Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Slagyster


Slagyster - Vir Jou VID >>>

vetseunvetseun
Slagyster ....................... SLAGCD01 2006 SLAGYSTER/DE PLATE KOMPANJE
1. Geel Kombers
2. Spookjag
3. Alle Paaie Lei Na Rome
4. Kaskar
5. Kantlyn - MP3 by myspace
6. Hoe Voel Jy?
7. Skryf
8. As Jy Maar Net Kon Sien
9. Straatkind
10. Swart Hoofstuk
11. Ek Sit Voor Die T.v. Toe Jy Bel - MP3 by myspace
12. Bloed
13. Dingetjies

Probleme met die nuwe GPS sisteem het beteken dat ons die Slagyster + DMK gig gemis het Dinsdag in Stellenbosch.. Maar die noodgedwonge ontmoeting met Herman was duidelik deur iemand anders beplan. En geen reën of wolk kan die opgewondenheid stil nie, so hier is hy dan...
Laatmiddag sonskyn rock vir cdspelers landswyd. Meer melodies begeleide ritmes vir almal, die natgeswete spelers van die spel en die ander wat
............... "..op die kantlyn, en kyk maar net die game.."
Jammer was so ruk rerig net woordeloos, dankie DPK vir die aanmaning weereens. Die twee snitte wat Slagyster op Die Eerste Avontuur het, beteken ons het weer die CD gewinamp. Probeer eintlik daai son in die Boland en die bome in CL se strate ontken.. Maar dis onmoontlik en Sandkasteel beteken jy moet maar die kompilasie van die nuwe uitgewery ook aanskaf. Maar wag eers..

Daar'sy, derde keer probeer, moes seker al die aand van Aan de Braak, maar dis nou amper nuwe jaar en die CD maak nogsteeds die verlange en onthou met heuning maklik, soos dit moet. (As die goeters goed is, is die dorp ons oester - Valiant Swart)
Slagyster bring harmoniseer met kitaar tot op 'n nuwe level, hartverskeurend ernstig en met onskuldig ontkennend wetende glimlae. Dit skop af met Geel Kombers wat die stemming saam met kitare rustig laat, met die koor wat dwaal, kenmerkend Slagyster. Reflekterende realiteitsliedjies begin by nommer een, emosionele note ingesluit, asof in gebed, soos Sandkasteel.
.......... " .. verby jou sonder dat jy weet .. "
Met bouende ritme en oorvleuelende kore is Spooklag net so donkerstraat wetende Stellenbosch snit. Live met die djembe is alles nog meer naak, maar geleidende klank is volop hier.
Die afrikaanse idioom word met Alle strate uitgebou en gehandhaaf deur die aanvaardende beskrywing van die sirkel waarin ons onsself mag bevind.
............ " .. net vol doring en die water ... "
Aansteeklike ritmes ook orals, met growwe elektrisiteit bo-oor en die lirieke in lae. Die liedjie was van die eerstes op die internet beskikbaar, so jy ken hom al, 'n kenmerkende Slagyster liedjie wat hoe dit is verwoord met die gemak van 'n saterdag aand ser.
Daar heers ook 'n hoe vlak van humor, so deur die rym, en Kaskar is so lied vir 'n meisie met 'n vinnige ritmetjie en woorde van ..
............ " .. jy al hoe dieper in my hart .. "
vertel van die stadsmeisie se wil, en 'n uitnodiging na die oop plekke, en genot. In die selfde lyn, met oortuiging, kom Kantlyn, die ..
............ ".. op die kantlyn, en kyk maar net die .."
liedjie wat jou saamvoer en deur 'n paar note vervoer na die sportdag prentjie wat deur die amper fluisterende woorde geteken word, 'n pragtige opbouende nommer waar jou hare waai teen die tweede koor en daar dan maar gespring kan word voor die koor in oorverdowende akkuraatheid uitgebasuin word, bleep bleep cool. Speel daai een weer.
Maar jy's alklaar diep in die moeilikheid teen die tyd, want dit raak nog net gewoond, en is maar net die begin. Hoe Voel Jy? is netso inkruipende een, voetstamp en neurie, uitbundige akoestiese begeleiding.
............. " .. jou skaduwee volg my .."
'n Stadium treffer, dromerige note en klanke vanuit die uitspansel, stadig en indringend, erkennend. So gaan dit maar, 'n stilhou een, want daarna is As Jy Maar Net Kon Sien wat ook in baie draaie maar baie reguit vrae rym, en van liefde vertel. Ook heeltemal bedoel vir buitelug..
............. " .. sien dat wat ek voel vir .. "
miskien Staerdagmiddag of so, met die nodige verversings, en 'n kombers, stowwerige strompelende gedansery in pare en groepe, fronsend teen die sonsondergang, maar gelukkig. Liefdesliedjies.
Straatkind is lekker Bolandrock, djembe's en 'n vinniger ritme, 'n baie waar lied oor Liewe Jesus.
In 'n meer elektroniese wat jou miskien mag rou los verleng die intensiteit van die CD met skurende kitaar en eggoende lirieke..
............. " .. net jou oog op die bal .. "
harder en breer geproduseer is hierdie song 'n totale rocker van formaat, sterre, puntestelsel. My Swart Hoofstuk...
Ek Sit Voor Die T.V. Toe Jy Bel is ook icon Slagyster, gelukkig en skaamteloos sonder grense, Vodacom/MTN/SONY MUSIC/// kry die een!!! Opstaan en skud goed, miskien in die selfde set as daai laatmiddageen, net vir effek. Tkikkelinge-tjikkelei se ons mos sommer ook die heeltyd oor die lekkernye. Hy was ook op die net, rocker.
............. " .. o, o, o, o .. "
'n Akoestiese, In my bloed, maak die CD nou al so 6 liedjies aaneen moercool, 'n skemerliedjie op bg set, die slow song. Weereens aan die hoogtepunt van die aaneenhoudende erkenning. Saam met Dingetjies wat die CD verder in dieselfde rigting laat eindig, 'n aanmaning om weer Geel Kombers te luister, maar check eers RMG..
Een van die mooiste Afrikaanse CDs, in ons blog.

