


















Shofarband

Ons Sal Sing ..... CAMCD9801991030
Shofarband is 'n groep kunstenaars van die Shofar-gemeentes in Suid-Afrika en oorsee. Hulle wil graag sien dat mense die vrymoedigheid het om God passievol te prys en aanbid. Hulle eerste aanbiddingsalbum, Victorious One (wat lewendig opgeneem is) , is in Mei 2011 vrygestel en bevat nege liedjies wat geskryf en opgeneem is binne hul kerk-gesin, asook 'n verwerking van 'n tradisionele kerklied. Ons sal sing, hulle tweede album, bestaan uit 12 nuwe Afrikaanse liedjies en een verwerking van 'n kerklied. Hierdie gemeentes se doel is om verskillende nasies en generasies te bereik en dis ook hoekom hulle Afrikaans gekies het as die taal vir hul tweede album. Ons is opgewonde oor die vars klank van hierdie album en ons sien uit daarna om te hoor hoe mense God met hierdie liedjies aanbid!
skakels :