Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Stoff .co.za


vetseun


skakels : stoff.co.za : myspace.com/stoff : facebook : zazone.co.za/stoff









2010 03 20 - Wysdiman, De Dors, Cry Out Riot, Henry van Stof, Back2Basix
vetseun

2008 04 21 - Prop & Speel: Akoestiese Aand: Waar Afrikaans bo is vir die Mense: Wysdiman, Henry & River van Stoff, Die Springbok Bar, Op die hoek van Hilda en Prospect straat, Hatfield, 20:00 - Rocking SA
vetseun

2007 06 16 - Stoff + Wysdiman, Café Barcelona, Pretoria, 20:00
vetseun

2007 03 15 - Swartskaap, Stoff, Bonsai, The Bo, R20
vetseun
vetseun

2006 12 06 - Wysdiman, SwartSkaap, Stoff, Back2Basix, 20:00, R30
vetseun
'n Aand van note, een wat jou asem sal wegslaan as jy nie deur 'n filter asemhaal nie ... Die bruinsakkersies en asbakweerkaatsing gee Back2Basics 'n nimmereindigende rustig laidback gevoel, en met die klankbaan kan jy nie verkeerd uitdraai (tot later) nie.
Eerste aan die woord is die manne van Swartskaap, met boerebaarde en dreads verteenwoordig hulle 'n nuutgevonde gevoel van vryheid wat in baie van ons se are bruis. Die musiek verskuif ook tussen ballades en meer ernstige rocksongs, met die mikrofoon wat tussen André Duister en Fritz Blitz gedeel word. Sulke songs wat mens oor en oor wil hoor, die deuntjie neurie en die koor saam sing. Binnekort meer Swartskaap info ...
Volgende aan die beurt is Stoff, 'n groep musikante wat nie net die verhoog volsit nie, maar met die mooiste klanke en wysies vorendag kom. Meeste baie rustig en sagter, maar snyend en klouend, dat mens die gesprek waarmee jy besig was oor aardverhitting moet stop en aandag gee. Daar's saam met die dromme vier kitare, akoesties en elektries, en 'n weird soort van keyboard-kitaar-move, wat nog eksistensialistiese geluidjies by die alreeds vol klank verleen. Defnitief een band wat ons sal navolg, kaalvoet oor die Wesrand ...
Dit bring Wysdiman aan die woord, 'n spasieuse vokale klankpedaal gee dit 'n amper katedraal, amper vegvliegtuig gevoel. Poison op lead, Generaal bas, die Sir op tromme, plus 'n fok ernstige dude met die Bleed van kom haal jou bewussyn sommer uit daai meisie se oë ...
Hulle skop af, wen die bal uit die losskrum, laat loop en druk dadelik in die hoek. Soos ons geleer se het, stukkende huis. Dit word met elke song net meer intens en oordrewe lirieke en angs is heel aanvaarbaar, die bier loop vry, maar help nie veel nie.
.......... " en ek loop en ek loop en ek loop, soek 'n vakansie oord .. "
Die klank was miskien nie opgewasse teen so 'n aanslag nie, maar hey, as jy uitmaak wat gesê word op Ek Weet Jy Kan, wat meer wou jy hê? Min bands is teen die tyd nog so lus soos die ouens, die pefekte mengsel van innerlike refleksie en byvoeglike naamwoorde vir buitentoe, kitaar ,skreemo voorman en ritme.
Oja en jy kan t-hemde kry, 3D met internet konnektiwiteit, ons moes miskien daai blond se nommer gevat het, lanklaas vir 'n blond iets gegee ...
Kyk uit vir Wysdiman goed, dis oppad!!! Luister solank die songs op myspace, sien julle by die volgende een!!!
vetseun

2006 09 01 - Lentedag met Swartskaap, Wys Die Manne, Stoff, R30
vetseun

2006 06 10 - Stoff + Riku Lätti, Cafe Barcelona
vetseun


bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)