vetseunvetseun
Slagyster DEMO ................................... 2005 SLAGYSTER
1. Geel Kombers
2. Spooklag
3. Alle Paaie Lei Na Rome
4. Kaskar
5. Kantlyn
6. Hoe Voel Jy?
7. Skryf
8. As Jy Maar Net Kon Sien
9. Straatkind

met Herman Kleinhans, Nel Schoeman, Eduard Delport, met produksie, Stephan Cloete, Herman Kleinhans, Spectraso Nic, Helmut Meijer, Pierre Tredoux, Soundscape studios

ook op :
MK89 Hoordosis Vol. 1 kompilasie - Spooklag
Die Eerste Avontuur kompilasie

flyers :
vetseun

vetseun

vetseun

vetseun

2005 03 07, Ceasars in Gauteng GMT 2005 RSGroentjie: Albert de Wet (Lyf), Bobby van Jaarsveld (Talina, Boemelaar), MD Greyling (Eenvoudig), Slagyster (Spooklag), Kaktus (Kaktus) pitstoptv.co.za
23-27 08 04, Dorpstraat Teater, Stellenbosch baie met Vanessa Van, Danièle Pascal, Slagyster, Delta Blue...
15 05 04, Belgian Beer Bar and Beartrap, Stellenbosch Slagyster


vetseun


skakels : facebook : vetseun1.co.za/slagyster : myspace.com/slagyster









vetseun

2007 12 17-22 26-31 - De Plate Kompanje bied aan Die MK Tweede Avontoer
vetseun

2007 03 19-24 - Beyerskloof Musiek Marathon: Kaleidsoskoop, Slagyster, Lukraaketaar, Gian Groen (Spinnekop), Die Hartvruggies, The Orange Stilletto's, DNA Strings, Jan Blohm, Go Team!, Rastamie, Captain Stu & The Llama's, The Violent Free Piece, Gerald Clark, Southern Gypsey Queen, Boulevard Blues Band, Sondag Sensasie, Foto Na Dans, Die Helde, Bed On Bricks, Hanru Niemand, Koos Kombuis, Dikazzins, Zinkplaat, Rory Eliot, Klein Libertas Teater
Beyerskloof Musiek Marathon

2007 02 - Skole Toer met Zinkplaat, Die Helde en Slagyster
2007 02 28 - Zinkplaat, Die Helde, Hoërskool Swartland, Malmesbury, R20
2007 03 01 - Zinkplaat, Die Helde, Paarl Vallei Hoërskool, Somerset Wes, R20
2007 03 03 - Zinkplaat, Die Helde, Slagyster, Paul Roos Gimnasium, Stellenbosch, R20
vetseun

2006-07 - De Plate Kompanje bied aan Die Eerste Avontoer: Zinkplaat, Dikazzins, Sondag Sensasie, Die Helde, Foto Na Dans, Slagyster - Beyerskloof
Die Eerste Avontoer

2006 09 06 - De Plate Kompanje en Klein Libertas Teater bied aan Die Eerste Avontuur - CD LONSH: The Orange Stiletto's, Foto Na Dans, Zinkplaat, Dikazzinz, Die Helde, Sondag Sensasie, Slagyster, Gerald Clark, Buitenstander, 18:00, R25
vetseun

2006 03 11 - Straatfees: Niel Smith, Verniel, Lizna Smith, Francois van As, Kampong, Slagyster, Lucky, The Hero, Fathers Of Invention, J2Z, Chris Wait, Joe Martin, Stellenzicht Music Project, Henry Jack, Raaskopleef Band, ESP, Malva Centauri, Amafist, Rian Malan, Lukraaketaar, Gerard van Maasakkers, Skallabrak, Akkedis, Jesse Jordan, Jack Hammer, Victoria Straat voor Mystic Boer en Bohemia, 10h00, Gratis - Woordfees - Ondersteun deur Stellenbosch munisipaliteit
vetseun

2005 04 08 - The Gif Appel Festival: Slagyster, Trompie Is Dood, Plofmot, Rudimentals, Emo Kid Josh, Kallitz, Misdaad Kinders, Zinkplaat, Hidden Cellar, Stellenbosch, 19:00, R40
2005 04 09 - The Gif Appel Festival: Hog Hoggidy Hog, Half Price, Neshamah, Tonight We Die, Armour For Nightmares, Black India, Doppler Effect, Antipathy, Captain Stu & The Llama's, Impropriety, Lovehunter, Hidden Cellar, Stellenbosch, 14:00, R40 - www.gifappelfestival.co.za
vetseun
vetseun

2005 03 12 - Straatfees: Hanru Niemand, Khuboes Mense, Plofmot!, Slagyster, Henri Jack, Livid, Ququlethu Queens, The Merry Melodies, Trompie Is Dood, Kallitz, Malva Centauri, Abel Kraamsaal, Melktertkommissie, Brixton, Skallabrak, Gorki, Zinkplaat, Delta Blue, Bed On Bricks, Fokofpolisiekar, 11:00, Victoria Straat voor Mystic Boer en Bohemia, Gratis
vetseun
2005 03 12 - Straatfees met great bands soos: Fokofpolisiekar, Melktert Kommissie, Bed On Bricks, Abel Kraamsaal, Trompie Is Dood, Delta Blue, Skallabrak, Victoria Straat voor Mystic Boer & Bohemia, 10h00, Gratis Pasella Free
vetseun

2004 04 08, 09 - Gif Appel festival: The Rudimentals, Hog Hoggidy Hog, Neshamah, Kallitz, Tonight We Die, Lovehunter, Plofmot, Zinkplaat, Trompie Is Dood, Half Price, Captain Stu, Misdaad Kinders, Black India, Antipathy, Doppler Effect, Emo Kid Josh, Impropriety, Armour For Nightmares, Slagyster, Hidden Cellar, Stellenbosch, 19:00, R40 - blunt - www.gifappelfestival.co.za
vetseun


.vetseunvetseun



bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )