Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Die Stem van Redelikheid / The Voice Of Reason
vetseun
BCP 1373 197x BRIGADIERS
.... BJ Vorster
01. DIE EERSTE MINISTER SE NIGEL-TOESPRAAK - 5 NOV 1974.... Voorwoord Otto Maree
02. DIE EERSTE MINISTER SE CERES-TOESPRAAK - 15 MAART 1975.
....... R F (Pik) Botha
01. PIK BOTHA SE VV-TOESPRAAK
02. PIK BOTHA SE VV-TOESPRAAK

In die raadsale van die wêreld waar daar deesdae lang ure met die komplekse probleme van Afrika geworstel word, domineer een naam die besprekings. Daardie naam is JOHN VORSTER, premier van Suid-Afrika. Dit is kompleet asof die hele beskaafde wêreld meteens hierdie man aangegryp en verhef het tot die enigste moontlike vredemaker van Afrika.
Maar dit is in sy eie land by uitnementheid dat hy tot 'n reus uitgegroei het onder sy eie mense van alle rasse en kleure, en wortel geskiet het in die harte van sy eie mense. En waar u nou hier na hom gaan luister sal dit vir u baie gou duidelik word waarom die naam JOHN VORSTER die mense se verbeelding op 'n skaal aangryp wat vergelyk kan word met die groot bewondering wat daar vir dr. Verwoerd geheers het.
Mnr. Vorster is op die oomblik ongetwyfeld die man vir die uur. Sy strewe na vrede ter wille van sy eie land, wat gepaard gaan met groot persoonlike opoffering, sal eers ten volle na waarde geskat kan word wanneer sy droom van vrede in Afrika bewaarheid is. Nog nooit in ons land se geskiedenis het een man daarin geslaag om mure van vooroordeel so suksesvol af te breek soos Mnr. Vorster tans besig is om te doen nie. Mnr. Vorster het nog nie al die leiers van Afrika vir ons gewen nie. Daar is nog baie wat vyandig is teenoor ons en nog steil bulte moet geklim word op die pad na vrede in Afrika maar as daar een man is wat daardie bulte kan klim is dit Mnr. Vorster.vetseun
Daar is nog die wat nie na rede wil luister nie maar die meerderheid besef die groot waarheid in Mnr. Vorster se boodskap van 1 April 1975 toe hy gesê het: ,,Die keuse is vrede en voorspoed vir almal in Afrika of eskalasie van geweld." Dit is woorde wat ontstel maar dit is ware woorde wat net 'n dwaas kan verontagsaam.
Dit is moeilik om te voorspel wat die toekoms vir ons inhou maar sou détente misluk sal die skuld nie aan Suid-Afrika se deur gelê kan word nie. Dan sal Mnr. Vorster in alle eerlikheid kan sê ek het alles probeer maar die hand van vriendskap is weggeklap.
Luister nou self verder na sy toesprake. Dit is die vvoorde van 'n man wat oor die wêreld respek afdwing self by die wat nie met hom saamstem nie. Dit is die woorde van 'n man wat besig is om geskiedenis te maak. Groot geskiedenis. - ARTHUR S. LAKE - Hoofredakteur, HOOFSTAD

DIE TOESPRAAK VAN ADV. R. F. (PIK) BOTHA
Daar word baie toesprake op baie plekke gelewer. Dit is die voorreg van min mense om 'n toespraak te hou waarna die hele wêreld luister.
So 'n voorreg het Pik Botha gehad. Sy VV-toespraak in Oktober 1974 het nie alleen die hele wêreld hulle ore laat spits nie, maar ook besonder belangrike invloed uitgeoefen op Suid-Afrika se binnelandse en buitelandse politiek.
Pik Botha, regsgeleerde, diplomaat baie jare lank, 'n belangrike lid van die Suid-Afrikaanse regspan by die Wêreldhof in 1965, gewese LV, VV-ambassadeur en nou Ambassadeur van sy land in die VSA, was en is een van die belangrikste vertolkers van die derde fase van die beleid van afsonderlike ontvvikke|ing - die saambestaan van die verskillende vyolke van Suider-Afrika in vrede, orde en geregtigheid.
Die belangrike kern van hierdie toespraak is dat Suid-Afrika voor die wêreld opnuut getuig het dat ons 'n Afrika-land is wat ons verbind aan die ideaal om vryheid, waardigheid en geregtigheid te handhaaf en te beskerm; dat ons beleid vir almal in hierdie land dit wil waarborg; en dat ons onomwonde rassisme verwerp en diskriminasie op grond van kleur nie goedpraat nie. Waar dit nog dalk bestaan sal ons daarvan wegbeweeg. Die standpunt van die toespraak is dat ons mekaar moet vind en sal vind in Suider-Afrika, nie deur geweld en konfrontasie nie, maar deur dialoog en begrip.
lntussen het Pik Botha hierdie boodskap steeds verder gedra deur verskillende optredes binne en buite ons grense.
Ons is onherroeplik verby die kruispad waar ons nog kan kies of ons in ou patrone wil volhard of nie. Dit beteken dat ons met afsonderlikheid as basis, heelwat sal moet opruim en opdok van ons gebruike, tradisies, vooroordele en beleidstoepassings wat onverdedigbaar is.
As ons nugter met politieke realiteite omgaan en nie huiwer om knope deur te haak nie, is ons op die spoor van 'n nuwe Suider-Afrika.
Dit is die boodskap wat Pik Botha se toespraak dra en wat vir elke Suider-Afrikaner - en in die besonder van ons jeug - nuwe inspirasie kan gee om op sekere terreine ons eie sake in orde te bring en te volhard in die bou van brue in ons subkontinent.
Pik Botha se toespraak is 'n politieke geloofsbelydenis yir die jare sewentig.
Daar is 'n dringende ondertoon in sy woorde wat nie ter syde gesit kan word nie.


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )