Chris ChameleonChris Chameleon - Kyk Hoe Lyk Ons Nou
TuisbladChris Chameleon op FacebookChris Chameleon op TwitterChris Chameleon op MyspaceChris Chameleon op Last.fmChris Chameleon op YouTubeChris Chameleon op DiscogsChris Chameleon op Wikipedia

Kyk Hoe Lyk Ons Nou - 2009


Net nog. Fyn uitgewerkte maklikheid. Opswepend, saamvattend.

Taal Van Die Liefde, wat Afrikaans op die mooiste idees denkbaar besing, deur die oë van 'n verliefde. Erkenning van hoeveel die Taal daagliks vir hom en andere beteken. Luilekker kitaar oor beats wat net-net wil ernstig wees. saamsing begin hier.
................... "en as ek droom, dan droom ek, in my taal..."
Apie is meer opgewek, so veel soos wat jy kan kry uit Verkleurmannetjie, parmantige rympies teen hewige ritme. Die geluidliedjie. Waar Eiland terugkeer na rustigheid, en aanvaarding van die ligte trant wat hierdie half ernstig verpakte CD inneem. Koorgebaseerde lekkerheid.
Muur, met 'n lekker basritme, maak vir dansmusiek, Verkleurman hier in volkleur, weer. Die een gaan waar jy wil gaan, as jy vorige CChameleon CDs geniet het. Herhalend na nommer vier geluister, vir 'n ruk.
................... "en soms verbeel ek my dat ek dit met iemand deel..."
Die perfekte mengsel verlange, herinnering, hunkering, onthou, en liefde, saam. Maar ek dog jy weet Mnr. Verkleur kan dit doen. Ons bly gefokus, na die aanvaarding van die Muur, op Ek Kan Nie Wag Nie, is die kitaar snit, en wie anders an meester Crous se fyn vingers oor die distorte kitaar.. 'n Rocker, radiovriendelik verby, wag vir die video...
Ons vind Chris Chameleon onheilspellend. Dis net te mooi. Partykeer ongemaklik mooi. Nie altyd 'n goeie ding om uit volle bors in verkeer te sing nie. (Maar doen dit anyway...) Om Te Verdaag, soos Ek Herhaal Jou se Fragment is daai lied, die verkeerslied...
................... "en sy sê, ek het jou lief, en al die vrugte van my bestaan..."
Met 'n vertellende toon, begin die duet met Lianie May, van Mozi Records faam, Grootste Geskenk. Weer met superkitaar riffs, wat vir nog 'n treffer ingespan word. Die GRATIS snit vanaf Kyk Hoe Lyk Ons Nou, Lucille, is 'n dansvloersong, as die partytjie nou eers so bietjie begin gemaklik word.
Abstrakte perkussie en vinnige ryms, dan met lekker kitaar tjikkelinge, en teen die tyd wat die koor: "Altyd Tuis! Altyd Tuis!; aanbreek is jy al lankal aan die voetstamp. Nog 'n subtiele verwysing na waar die hart lê, na swerf en wandelinge wêreldwyd.
............ "die ligte een vir een afskakel, en onderneem om môre op te ruim..."
Afspraak bring die majestieuse orkesklanke van Ek Vir Jou terug in amper elektroniese presissie. Die woorde word stadig gesing/gesê, wat die sussende intensiteit amper oorweldigend maak teen die tyd wat ons dromme in reverb oor alles distort. (As jy bietjie aanhou, kan jy lekker lag vir die "versteekte" boodskappie).
'n Bobaas CD, ons haal ons spreekwoordelike hoed af, en buig grasieus.

Kyk Hoe Lyk Ons Nou . RR098 RHYTHM
1. Taal Van Die Liefde
2. Apie (VIDEO)
3. Eiland (VIDEO)
4. Muur
5. Ek Kan Nie Wag Nie
6. Om Te Verdaag
7. Grootste Geskenk met Lianie May
8. Lucille (MP3)
9. Altyd Tuis (VIDEO)
10. Afspraak
11. Lag

Chris Chameleon - Lag

@ MusicBrainz

Chris Chameleon CDs
Chris Chameleon - As Jy Weer Skryf
Chris Chameleon - Kyk Hoe Lyk Ons Nou
Chris Chameleon - Klassieke Chameleon
Chris Chameleon - Ek Vir Jou
Chris Chameleon - Ek Herhaal Jou
Klassieke Chameleon (2008)