FokofpolisiekarFokofpolisiekar - Monoloog In Stereo EP
TuisbladFokofpolisiekar op FacebookFokofpolisiekar op TwitterFokofpolisiekar op MyspaceFokofpolisiekar op Last.fmFokofpolisiekar op YouTubeFokofpolisiekar op DiscogsFokofpolisiekar op Wikipedia

Monoloog In Stereo EP - 2005


'n "sagter" fokof, is maar nogsteeds 'n fokof. direktheid en woonbuurt ken is hier volop. kras grensende kitare nogsteeds en tedum-tedum ritmes. Kry vir jou nog voorstadskrete.
.......................... "dis nie my skuld nie"
die ep sluit ook die eerste liefdesliedjie in, so sê hulle, ons dog Tygerberg Vliegtuig is 'n lovesong? anyway, mooi vertellend van neig en hunker, eerlik sonder pretensie of nodig hê vir tweekeer sê.
........................ "om mense te leer ken"
daardie klank wat ons musiek van hieraf het kom mooi te voorskyn in die effense "Die Illusie Van Veiligheid" wat dwalend rym totdat die galoppende elektriese kitaar berge en vlaktes smee...
........................ "ons los ons ruite oop"
met minder rondspringende mense en gillende dames word die sinchronisasie meer intens en veral in die heel stadige "Wintersdag By Die Seer" word elke instrument een vir een na vore geskuif en hoor mens die amper DM invloed van die afgelope kommissies vir alter-ego en CD4.
....................... "en rooi branders breek"
so ook amper ondraagbare spoed op "Monoloog In Stereo", 'n snit wat letsels los, met of sonder intensie. Ligte boerekitaar wat so spasieus moontlik van kant tot kant hipnotiseer, dis mos wat jy wou hê.
...................... "gelukkig skyn die son...."
meer aantuigend, soos die vorige twee albums, druk "Die Seksuele Revolusie" 'n vinger teen die bors van isolasie en afskeiding, praat lelik van onskuldiges en roltrappe...
.................... "stap versigtig met 'n...."
engels in tente orals. sommer so dat daar nogsteeds gesweet en gevloek kan word, maar miskien meer rooiwyn-kuier as bier. nog 'n juweel vir jou Fokofpolisiekar uitstalling...

Monoloog In Stereo EP . RR062 RHYTHM
1. Oop Vir Misinterpretasie
2. Ek Dink Aan Jou (As Dit Reën)
3. Die Illusie Van Veiligheid
4. Wintersdag By Die Seer
5. Monoloog In Stereo
6. Die Seksuele Revolusie

Fokofpolisiekar - Monoloog In Stereo (MK Unplugged)
Fokofpolisiekar CDs
Fokofpolisiekar - Forgive Them For They Know Not What They Do (2009)
Fokofpolisiekar - Antibiotika EP/DVD (2008)
Fokofpolisiekar - Swanesang (2006)
Fokofpolisiekar - Monoloog In Stereo EP (2005)
Fokofpolisiekar - Lugsteuring (2004)
Forgive Them For They Know Not What They Do (2009)
Antibiotika EP/DVD (2008)
Swanesang (2006)