Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Soppies van Danville
vetseunvetseun
Soppies van Danville . MORCD 543 1995 DAWN MUSIC/PANORAMA
1. Soppies Van Danville
2. Drie-Twee-Een* (Dis Ek)
3. Suzy Baby (My Swanger Dogter)
4. Seksie Heksie (My Skelm)
5. Nollas (My Vrou)
6. Skoonma (My Vrou Se Ma)
7. Brandewyn Blues* (Ek Is Babelaas)
8. Braai, Braai, Braai ('n Verskoning Om Te Dop)
9. Dis Die Lewe (Toe Ek Nog Soos Julle Gewerk Het)
10. Blondie (My Ex) - MP3 >>>
11. Jannie Jammergat* (Dis Nou Julle)
12. Ek Voel Vir Jou (Ek Is Romanties - Maybe?)

'n Corrie Myburgh Produksie

'N NUWE Afrikaanse kasset en CD, Soppies van Danville, is pas bekend gestel.
Die regisseur is Corrie Myburgh.
Van die eerste snit wat Soppies met sy growwe stem sing, kom mens agter hy ken mense se wel en wee.
Hy sing nie noodwendig net oor Danville se mense nie, maar mense oral wat die donkerkant van die lewe kén en onder moeilike omstandighede om oorlewing veg.
Soppies van Danville kom niemand te na nie allermins die mense van dié voorstad.
Hy sing hy is Soppies. Hy loer oor sy pyp. Hier ná die vyfde dop haal hy sy tande uit. Dan sing hy ook oor sy ''skelmpie''. Sy is sy ''Seksie Heksie met die mooi kompleksie''.
Maar Soppies is 'n man wat deur die meul van die lewe gegaan het.
Hy ken die skeihof.
Ook die nagevolge van drankmisbruik gaan hom nie verby nie. Dis Maandag in Danville, sy kop is só seer. Die regmakers help nie meer. Hy sweer hy drink nooit weer.
Hy sing ook van die drie-, twee-, eenliter in sy lewe. Sy drieliter-Ford, tweeliter-Coke en eenliter-brande wyn. Hy is rof en onbeskof. Hy het 'n swart gordel in karate. Die lewe het Soppies al baie kere geklap. Daar is Suzy Baby, sy dogter. Sy is op die paal. Hulle moet haar kom haal.
Dan vra Soppies sy vrou: ''Mammie, wat gaan ons doen. Ons kan dit nie verbloem.''
Oor Nollas, sy vrou, raak hy skoon liries. Sy dra bruin pantoffels van vroegoggend tot laat in die nag. Agter haar breeboud wil hy bly.
Haar hande is grof daar verskuil tien jaar se stof. Geld is min, maar ná tien kinders loop die liefde nog dik.
Soppies se skoonma loop ook deur. Sy woon in 'n woonwa agter in die jaart. Hy sweer sy't 'n hart van klip. Haar moer is suur. Sy is 'n dierbare heks, ''net beter as income tax''.
Soppies sê die liedjies op sy CD is geskoei op lewende mense.
Die lirieke kom ''diep uit sy hart''. Dis sy mense dié. - Beeld


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )