Brixton Moord En Roof OrkesBrixton Moord En Roof Orkes - Terug In Skubbe
TuisbladBrixton Moord En Roof Orkes op FacebookTwitterMyspaceBrixton Moord En Roof Orkes op Last.fmBrixton Moord En Roof Orkes op YouTubeBrixton Moord En Roof Orkes op DiscogsWikipedia

Terug In Skubbe - 2005


dis weer Beter Dae, met tjikkelinge tjikkelei jo'burg kitaar en opgewekte depressie. na 'n paar jaar se musiekmaak, rubrieke skryf ens. is dit weer tyd vir 'n brixton cd.
geskryf en getoonset deur verskillende lede van die band en met 'n mengsel van jazzy rustige nommers wat trekerig kore laat insink, tot hewige nommers wat jou die stuurwiel laat vasgryp en die kore saamskree, nog 'n moet cd.
................... "o a o a o a"
'n visvang CD ... maar eintlik net viskyk, want na terug in skubbe sal water nooit weer so aantreklik lyk nie, honde vreemd bekend en voëls se vryheid snaaks toeganklik. saam met liela kom 'n vertelling van oplossings gesoek en nie gevind nie, verleiding en vrae, saam met kitaar. wat ons by die stuurwiel song bring.
.................... "...as jy verby moet vat ..."
rock, rock en afrat, en verbygaan rock, kitaar hemel oor andries se skreeue teen die verkeer (orals). dans ons seker julle het almal 'n Paul van der Sandt geken, clubber tot die max, brixton vertel hopeloos die hopelose storie van ons vriend ... oor lui kitaar.
dan die brannewyn nommers, gelukkig in daardie "sonskyn en chev"-manier, met allerhande familie issues ingesluit. Sussie Se Sweep het die satyn stem van esme evakwaad wat die sweep image versterk, 'n prostitusie een. Salome is in die groot stad verraai en bedien tafels tot later, 'n waitress een. Kleurvolle Tradisie is eie suid-afrikaans met hope verwysings na alledaagse aksies, maar eintlik 'n roepe na 'n boikot van die wet teen rook in winkelsentrums!! opgewek en ritmies sekerlik om toi-toi aan te moedig of aan te dryf. met Joanne Jaques
goud in my brannewyn beskryf die brannewyn trein, amper so vol soos die gravy een, maar anders, moord verduidelik pragtig simboolisties die eensame soeke na drank. dit was die brannewyn song. en dan die scope song, Lisa Forward, opgedra aan 'n 80s sterretjiesgodin.
terug na paul, en sy ambisieuse agressie en opbouende probleme en sy stilbly. Paul Riekert se elektronika ook teenwoordig, rock met amper enigmatiese stemme fluisterend en kore wat 'n gothic gevoel tot die sterk Koos du Plessis woorde verleen, karla du plessis het die musiek hiervoor gedoen, new age Koos Doep. uitf..stekend!
terug na andries se reguit vertellings oor rock, sien baie meer daarvan ook op die insomniak album, hier verduidelik roof hoe mnr daniels as sielkundige aangewend kan word om middelklas probleme vry te spring, of nie.
Trane Van 'n Terroris is brixton se afrikaans op sy skerpste en hierdie nostalgiese trip deur 'n revolusionêre afrikaanse seuntjie se geskiedenis los 'n eensame gevoel in enige bors.

Terug In Skubbe . RR057 RHYTHM
1. Vis
2. Fortuinverteller met Liela Groenewald
3. Spoed
4. Paul van der Sandt
5. Sussie Se Sweep met Esmé Evakwaad
6. Salome Se Lot met Joanne Jaques
7. Kleurvolle Tradisie met Joanne Jaques
8. Goud In My Brandy En Coke
9. Lisa Forward
10. Stil Ou
11. Dagboek Van 'n Swerwer
12. Terapie
13. Trane Van 'n Terroris met Paul Riekert

Brixton Moord En Roof Orkes - Fortuinverteller
Brixton Moord En Roof Orkes CDs
Brixton Moord En Roof Orkes
Spergebied (2002)
.
.
.
.