Chris ChameleonChris Chameleon - Ek Vir Jou
TuisbladChris Chameleon op FacebookChris Chameleon op TwitterChris Chameleon op MyspaceChris Chameleon op Last.fmChris Chameleon op YouTubeChris Chameleon op DiscogsChris Chameleon op Wikipedia

Ek Vir Jou - 2007


So ok, Chris gee ons hoendervleis. En die een skop dieselfde af, mens is sommer meegevoer in die Taal van die eerste note. Kry die openingsnit by myspace.com, 'n WNNR. Dit help miskien as jy verlief is, dan kan jy lekker saamsing.
Na die komersiele sukses van Shine en 7de Hemel, en 'n Europese platekontrak verwag mens miskien 'n oorgeproduseerde stukkie plastiek, maar Chris se woorde is maar nog net so innocent as Ek Herhaal Jou, soos die titel verklap.
Oogopslag groei stadig van 'n amper akoestiese een, tot 'n stadium treffer met die note wat deur die dak klief, soos dit die verhoogmeester bekoor. Ons luister daai een drie keer, seker maar die verliefdheid, maar meer die crescendo wat die koor die buitenste ruimte insing, lekker. Amper raak dit 'n liefdesbrief, vir die blondine...
........................ " ... kan dit wees, dat met die eerste ... "
Mens hoor die vingers van Theo Crous op die knoppies, met melodieë en harmonie wat in oorvloed die woorde begelei. In Bellville Studios word verskeie klank verwerk, maar ons is seker hierdie een was van die wat meer geniet is.
Soen is meer van daai amper onuithoudbare tjikkelinge-tjikkelei wat die Verkleurmannetjie die volk ingebors het, lekkerder as lekker, met meer energie as 'n week se voorgeskrewe vitamiene. Eerlik tot die punt van voetstamp en koor saamsing, miskien kan jy die geluide ook probeer maak, tee teeteeet teeoo, infekterend.
....................... " .. wil ek jou eintlik net gryp en ... "
Drie wys die gemaklikheid waarmee die twee musikante ritmes en genres kan vervleg. Met 'n amper hip-hop ritmetjie en r'n'b fluistering in die agtergrond verleen dit 'n internasionale geur aan hierdie gediggie wat miskien nommer een genoem moet word vir 'n ruk. Heuning kitaarnote verf 'n driedimensionele hemel, en as die stem ...." .. eha .. " sal jy verstaan wat bedoel word. Daai een speel ons weer, gooi so skoffeltjie, en strek arms uit soos 'n vliegtuig ... eha ...
Titelsnitte is gewoonlik mos nogal aanduidend van die gemoed van 'n CD, Ek Vir Jou, een van Theo se hope bydrae, is icon Chris Chameleon, so mooi dat trane die verhoog afloop, almal se ogies met sterretjies, links en regs wiegend in geluk... Kyk maar, treffer, wonder wat die Laaglande van die een gaan maak!!..
....................... " .. Ek vir jou, en jy vir my .... "
Terug na die amper country ritmes wat die tong-innie-kies woorde so lekker van die tong laat glip. Besingend aan die skoner geslag en die verlange na die genieting. Vertellend en weer eerlik genoeg dat dit later in geluide ontaard, lekker rondry liedtjies, hierdie met die geluide,
........................ " ... rrrteertete rrttoouu rrtrteeeou!! ... "
En weggevoer, weer. Reguit lirieke oor onheilspellende note, maak vir 'n rustig tog onstellend waar snit. Lize Beekman verleen 'n sagter (maar net so ernstige) vrouestem aan die ritme, die "genre" reg in haar kraal, sien haar uitgawes hier
........................ " .. en kan jy, onthou .. "
So ons is nou in die "middel" en ons word gerus gestel met 'n liefdestreffer wat gemaak is vir sonligmiddae en kuier, heerlike backbeat en 'n koor wat die hare op enige verlangende een se nek sal orent laat staan. Check, die Stellenboschers moet eintlik die een sêr, of wag dis miskien so bietjie erg.. Rondry een, Om Jammer Te Sê ...
...................... " .. en ooooo, om jou te verloor ... "
Nog, dans dude!! Opgewekte ritmes met daai kitaarslaan, samesyn beskrywings, soos Die Onverkrygbare se tyd, Weer Bymekaar, amper 'n partyjie na die vorige een se uitsien. Die CD is teen die tyd lankal in die argiewe, sien uit om die verkope te sien die hemel in skiet.
Berei asseblief voor!! Vertrek Van Die Twaalf is nie vir X puriste nie, want hier
..................... " .. en dis te lanklaas ... "
is bas en 'n ernstiger klank in die woorde. En natuurlik kitaar, wat herhalend die speelveld verbreed en oorneem, en as die koor kom, en Chris se stem is effens hoër, bly dit maar hectic. Hierdie is 'n kant van Kleur wat ons min sien, meestal verskans deur die ligte en strobelights, 'n kant wat mens miskien laat sien wat hier gebeur, WNNR.
Laaste Baklei is weer huge. Soos die eerste snit, meng minimalistiese harmonie met groot ritmes en hoë note om 'n stadiumgrootte klank teweeg te bring, sjoe. Klink soos baie internasionale bands, "sit jou bandnaam hier", en met nadenke is die miskien ons gunsteling, saam met Oogopslag en Vertrek Van Die Twaalf, maar hey almal ..
............................... " .. ek en jy .. "
Aflsuiting deur 'n mengsel van al die elemente, dansbeat, op-en-af-spring kitaarnote, geluide en kore. Verskoon maar die nuutskeppinge en oormatige gebruik van leestekens, mens kannie anders as om met hierdie klankbaan effe liries te raak oor dinge nie.
............................. " .. sou ek my nooit die genot of ... "
Sien Chris se myspace vir op datum nuus, tuisblad vir meer, Rhythm Records ofkalahari.com of Take2 vir "Ek Vir Jou", en Bowline.

Ek Vir Jou . RR080 RHYTHM
1. Eerste Oogopslag (MP3)
2. Soen
3. Ja Gesê
4. Ek Vir Jou
5. Klein Klein Jakkalsies
6. Ek Dink Ek Hou Nog Van Jou
7. Om Jammer Te Sê
8. Weer Bymekaar
9. Vertrek Van Die Twaalf
10. Laaste Baklei
11. Epiloog

Chris Chameleon - Eerste Oogopslag

@ MusicBrainz

Chris Chameleon CDs
Chris Chameleon - As Jy Weer Skryf
Chris Chameleon - Kyk Hoe Lyk Ons Nou
Chris Chameleon - Klassieke Chameleon
Chris Chameleon - Ek Vir Jou
Chris Chameleon - Ek Herhaal Jou
Klassieke Chameleon (2008)