Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Stephaan van Zyl (Die Oudag Boere-Orkes)
vetseunvetseun
Speel Boerekonsertina LP/CD . CDTGE 63 2000 GALLO
1. Bosbank Setties
2. Tamatieslaai
3. Oom Fritz Se Polka
4. Dirk Se Mazurka
5. Ligvoetsetties
6. Roosterkoek
7. Ou Ryperd And Many More
en vele meer ...

vetseunvetseun
So Speel Stephaan LP .... BLS 007 1989 BOERETROOS
KANT EEN:
1. ANNA SE MAN - Vastrap (Trad.) Oudste bekende opname deur Faan Harris met Dawid de Lange se orkes.
2. TRANSVAALSE WALS (Trad.) Oudste bekende opname deur DIE VIER TRANSVALERS.
3. KLOKKIEPOLKA (Trad.) Oudste bekende opname deur FAAN HARRIS EN SY BOSLANSERS.
4. KATRINA - Settees (Trad.) Oudste bekende opname deur Faan Harris met die GALLOTONE KONSERTINA-ORKES.
5. OOM PALM SE WALS (Oom Willie Palm)
6. PLATINA - Polka (Trad.) Oudste bekende opnames deur DIE LYDENBURGSE VASTRAPPERS. Hierdie wysie het vermoedelik voor 1928 ontstaan tydens die bloeitydperk van platienmyne naby Lydenburg.
KANT TWEE:
1. OPSKOMMEL - Settees (Trad.) Oudste bekende opname deur FAAN HARRIS EN SY BOSLANSERS.
2. LIEWE GOUDSTAD - Polka (Trad.) 'n Aantal tradisionele wysies wat deur DAWID DE LANGE EN SY NAGLOPERS saamgevat is.
3. LETTIE SE WALS (Oom Willie Palm) Gekomponeer vir sy vrou, Lettie.
4. TANT SIENA - Settees (Trad.) Oudste bekende opname deur WILLIE PALM SE VIER HUGENOTE.
5. DAGBREEKWALS II (Trad.) Oudste bekende opname deur DIE VOORTREKKER DANSKWARTET
6. KWADRIL (Trad.) Oudste bekende opname deur Kerrie Bornman.

OUDAG-BOEREORKES - LEIER: STEPHAAN VAN ZYL

Die oudag-boereorkes het oor die afgelope nege jaar diep spore getrap met hulle versameling, uitbou en interpretasies van egte tradisionele Boeremusiek. Die Groep het ontstaan n toe die paadjies van die Oudag se twee steunpilare gekruis het. Na jare se versamel van ou 78-spoedplate waaruit hy 'n grenslose bron van kennis oor tradisionele Boeremusiek se wysies, musikante en komponiste opgebou het, het Danie Labuschagne op sy soektogte van 'n belowende jong Boerekonsertinaspeler gehoor. Alhoewel hy dit nie wou glo nie, het hy 'n ontmoeting vir Dinsdagaand, 29 Julie 1980, gereel. Stephaan van Zyl het ewe beskeie sy konsertina uit die motor gehaal en kort daarna sy "oudisie" in die voorkamer van Wilhelmstraat 1233, Booysens, "met lof". geslaag! En dit was die begin van 'n baie hegte en produktiewe vriendskap tussen oom Daantjie en Stephaan.
Dieselfde vertrek dien vandag nog as vergaderplek, opname-ateljee en bron van Tant Lilly King se wyse raad en gasvryheid aan alle vriende van tradisionele Boeremusiek.
Stephaan se paadjie het al op 7-jarige leeftyd begin toe hy in opdrag van sy vader, 'n balans tussen sy Boerekonsertina en klavierlesse moes handhaaf! Oom Kerrie Bornman se spel het hom so beïndruk dat Stephaan se styl direk na hierdie ou groot meester teruggevoer kan word. Engelse en Boerekonsertinas, kitaar, tjello, trap- en kerkorrels tel onder die instrumente wat hierdie begaafde musikant met gemak hanteer.
Met die aansluiting van wyle oom Frans Smit (ukelele), wyle oom Laurie du Preez (kitaar) en Danie Grey (traporrel) was die oorspronklike groep volledig, maar toe kort hulle nog 'n naam. Eendag toe Danie Grey 'n naam vir sy eie "outydse" wals soek, onthou Stephaan dat die Namakwalanders van "OUDAG" praat! En so het die orkes en die wals 'n gekry.
Vanweë Stephaan en oom Daantjie se bewondering vir Die Vier Transvalers en hulle tydgenote se musiek, het hulle besluit dat laasgenoemde moes leer tjello speel om sodoende die regte balans aan die musiek te verleen. Teenswoordig bestaan die Oudag-boereorkes uit Stephaan van Zyl (leier; Engelse konsertina), Danie Labuschagne (tjello; klankopnames), Danie Grey (traporrel en klavier), Dick Brits (ukelele), Boetie van Zyl, Hugo Radley en Roelf Faber (baskitare), Miranda Radley en Ronel Faber (traporrel en klavier).
Die kombinasie van Stephaan se veelsydige musiektalent en oom Daantjie se kritiese oor, sorg dat hierdie groep toegewyde musikante egte tradisionele Boeremusiek speel waarop enige pionier sowel as elke musiekliefhebber met reg trots kan wees. Dit is voorwaar kos vir die siel en u hoor slegs die suiwer klanke van oorspronklike instrumente wat bydra tot die bekoring van ons soort musiek. - DR. E.A. Retief - omslag


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )