Chris ChameleonChris Chameleon - Kyk Hoe Lyk Ons Nou
TuisbladChris Chameleon op FacebookChris Chameleon op TwitterChris Chameleon op MyspaceChris Chameleon op Last.fmChris Chameleon op YouTubeChris Chameleon op DiscogsChris Chameleon op Wikipedia

As Jy Weer Skryf - 2011


Ingrid Jonker is 'n aangrypende figuur. Haar lewe het tussen die mede Sestigers soos 'n stadige tragiese operatiese drama afgespeel. Die ervaring van 'n pragtige meisie tussen die altyd dreigende inperkende realiteit word in haar gedigte, net soos in haar amper metaforiese selfmoord, strak uitgebeeld.

Chris Chameleon se musiek en faam is wyd en diep. As die Verkleurmannetjie homself het hy in verskeie vorme en kleure wydreikende skares laat juig. Met die sukses van Boo! en die swaargewig Ek Herhaal Jou uitgawe is hy een van die bestes.

Ingrid is in 1933 gebôre, op 23 publiseer sy haar eerste die bundel, Ontvlugting. Sy het haar geaffilieer met die Sestigers rondom die digter Uys Krige, en hul stand teen sensuur, die nuwe paswette en die Sharpeville moorde, het publikasie bemoeilik tot die punt van onmoontlikheid. Rook En Oker is eers in 1963 uitgegee en is in verskeie tale vertaal en breed geprys, dit wen die Afrikaanse Pers-Boekhandel prys in 1964. Kantelson word na haar selfmoord uitgegee, 1966, en al drie bundels word saamgevat in Versamelde Werke in 1975. Dié word vertaal deur Jack Cope en William Plomer vertaal, Selected Poems sien die lig in 1968. In 2007 vertaal André P. Brink, Antjie Krog en Ingrid de Kok Versamelde Werke, Black Butterflies: Selected Poems.

In oordoende grimering en piepklein rokkies het mens die surrealistiese beeld van Chris Chameleon leer ken. Die musiek is met alles wat 'n instrument is uitgebasuin, meestal met lekker dansritmes en opwekkende kore, altyd met glimlag en malheid. Hul gee Pynapl Flava in 1998 uit, en volg dit op met rekordbrekende hoeveelhede wêreldwye vertonings, en The 3 Boo?dists (1999), Naughties (2000), Shooting Star (2002), TNTLC (2003), The Three Of Us (2010)... Plus meer. Chris het rustig die Afrikaanse musiekmense in die musiekweb (-tong) vasgevang deur die legendariese Ek Herhaal Jou - en met 7de Hemel (2006) TV oorgeneem, Ek Vir Jou (2007) bietjie meer elektronies, Klassieke Chameleon (2008) versamel, Kyk Hoe Lyk Ons Nou (2009) alles manjefiek saam. Plus 'n paar DVDs plus, Shine (Solo Engels, 2006), Made Available (2008) Engelse versameling...

So as iemand jou vertel van Ingrid Jonker, op 'n stoepie in die Karoo of by die see, en jy wil regtig uitvind, dan kan niemand jou beter vertel as Chris Chameleon nie. Hierdie uitgawe is 'n voortsetting van die Ek Herhaal Jou "bundel", nog snitte met sy ontsaglike kreatiwiteit gefokus op verwerking van haar eenvoudige louter woorde. Super.




"Six years after the release of my first Afrikaans album, "Ek Herhaal Jou" - a composition of Ingrid Jonker's poems, I am still inspired and fascinated by her verse forms. I still experience the same emotional intensity that I felt the first time that I read and fully understood her work." Chris Chameleon

In 2005, Chris Chameleon intrigued the Afrikaans music community with his first, and now- iconic, Afrikaans album - "Ek Herhaal Jou". Chris is back with an album that easily builds on the creative energy that Ingrid Jonker's lyrics instilled in him. "As Jy Weer Skryf" is an eclectic musical masterpiece. The compositions are upbeat and heartfelt and there are also songs that fearlessly visit the darker side of Jonker's work. A rock and children's song also add to the variety on the album.

"As Jy Weer Skryf" is an in-depth exemplar of Chris' evolution as an artist over the past six years. The combination of Chris' unique vocal capabilities with complex instrumentation gives way to a much richer sound. "As Jy Weer Skryf" was recorded in March 2011 at Belville Studios under the guidance of award-winning music producer, Theo Crous.

Even though there are a variety of musical styles on the album, Chris' distinctive singing manner places his own unmistakable stamp on every song. The flowing nature of his pure falsetto voice is occasionally used (he also does all the backing vocals) and reminds the listener of Chris's exceptional vocal ability that few others can imitate.

Songs like Kabouterliefde, Tokkelos and Ek Het Gedink are perfect examples of Chris' highly original approach to Jonker's popular poems. This album is simply a must for all Chris' countless fans, devotees of Ingrid Jonker's poetry and all lovers of quality Afrikaans music.

More information: www.chrischameleon.com

Media Contact: Liny Kruger at Palila Publicity: liny@mweb.co.za 082 464 1926

As Jy Weer Skryf . RR121 RHYTHM
1. Ek Het Gedink (MP3)
2. Afskeid
3. Offerande
4. Gisteraand
5. As Jy Weer Skryf
6. Tokkelos
7. O Die Halfmaan
8. Waterval Van Mos En Son
9. Herfsoggend
10. Daar Is Net Een Vir Altyd
11. Elke Man Het 'n Kop (VIDEO)
12. Kabouterliefde
13. Ek Het Gaan Soek
14. Herwonne Land
15. Windliedjie

Chris Chameleon - As Jy Weer Skryf

@ MusicBrainz

Chris Chameleon CDs
Chris Chameleon - As Jy Weer Skryf
Chris Chameleon - Kyk Hoe Lyk Ons Nou
Chris Chameleon - Klassieke Chameleon
Chris Chameleon - Ek Vir Jou
Chris Chameleon - Ek Herhaal Jou
Klassieke Chameleon (2008)
Ingrid Jonker Boeke
Ingrid Jonker - Her Lives and Time DVD
Ingrid Jonker - Black Butterflies: Selected Poems
Ingrid Jonker - Versamelde Werke
Gesprekke oor Ingrid Jonker (L.M. van der Merwe)
Ingrid Jonker - Beeld van 'n digterslewe (Petrovna Metelerkamp)
Her Lives and Time DVD (2008)
Black Butterflies: Selected Poems (2007)
Versamelde Werke (2006)
Gesprekke oor Ingrid Jonker (L.M. van der Merwe) (2006)
Ingrid Jonker - Beeld van 'n digterslewe (Petrovna Metelerkamp) (2003)