Google... anyway Terror gebruik die tyd "oumensstories" te ontknoop en explain, 'n matter-of-fact woordspeling op wat gebeur in Tyd. Amper meer subliminal as die meer reguit liedjies, hier dink jy jy dans, maar jy's eintlik in die kerk, soos 'n rasta shack, in Afrikaans, rewind <<< dis wyd en oneindigend... " ... time waits for no man, wat jy realise soos jy agter raak ... " ... en rewind is seker teen die reels... maklik swith the man to English and doesn't dissapoint even closely, check some of he's earlier tracks to see some English spitting, meeste van Time met Nicky Rose is rustig, maar alhoewel waarskuwend hard en dubbletime. Weereens soos 'n goeie boekstut is die herhalende beats en minimalistiese melodiese samples wat saamspeel. Amper 'n nostalgiese gevoel vir die album waarna jy luister.
Twee oor. Ons het nou Time seker ses keer geluister, dis net knowledge sonder pretense, damn heeltyd, kry vir jou. Nou is dit Indoctrenation, 'n kwaai een wat ons al hard op gestap het, Ontdekkersweg is snaaks genoeg heel gelukkig met hoodies en hiphop... Indoctrenation skryf sommer in donker graffitti alles oor alles, ons begin direk met Capitalise, Pyramid Schemes en Self Esteem, en van daar net dieper en rondom persoonlikheid en lewe experience, in die media heavy realiteit waarin ons almal moet vrede en sin maak... dis net feite en woorde links en regs, en miskien peak die album nou? nee, maar dis vinnig en Terror het data, ons rewind want daai een lyn... " ... wat die media se, en wat die TV wil he, moet jou breinwash, soos wasgoed op 'n lyn vas ... " ... Ons is nog op daai lyn, in konteks maak geen aanhaling hier sin nie, hier is drie CDs se teks op een CD... "Drugs Crime en Manipulation!!!" Sing saam was nie 'n request nie... as jy kan volg, spiritueel, Visueel saam Locurl. Ons sal met tyd seker nog teks add, hierdie ding is Jazz!! Asof ons in die nuwe tyd gewoond geraak het aan iTunes en Spotify, hier 'n CD wat mens moet luister in sy vol lengte, 'n gevoel en ritmiese geluk word amper subtiel afgeforseer, net nog dink heeltyd. Befok. Mal.
Ok, nou ons weet Soul Survivor is amper trippeltyd, want dis asof Terror dink ons het nie geluister nie, asof die laaste track moet opmaak vir al die lekkerkry is die CD... Ons begin "Checkit uit one..." en dan verdwaal jy amper in die storie van verskillende persone en persoonlikhede wat verby vlieg in die ... LYN VAN DIE DAG 2020/09/11 - " ... flow wat ek hou in die pyplyn soos 'n loodgieter, maar more real, 'n doodskieter ... " ... Mens kan gelukkig alles weer speel, maar die Adrenaline Rush van so naby aan die einde wees van soveel info so intens en ernstig aangebied oor 'n al hoe lekkerder beat, kan mens nie glo... ons is nou al by alles aanhaal... KOOP DIT ... " ... van 'n bra wat 'n storie vertel met 'n bevel van kaptein oor 'n landmyn agter 'n sandduin ... " ... ek bedoel, hy fok nou net met ons. Eks uit.. Sal nog kom se na 'n Corner Lounge bier... peace.

vetseunLAAI AF
Moetie Krapie CDS .......................... 2019
- LIED VAN DIE DAG 2020/08/08

vetseun
Moving On met Miss Understood & Stigo Vibez (Prod. deur Terror MC) CDS . TERROR VISION PRODUCTIONS


BreiMasjien - Ooh Sh!t VID >>> (2018)
- VIDEO VAN DIE DAG 2020/08/09
vetseun
vetseun
BreiMasjien - Ooh Sh!t (Cuts by Mr. DIY) (Prod. deur Terror MC) CDS . 2018 BOOMBAP TOWERS/BROEDERBOND

vetseunLAAI AF
Krapie Die Don - Twee Kante met Terror MC CDS . 2017 RYMKLETS REPUBLIEK


Terror MC - Feel Die Vibe VID >>> (2014)

vetseunLAAI AFvetseunLAAI AFvetseun
The Bio ................................................. 2014
1. Intro
2. Ek Is Hier
3. Frustration met Manta
4. Interlude
5. Girla
6. Brighter Day met Caz Kariz & Manta
7. Return Of The Boom Bap (Instrumental Skit)
8. Emcee
9. Kinders (Acapella)
10. Never Easy met Maqwatini
11. New Cats (Skit)
12. Feel Die Vibe
13. Uit Die Verte
14. Special Delivery met Caz Kariz
- LYN VAN DIE DAG 2020/08/09 - " ... dat ek die beat met respek en maniere dra op my skouers al raak my spiere klaar ... " - Special Delivery
- LIED VAN DIE DAG 2020/08/07 - Feel Die Vibe >>>
- LIED VAN DIE DAG 2020/08/06 - Ek Is Hier >>>
- LYN VAN DIE DAG 2020/08/06 - " ... kinners word heen en weer gemanipuleer, onder jou neus gesit, wat dit gebeur in jou gemeenskap - Kinders (Acapella)
- LYN VAN DIE DAG 2020/08/04 - " ... Is jy verseker van jou saak, bra?... " - Uit Die Verte

En daar is dit! Die nuwe Terror MC, The Bio. Na 2008 se Street Life kan ons nie wag nie.
vetseun
................. "Soos medikasie.... " ..................
Ons word eers so bietjie verlei deur 'n luierige beat, met 'n opbouende stringsection, wat die afwagting so effe verleng. Maar Ek Is Hier is tussen die oë... 'n rocker van 'n trek wat Terror in die middel van die map sit, vanwaar hy vingerwys en mense chant, links en reg. 'n massiewe trokgeluid bring ons by die beat wat stekerig as agtergrond positiwiteit rol speel, met Terror wat bo-oor absoluut malgaan. Rewind... Aanmekaar woorde, wat net elke nou en dan tot rus kom om te rym, of ritme gee met alliterasie waarby mens sukkel om by te hou. Stukkend track, nommer twee...

................. "Dit gebeur net vir die.... " ..................
Frustration is die eerste single van The Bio af, kry dit hier. 'n Kollaborasie met Manta, skop hy met 'n lekker amper ou-skool beat in, meer lekker as enige iets anders, sagte sample vir so bietjie emosie/nostalgie. Terror spoeg 'n mean paar lyne, wat half die frustrasie van die hedendaagse verduidelik, en ander half opbou en inspireer teen 'n spoed. Net voor Manta met die Engelse koor inkom, voel jy hoe TMC jou in die oë kyk... Die is so lekker soos van my fav Black Noise tracks, uit die laat negentigs, WNNR!

................. "Ons is dieselfde, ons is .... " ..................
Daar's so bietjie asemhalingspasie, 'n skit oor meisies en miskonsepsie, en ware liefde. Girla se glockenspielagtige klanke en die diepbasbeat is prag. TMC hier aan die ophewing van die vrou, met 'n saamsingliedjie gemaak vir die strandsessies en bier. Oorvol eerlikheid en beskrywings van mooiheid en nder mans. Weereens 'n koning track, vinnig liefhê hierso.

................. "en daais wa alles beginne .... " ..................
En daar gaan die sub... Sjoe, die beat is soos 'n ... Terror in Engels, wag rewind... Perfek, mal. Terror hier in Engels, wat hom 'n superinternasionale klank verleen, just as quick as his Afrikaans verses, Terror MC here with Manta again plus Caz Kariz whom both deliver rolling verses in the TMC vein. They overlap seamlessly en wanneer daar so paar Afrikaanse lyne ingewerk word, is ons oor die maan. The beats double up towards the end (I think), we are going again... That string vocal thing is so mesmerising, humming excluded. (Werk ook goed in die Tazz.)

................. "Ek's die meester van Ceremonies.... " ..................
So kopknik na een van die man se voorgangers en 'n absolute tydlose digter en gemeenskapswerker, en overall koning, KRS-One. So paar note word opgemeng en opgedis, respek. Haal asem, want Emcee is weer mal. Diep bas begoret jou met TMC wat skree om die bloeddruk so bietjie hoër te kry, rewind... Die ryme vertel van menigte verhoë en gatherings waar die man aan die woord is. Meestal vertelling, maar daar's so paar waarskuwings ook. Oo, en daai koor, gooi hom: "... noem my Emcee, want al die mense innie plek hulle ken my dan hie!!..." (met Darth Vader)

................. "Afrikaans as my weapon.... " ..................
Never Easy met Maqwatini word deur 'n ernstige woordgedig ingelei. Reguit, ernstig, uitroepend. Never Easy vermeng weer Terror se afrikaanse ryms met 'n English choir, this gives the tracks a widened audience and even wider appeal. Dit help dat Terror ons uitroep voor die koor. Vertellend hier - oor die sad vioolnote - die ou dae en die struggle van elke dag. Massiewe track, die album raak hectic, en daar's is nog hoogtepunte. Mal.

................. "Veteran, check it.... " ..................
Asemhaling vir 35 sekondes voor ons Feel The Vibe... Terror gee ons hier die direksies, die geheime, die realiteit, in 'n vraag tussen Ice-T en Big Daddy Kane [derde rewind van Feel The Vibe] sien so bietjie meer hier. Goeie raad.
Die ouskool sample en rustige ritme maak die perfekte kanvas vir TMC se woordspoed en aflewering van boodskap. Hy is die baas van oor 'n beat spoeg, met alle respek aan die konings daarbuite, geen foefies hier nie, middelnegentigs, tydlose woordkunstenaar rymverdraaier partypleasing mikrofoonoornemende man hier. [vierde rewind] Ons wag so bietjie vir die volgende een. want hier is die laaste keer waar jy kan rondswaai, van hier af hop ons. NOU.

................. "Is jy verseker van jou saak, bra?.... " ..................
Geen oomblik word gemors nie, 'n sterk kitaar strumming lei jou in, maar die ernstigheid is dadelik duidelik. Met die beste lyn (vir ons) op die oomblik. Rewind!!! [Gaan bietjie dans, nou terug] X3!! Die snit het almal van die troontjie afgeskop, en ons ken, die throwback na hoe mal ons was oor Street Life se Kan Jy Man Staan, Liberate Yourself en Kaapse Vlakte is perfek. 'n hoppende skoppende beat met Terror wat absoluut afgaan daaroor, hier vertellend van alles, pronkerig miskien, verdiend defnitief. Drywende verduidelikende ryms verbaas en verlig opdieselfdetyd. 'n amper industriële ping merk die intensiteit waarmee ons besig is hier. Uit Die Verte. Absoluut koning hier.

................. "in die eerste graad, soos die magistraat.... " ..................
Ons word so effens sag laat gaan Special Delivery is weer rustiger, 'n liefdesliedjie half om die album af te sluit. Caz Kariz maak weer vir ons die koor perfek, met 'n dubbelsinnige Engelse rym of twee. Terror oor 'n breekbeat en twee herhalende note gooi nog kennis ons kant toe, indien ons nou nog nie weet nie. As jy die man die mic gee, berei jouself voor... Lekker tye

Sonder twyfel bevestig Terror MC homself weereens (nogsteeds) as een van ons beste MCs. Verbeisterend hoeveel geluk en woorde op die CD ingepas is, misken se effense gauntlet wat neergegooi word van van die nuwe mense daarbuite. Oja, daar is geen kompetisie nie. Ons almal wen.

vetseunLAAI AF
Terror MC Instrumentals EP ........... 2014
1. Oh Die Kan Werk
2. Hell Raizor
3. Groundbreaker

vetseunLAAI AF
Street Life (Special Edition) ............ 2014
- The Skarrel Continues (Prod. deur Hipe)
- Vir My Enemies (Prod. deur TBC)
- Innie Club (Prod. deur Ameen)
- Liewe Van 'n Boef (Prod. deur Hipe)
- LIED VAN DIE DAG 2020/08/09 - Innie Club
- LIED VAN DIE DAG 2020/08/05 - Vir My Enemies

vetseunLAAI AF
Uit Die Verte CDS .............................. 2014 RYMKLETS REPUBLIEK

vetseunLAAI AF
Kan Jy Man Staan (Prod. deur Hipe) CDS . 2012

vetseun
HipHopKop Snit CDS ....................... 2010
- On The Street


Terror MC - Voel Wat Ek Voel VID >>> (2009)
- VIDEO VAN DIE DAG 2020/08/05


Terror MC - Liberate Yourself VID >>> (2008)
- VIDEO VAN DIE DAG 2020/08/04


Terror MC - Street Life VID >>> (2008)
- VIDEO VAN DIE DAG 2020/08/08

vetseunLAAI AF
The Skarrel Continues (Prod. deur Hipe) CDS . 2008

vetseunLAAI AF
Liewe Van 'n Boef (Prod. deur Hipe) CDS . 2008
- LIED VAN DIE DAG 2021/01/21

vetseunvetseunvetseun
Street Life ........................................... 2008 AEVENGER.COM/RYMKLETS REPUBLIEK
1. This Is South Africa
2. Street Life
3. The Skarrel Continues
4. Make U C That I Will Give
5. My Space
6. Voel Wat Ek Voel
7. Rainy Night
8. Kan Jy Man Staan
9. Liberate Yourself
10. Vir My Enemies
11. Kaapse Vlakte
- LYN VAN DIE DAG 2020/08/05 - " ... ouens word uitgeskud, deur beatwagte, en jy wat ken, jy is agter, kry jou 'n beter gedagte... " - Kaapse Vlakte
- LIED VAN DIE DAG 2020/08/04 - Kan Jy Man Staan (Prod. deur Hipe) >>>

Alle lirieke Terror MC, produksie 1-8; 11, Hipe (Hiperdelic Productions), 9, Dplanet (Pioneer Unit), 10, TBC

So nou issit byna tyd vir die man se tweede. Hy het sonder enige onoorvertelde straatgedigte sommer maklik diep ingekom. Die was sommer van die begin af so lekker reguit soos mens dit wil hê. Ons lek lippe vir die nuwe ding.

Ons word met 'n snippet/sample begroet wat so effe aardrykskundige GPRS weergee, vir konteks.

Net daarna slaat hulle jou met 'n sample wat op die punt van jou tong gaan wees vir 'n ruk, en uitbreiding van die introduksie wat die absolute mal CD inlei. Slash ly. Ons is al weer te ver en ons moet rewind... Street Life vertel vinnig wat hier gaan afgaan, en hoekom. Habitat informasie voorgelê in 'n prag rollende brander storie wat emmm.. "Pass my ..., pass..." Wag net gou.

The Skarrel Continues. 'n Hardslanende herhalende hiphop steek met verwarrende baslyne begroet jou en as jou Winamp reggestel is kan jy nie hoor wat TMC eers sê nie, so rewind weer. Oor die saamsleurende ritmes en overall geraas word daar eerlik verduidelik en maklik gerym, hier wag mens nie, dis net nog en nog, saamsing sal "... but the struggle ..."

Ons sal terugkom na daai een, ons gaan bietjie vorentoe terwyl die invloed van Terror MC insink. Kan net op opgewonde se deur staan en kopkrap oor wat ons gaan hoor... So saam met daardie verwondering is Make U C That I Will Give se meer laidback maar nogsteeds reguit vibe 'n goeie comedown, voor die res...

Die CD is as MP3s gratis weggegee, nie lank na dit uitgekom het nie, met Terror wat al die sosiale netwerke gebruik het om sy ervaring/verwoording te deel met die landswye/internasionale gehoor. Dis nogsteeds hope beats en aan eenhoudendcool ryme... My Space

Dis nie noodwendig hard sonder spesifieke rede nie, maar net-net reg gemeng, gemeng maar net-net reg, dis voorarm-vensterbank musiek, Voel Hoe Ek Voel is vertellings vermenigvuldig, miskien is ons biased, maar dis ook ok. So ons gaan rewind. 'n Regte befokte song. "Geselsskappe"

So ons het al die CD gehoor so ons gaan net sê ons inleiding nog deur die trippyness van die eerste helfte van Street Life, hoe ingetrek jy kan word voor die Rainy Night aan jou venster klop en enige situasie nie op vaste grond gebou is nie. Lettergrepe word deurmekaar gegooi, 'n rymende een, soos handgranate, orals om jou. Hier met 'n stukkende snap, en die mooiste keyboard note, eensaam, maar met oordonderrende bas begeleiding.

Kan Jy Man Staan, is 'n tartende groovy een, basiese geluk, ons hoor die geskiedenis van "Sy's soos 'n ou koerant" en dan die vraende uitdaging tot verantwoordelikheid teenoor enige "Battle.. battle.." 'n Oproep. Maar nie vingerwys nie.

Liberate Yourself is die een wat nog altyd ons favourite was. Op-en-af-springende snit, dit miskien iets te doen met die koor wat oor massiewe bas ritmes met net minimalistiese tromme die verstommende malende amper verskuilde viool skuiwende note verhoog. Natuurlik is daar nog oorweldigende hoeveelhede woorde wat van orals af kom. "As jy hier om kom, is jy.."

Vir My Enemies is die een wat nog altyd ons favourite was. Maar speel eers weer Liberate Yourself... Het Terror 'n paar keer in die vroeë 10'e gesien in Kaapstad, en genote hoeveel daar deesdae in die Kaap opgetree en geblock word. Met 'n groot basis van ondersteuners op die vlakte/verre is die boodskap en positiwiteit 'n bron van inspirasie. "...en yskoud, yskoud.."

'n Vroliker ritme berei amper voor die breek wat alles orals het. In die middel is die "twees en die drie.." Met die byvoeging van 'n ondertoe spiralende kolkbas word dit binne sekondes ernstig. "Ek is 'n manskap..." Dit is dadelik 'n superrymmende geskree wat goed rondgooi en versprei vergemaklik tot en by uitleef van dansend hoppende situasies is.

------- Bygevoeg, die produksie deur Hipe en Dplanet... Albei met hope kickass tracks onder hulle belt.

Kaapse Vlakte. Terror MC. <Nuwe album, binnekort. Seker ons sal laat weet wanneer.> Pinky!! die mp3 is al sat geluister... 'n Aardbewendgroot baslyn trek 'n lyn onder die in-jou-gesig woorde 'n "..hier maak hulle net klagte.." waarheid georiënteerde snit wat 'n gepaste kopknik voetstamp voorarm-vensterbank voorstad rondry Hip-hop. Speel alles weer.

Wag, eers Dokte se single Maak Mekaa Sterk se Remix waarop Clebo, Terror MC & Brown bydraes maak. Die single wat ook in '08 die internet en local radio stasies laat praat het. Almal het hier 'n lyn of twee tussen die "hou op..." redes vir saamstaan. "Ons moet trots wees oor mekaa" is seker so naby as honderd as 'n ekstra track op Street Life.

Luister gou eers bietjie Noisia en Feed Me, wat is die rigting is van wat ons dink gaan gebeur, nie iets spesifiek nie, maar iets lekker out there. Sameflansing van genres is 'n given, oorstromende opbouende lirieke ook, al wat oorbly is wanneer kan ons ons mouse op een kry. - Saad

vetseun
The Terrorvision Mixtape .................. 2006
- Liberate Yourself
- My People
- Hart Om Te Vat
- Vir My Enemies
- Moet My Nie Testie
- Kinners
- Soes Ek Geserit
- LYN VAN DIE DAG 2020/08/07 - " ... soos ek geserit, wat jy gehoorit, wat ek geserit, wil jy net he het, dit wat jy gehoorit ... " - Soes Ek Geserit

................."...sal jy sien hoe vlak die vlaktes is.."


ook:
vetseun
Buurtwag: diek en shift Mixtape .


ook op :
Pioneerunit/LastFM PLAYLIST kompilasie
LMNZ - Worldwide Rap kompilasie
Planetary Assault kompilasie
Bootleg Drive-By

flyers :
2005 05 20, Zula Sound Bar, CT Bootleg - Drive By, Parliament, Ben Sharpa (Groundworkz), Terror MC africasgateway.com


skakels : https://allmylinks.com/terrormc : myspace.com/terrormc









2019 09 28 - Living for the City Entertainment Presents Underground Royals - MC Barendz, Ft. Gatecrashers, Holy Gokez, Genie D, SA Entertainment, Die_Don_Ash, Terror MC & Stigo Vibez, Freedom Riders Clubhouse, Unit 10A, Finpark 12th Avenue, Kensington, Cape Town, 20:30, R50, R70 - OS MEDIA - DJ GAKKIE SEWE-8-DRIE
vetseun

vetseun


bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )