StraatligkindersStraatligkinders - Maak Jou Oë Toe En Jou Hart Oop... EP
TuisbladStraatligkinders op FacebookStraatligkinders op TwitterStraatligkinders op MyspaceStraatligkinders op Last.fmStraatligkinders op YouTubeStraatligkinders op DiscogsStraatligkinders op Wikipedia

'Maak Jou Oë Toe En Jou Hart Oop... EP - 2007


Jy het miskien al gehoor, daar is so nuwe band uit Potch wat musiek maak. Hulle is al 'n ruk op MK, en onder andere op Oppikoppi in Maart/April, het 'n EP uit en speel op die oomblik orals tussen Pretoria en Potch.
Alhoewel ons per ongeluk 3 eerste geluister het, neem ons aan julle sal nie dieselfde "fout" maak nie. Uitmergelende baskitaar begroet jou sommer vinnig in hierdie 5 snit EP, Die Beskermer is wat jy soek indien jy kwaaierig voel oor bandpolitiek en so voorts, melankolie in sy mees elektronies geskreeude vorms. Ernstig genoeg dat hierdie nie na 'n grynslag gesprek lyk nie ... Twee keer.
... ".. vat net die pyn en hou dit in skaam .. "
Klassieke Geveg. Begin met so mooi noot voor die kitare alle rustigheid in oordrewe klankkolke verdraai en die lirieke vinnig moet inpas. Maar jy moet miskien luister want dis nogal blatant, maar nogsteeds lekker.
... " .. vir ons almal .. "
3. Elektriese Blomme, is die soort liedjie wat mens laataand, en miskien buite moet luister, en jy sal transcend. Stadig bouend aan 'n ritme, met instrumente wat stuk-stuk die stem join.
... ".. ek wil ophou doen wat's .. "
En as jy repeat op winamp druk is jy Beskerm ...
Weereens so diep onder die kitare, en meer blatant, 'n skuddende ervaring, al sit jy, eindigend met so rustige noot. Speel daai een ok maar weer, kannie verkeerd gaan nie, en 4 is Genesing, so ...
... ".. die tyd is .. "
Lekker. 'n Vinnige ritme begroet die amper stywebroek en Doc's koor, 'n verdere verduidelikking en besing van die Simbolisme. Naturally met hemelse kitaar en 'n onbetwyfelde moshpit gevoel.
... ".. die babablou wolkelug .."
En ons sluit af met verdubbelende koor skreemo effekte en kitaar riffs wat niks oor laat om na te lus nie. 'n Verdere uitbreiding aan die amper gebed, maar meer rockmantra as enige iets anders.
... ".. hoop om te leef .."
Die soort song wat dit beter is om saam te sing as om teen die muur te staan en haar probeer oorreed om nog 'n drankie te kry en miskien haar arm om jou idee te sit ...
... " .. hoop om te leef .. !!!!!"

Maak Jou Oë Toe En Jou Hart Oop... EP . RHYTHM
1. Die Beskermer
2. Klassieke Geveg
3. Elektriese Blomme
4. Genesing
5. Kruis My Hart

Straatligkinders - Die Beskermer
Straatligkinders CDs
Straatligkinders - Die Versameling 2CD/DVD
Straatligkinders - Lank Lank Gelede En Ses Voet Benede
Dans Dans Lisa - Die Gids Vir Grootword
Straatligkinders - Sweef Soos 'n Vuishou
Straatligkinders - Bloeisels
Die Versameling 2CD/DVD (2010)
Lank Lank Gelede En Ses Voet Benede (2010)
Sweef Soos 'n Vuishou (2008)
Bloeisels (2007)
Straatligkinders - Maak Jou Oë Toe En Jou Hart Oop... EP