Bittereinder
'n Ware Verhaal - 2011
Jaco van der Merwe (MC Ajax), Peach van Pletzen (Yesterday's Pupil, Oorlog Frankenstein), Louis Minnaar (Coded Sleep, Eentonig), Jack Parow, Tumi Molkane (Tumi & The Volume), Inge Beckmann (Lark), Sev Statik (Deepspace5, USA), Richard Brokensha (Kidofdoom, Isochronous), Tim Beumers (NED)...
Aweregs vir die een, sommer net. Ons begin met die klanktoetse, en sal dan die hele ding benader. Weet ma, dis waaroor dit gaan hierdie. Normale een hier...
....................."daar is 'n tyd vir kommer"......................
Met snaaks skuiwende basgeluide en 'n lynbeat begin hierdie een inleidend, maar vinnig is daar woorde genoeg. Maar hy breek skerp af tot elektroniese steke en die koorbeat ingrypend effektief en bewysend breed opsommend van danserigheid en hop. Teen wanneer Jaco amper mompel en die kinderduo woorde herhaal, en wanneer Jaco hardop opse, en die viervier kinderduo oor riffs rebelleer... Almanak.
......................"in die stilte sien jy"........................
Siek boorgeraasbas maak oop en tragediese koor eerste voor woorde hulself inworstel tussen draaibas en verdubbelende beats. Jy kan later die woorde leer, maar nou eers wag vir afbreek en opwenkolkbas, dans. Hierop is Sev Statik vir internasionale naamval indien benodig, 'n lekker vierdetaal man, twang en al. Voleinder.
......................"vertel je mij hersenschimmen".........................
Slechte Mensen met Tim Beumers skop jou gat. As ons nou nie vloek nie. Die samewerking tussen drie Bitters en die Europese rymer skiet sonder kompetisie na ons top tien ooit. Mal video, en ernstig-oor-elektrobeats lirieke met motivering en vertelling ingesluit, saam met raad en moed, wenner. Opbouende rtimes siek toegepas.
Dan gaan ons na die meer introspektiewe rymgebaseerde nommers. Half vertel half bepaal, altyd waar.
......................."kies waarvoor jy lus is so tussen"..........................
Ware Verhaal self is genoeg eksistensialistiese paarrym om laerskole (Huyser) te integreer.
Die ritmes en baslyne is vinnig onder-jou-vel en met vinnig aangrypende stem/koor is jy kopknikkend-saamsingend of tegnies-mal-dansend. So effense bobbejaandans approach met hope woorde en "terugveg", met melankoliese "apatie".
......................"hou ma net vas"......................
Kooreerste Solidariteit kan dalk as beatanthem dien vir die naamgenoot party, maar hul kan miskien nie die elektro-viervier onderhou nie. As jy die een probeer duifgat (pigeonhole!!) sal jy sukkel, die ritmes breek nou af tot groot glyende ruimtegeluide en dan nader na 'n amper bithop gevoel. Jaco weer koning hier.
....................."en vir die eerste keer besef hulle"....................
Onheilspellende begin hierso. Jaco in verledetyd en naby aan daai mic. Maar jy weet die lessie kom, en as die Einders saam
Waarsku(wing). Maar saambouende bas en strykmense, weet en bewyse, oneidige diepbasnote en onthullende verootmoedigende sternumpraat wen weer. Jy kan spring en huil, of albei. Innig epies.
...................."dit is die ..."..........................
Emosiebelaaide note begroet hier met 'n nostalgiese-herdenking / nou-fiering gevoel wat nie einde gaan kry nie. eers Jaco van der Merwe wat Pretoria se binnegoed beskryf met verwysing na huidige en vergange landmerke. Vergewe die Kerkorrel Snôr City verwysing in 'n gesamentlike terugkyk-blur. Tumi Molekane van The Volume
vat Jozi aan en werk die Engels mooi in, dan is Jack Parow (en sy oneindige inspirerende internasionale "Cooler As Ekke" goed) aan die aangaan oor Kaapstad. Louis Minnaar se ADD video wen ook. A Tale Of Three Cities, video. Kollaborasie nommer een.
..................."dis duur maar nie genoeg nie"..........................
Pen(fkn)worstel. Squeaky goeters en akoestiese kitaar aan die begin en nog van die allround klankoorname gemoed stemming dinge. Jaco reg tussen jou ore en woorde vir almal en alles,
sommer oorlopenderym hier. Soos dit moet wees. Teen wanne die synths 'n Tron-agtige elektroniesheid aanneem en die klavier oordonderend weergalm, en Jaco pause, dan introspeksie/ootmoedig die een jou al die pad. BFK.
Dan is daar ook die surrealistiese gelukkigheid kwofisiënt liedjies.
....................."jakkels....een, twee drie"...................
Kinderstemme en babauitspraak intro vir stemming en 'n aftelling. Jakkals, Leeu & Peske.
...................."hierdie liedjie sal jou alles laat ver-"...............
Superbabe Inge Beckmann verleen haar 3dmooiheid. 'n Woepies Wurm realiteit met Siembamba geluk en SAUK driehoeke is ons hier weggevoer na tye vol glimme. 'n Kleurryke
remix van 80s poppekas en marionette met 'n sterk beat en aanhalings vol oogknip en sonskyn. Wakkerword.
...................."elke akkedis, elke dier en vis"...............
Die Slang & Die Arend se stadigbewegende ritme en backup vocals maak vir 'n ernstige snit, maar die metoforiese storie en inlewing verander straks 'n strokiesprent in 'n driedimensionele houtskool
uitlegging. Spiralende paragrawe wat net deur die elektroniese genie daaragter beklemtoon word. MAL WNNR.
...................."selfs met volle beheer van tyd"....................
Die een superskop in en basverskuif die hele houtvibrasieseksie. Massiewe bas begroet jou by die laaste een. Maar hier vergroot die elektronies allieerdes hulle-self net verder. 'n Basgedrewe, synth herhalende en 'n meer popperige sangaflewering is perfek vir die afgelope 45min.
'n Ware Verhaal . RR119 RHYTHM 1. Jakkals, Leeu & Perske 2. 'n Ware Verhaal (VIDEO) (LIVE, MK) 3. Almanak (LIVE, MK) 4. Solidariteit 5. Die Waarskuwing 6. A Tale Of Three Cities met Jack Parow, Tumi Molekane (VIDEO) 7. Wakkerword met Inge Beckmann 8. Voleinder met Sev Statik 9. Die Slang & Die Arend met Richard Brokensha 10. Penworstel 11. Slechte Mensen met Tim Beumers (VIDEO) 12. Die Ooreenkoms |
|
Bittereinder - Slechte Mensen met Tim Beumers |
CDs | ||||
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
Yesterday's Pupil - Errors In Enthusiasm (2009) |
Eentonig - Eentonig (2009) |
Jack Parow - Cooler As Ekke EP (2009). |
Tumi & The Volume - Whole Worlds |
|
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
Tumi & The Volume - No Guarantee |
Tumi & The Volume - Tumi & The Volume (2005) |
Isochronous - Inscape (2011) |
Isochronous - Isochronous |
Kidofdoom - .My Faith In War (2009) |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
Kidofdoom - .Kidofdoom |
Sev Statik & DJ Dust - Back To Dust (2007) |
SevStatik - SpeakLife (2002) |
Tim - Bloed Zweet En Tranen (2007) |
Tim - De Hoogste Tijd (2005) |