Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Rozanne Gewaar (Gewaarwordings)


Rozanne Gewaar - Vanaand VID >>>


Rozanne Gewaar - Water In My Karoo VID >>>


Rozanne Gewaar - Kleine Gode met Andres Amador VID >>>


Rozanne Gewaar - Wiegielied Vir 'n Skimkind VID >>>


Rozanne Gewaar - En Met Tyd VID >>>

vetseunvetseun
Kleine Gode ....................................... 2013
1. Almal
2. Chicagnitsa
3. Inklied
4. Water In My Karoo
5. To Carve
6. Kleine Gode
7. Wag Vir Môrelig
8. May We Be
9. Talk To Me
10. Vrou

Kleine Gode is in Stellenbos opgeneem deur Jürgen von Wechmar. Melissa van der Spuy het heerlik al die liedjies "ingekleur" met haar unieke aanslag. Die resultaat is 'n vol, ryk album wat Rozanne se liriekryke liedjies in 'n heel nuwe lig plaas.

Rozanne Gewaar se derde album, Kleine Gode, is reg! Einde November skop sy 'n vinnige toertjie af - sy hou k'sert in die Kaap, Londen, Amsterdam, en natuurlik die VSA. Die liedjieskrywer het onlangs van Chicago af San Francisco toe getrek.

Hierdie album is half Afrikaans, half Engels (Haar eerste, Songs from Church Street, was Engels; die tweede, En Met Tyd, weer Afrikaans). Van die liedjies kom al jare aan; ander is net-net voor die opnames klaargeskribbel.

"Dis altyd moeilik om liedjies uit te kies, maar daar loop tog 'n tema deur die album, en dis hoekom ek Kleine Gode as die titellied uitgesonder het", sê Rozanne. Die idee van ons menslike skeppingsdrang, ons vermoë om te bou en breek, ons sensitiwiteit en tog ons stomme onkunde - dis vir my die tema wat loop deur liedjies soos Kleine Gode, Vrou, Karoo en To Carve."

In die lied Kleine Gode word gehoop vir 'n verhouding gemessel in kreatiwiteit - maar dinge werk anders uit! Karoo spreek homvetseun uit teen breking (fracking) in die Karoo, en hier raak die produksie kreatief met tradisionele ritmes en industriele klanke. Vergelyk gerus die twee weergawes van hierdie lied op Rozanne se webtuiste. Vrou is geinspireer deur die Egiptiese godin van orde, Maat, en is 'n ode aan die rol van sterk vrouens in gesonde gemeenskappe.

Gewaar is die eerste twee weke van Desember in Suid Afrika en sal 8 Desember 'n huiskonsert in die Kaap hou. Hanru Niemand en ander liedjieskrywers sal saamspeel. In Amsterdam speel sy 13 Desember by Café Restaurant Tjing Tjing, waar oud-Suid Afrikaner Michael Ricketts Suid Afrika se naam hoog hou met sy disse en sy entoesiastiese musiekondersteuning; en op 15 Desember meld sy in Londen aan.

Nog 'n lied op die album, Wag Vir Môrelig, sal in Desember met 'n nuwe Musiekvideo spog. Wag vir Morelig kan maklik 'n donker lied wees, maar die produksie fokus op die skryfproses. Mens moet soms jou donker nag deurleef voor jy iets het wat jy maar kan deel.
vetseun
Gewaar se eerste twee albums is positief ontvang. "Songs from Church Street" het die ore van Rolling Stone resensent Toast Coetzer gevang. Na haar tweede, "En Met Tyd", het Mariana Malan in Beeld se Klankboks geskryf, "Maak solank met haar kennis, want dis 'n naam wat nog baie gehoor gaan word." Publikasies soos Illinois Entertainer, Volksblad, Beeld en Litnet het notisie geneem van Rozanne se aanslag vir protes- en voelmusiek.

Hierdie is nie dansmusiek nie; en tog vind dit aanklank - haar eenvoudige kitaarspel, helder stem en fyn observasies sit mense aan die dink; daar word lekker gelag, en trane is nie ongewoon nie! Engelse snitte uit Kleine Gode is reeds aanvaar vir VSA radio stasies soos KKFI in Kansas, WAER in Syracause, NY, en verskeie internet radio stasies soos TuneMeWhat, wat Suid Afrikaanse musiek oorsee bevorder.

Rozanne se webtuiste: www.gewaarwordings.co.za.
Facebook: www.facebook.com/rozannegewaar
Epos: gewaarwordings@yahoo.com

Al Rozanne se albums kan bestel word by https://rozannegewaar.bandcamp.com.

vetseunvetseun
En Met Tyd .......................................... 2013
1. Dolfynestrand
2. Kissies
3. Spinnekopwyfie
4. Het Lief
5. Vanaand
6. Olie, Vuur, Water
7. Waterspel
8. En Met Tyd
9. Liefde Maak Met Taal
10. Wiegielied Vir 'n Skimkind

USA-based, Afrikaans singer-songwriter Rozanne Gewaar releases the song "Karoo" in advance of her awaited album, Kleine Gode. The song speaks to the need to resist hydraulic fracturing in South Africa.

Karoo is written with a simple melody, to evoke the feeling of an old folk song. Its chorus is simple, almost childlike. The production, however, is lush and complex. "We wanted to evoke the industrial process, those miles and miles of trucks hauling water and chemicals to and from an extraction site, a sense of waste and desolation when it's all done."

Listen here: http://www.reverbnation.com/rozannegewaar/

Gewaar first became aware of fracking in the United States, which can be said to trail Europe and others in public awareness and legislative action. Her friend, folk singer Anne Hills, had written a beautiful, old-time folk song about fracking in Pennsylvania. When Gewaar subsequently learned that the Karoo was a fracking target, she was dismayed, but also heartened by the momentum the fight has taken there. "It was one of those fast songs, I remember just sitting in front of my laptop reading the news articles, and the song just flowing from me."

When the singer's all-Afrikaans album, "En Met Tyd" was released in Amsterdam and South Africa, the singer included Karoo in all of her shows. "Time and time again I was surprised by people's reaction to the song. It's always a good segue to conversation - what is fracking? Are they doing it in South Africa? People often single out the song afterward."vetseun

The song is available for free download on Reverbnation and BandCamp, with links where the public can contribute to the Treasure The Karoo Action Group. "It's the one small thing I can do, from where I am based here in the USA," she says.

The water is pure in my Karoo
The water is clear in my Karoo
The water is precious in my Karoo
We roll the dice in the sky of the great Karoo

They say that it's safe but it just isn't true
They're piercing the earth with a witches brew
Under this sun there is nothing new
A scar will mar the glory of the Great Karoo

When the children get sick will they come through?
Will they give back the years and the water too?
Will they blame the wells and say no one knew?
Will we learn, will we yearn, for the glory of the Great Karoo?

They're hoping that gas won't travel a mile
Upon that thin hope they gamble in style
Their eyes are glazed, money beguiles
Will they take, then forsake, the glory of the Great Karoo?

Benzene in the soil comes bubbling up
Nature has a way of not being stopped
We have been drinking from a glorious cup
A hand will close on the repose of the Great Karoo

The water is pure in my Karoo
The water is clear in my Karoo
The water is precious in my Karoo
We roll the die in the sky of the Great Karoo


Rozanne Gewaar
vetseun
Don't You Go Fracking In My Karoo! CDS . 2012
- Proceeds for purchases of this song go to the "Treasure the Karoo Action Group"
- You can also donate directly at: givengain.com

Rozanne Gewaar
vetseunLAAI AF
Flikker CDS ........................................ 2012

Rozanne Gewaar
vetseun
Songs From Church Street .............. 2012
1. Way To Your Heart
2. We Could Theorize
3. The Little Goat
4. Caution
5. Blue Eyed Madness
6. Kill No More
7. Girl From Chicago
8. Kindness Of Men
9. House Of Song

Rozanne Gewaar
vetseun
Voel Jou EP ........................................ 2010
1. Voel Jou
2. Kom Sit Hier
3. Miskien Is Dit Nooit


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )