Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Steyn de Wet .com (T.A.B.O.)

2021 03 26-28 - Gifberg Spook: Sunset Sweatshop, Twee, Spoegwolf, Die Melktert Kommissie, Gian Groen, Wouter van de Venter, Glaskas, The Young Folks, Len Muller, Melt Sieberhagen, Lize Mynhardt, Steyn de Wet, Abel Kraamsaal, Herman Kleinhans, Sterre Met Jaques, Vanrhynsdorp
vetseun

vetseunLAAI AF
Die Blik CDS ...................................... 2020

vetseunLAAI AF
Jy Hoef Nie Huistoe Te Gaan Nie CDS . 2019 VONK MUSIEK

vetseun
Hooglied ............................ VONK281 2015 VONK MUSIEK
1. Billy Boy
2. Songs Van Verliefde Mense
3. One Last Time
4. Hooglied
5. Sê My Lief
6. Links 2 3 4
7. Bolandse Wyn
8. Slaan Die Wind
9. Stoksielalleen #2
10. Elke Sterlig Nag
11. Okovango
12. Die Vallei
13. Die Lied Van Die Geraamtes
14. Insanity

STEYN DE WET - VIDEO UITREIKING: KYK MAAR MOOI.


'n Video van Steyn de Wet se debuut radio snit " Kyk Maar Mooi" is pas uitgereik: http://www.youtube.com/watch?v=5R9kVuarizI
vetseun
'n Barbier (Steyn de Wet) is aan die einde van die dag besig om skeer-instrumente skoon te maak toe 'n aantreklike jong dame (Myra Jacqueline) buite sy winkel verbyloop en hul oogkontak maak. Sy besluit om in te loop en die man van nader te bekyk. Hy wys haar na 'n stoel voor 'n spieël in sy winkel. Tot haar verbasing smeer hy skeerseep aan haar gesig en skeer haar "baard" terwyl hy vir haar sing.

Die barbier se optrede is 'n spieëlbeeld van wat Steyn se eie benadering so baie keer is. "Die rol was 'n baie gemaklike een vir my om te speel, want ek was al baie keer soos die barbier. Iemand is bereid om my 'n kans te gee - en instede daarvan om die logiese, normale ding te doen, doen ek die absurde. Die barbier kon eerder sy hand uitgesteek het, begin gesels het en gese het: 'hey, kom ons gaan kry 'n koffietjie!',maar op een of ander manier maak dit vir hom eerder sin om haar te laat sit vir 'n baard skeer. Hy kon ten minste eerder haar bene geskeer het - dan was dit dalk sexy!"
vetseun
Myra Jacqueline, wat die vroulike hoofrol vertolk het dadelik van die idee gehou om iets heeltemal anders te doen. "Die konsep wat Michael van Zyl mee vorendag gekom het, was briljant. Daar is romanse maar met 'n twist. Ek dink almal betrokke het dit baie geniet, van die kostuums uitkies tot grimeering aan sit. Ons grimeerkunstenaar, Loraine Meyer, was uitstekend. Ek dink Steyn is 'n besonderse kunstenaar. Dit was werklik 'n groot voorreg omdeel te kon wees van Steyn se eerste musiekvideo en hierdie is beslis net die begin vir Steyn in die Afrikaanse musiekmark."

Die regisseur en vervaardiger is Michael van Zyl van VPH flims.

Rolverdeling:
Steyn de Wet en Myra Jacqueline Band - Jaco Muller, Loujean Philander, Paul Loots en Alron Matthews.

Die JHB bekendstelling van Kyk Maar Mooi CD: Woensdag 7 Augustus, Tanz Cafe, Heathway Square Winkelsentrum, Beyers Naude Drive, Blackheath, Johannesburg. Tyd: 19:00. www.tanzlive.co.za

vetseun
Kyk Maar Mooi ................. VONK199 2013 VONK MUSIEK
1. Sit Die Ligte Af!
2. Kyk Maar Mooi
3. Maanligwandelaar
4. 2 Jaar
5. High Maintenance
6. Veilige Berge
7. Klimeidjie
8. Jonk Dronk Stom
9. Soekie
10. Dwarsdeur
11. Vergeefs Versteek
12. Tiek Tok
13. Yda Se Lied
14. Nic
15. Die Steen By Die Leer


skakels : steyndewet.com : soundcloud












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )