Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Rozanne
vetseun
Jesus Se Soldaatjies . SELKPCD1021 2002 SELECT
1. Sing 'n Nuwe Lied
2. God Laat Al Die Voëltjies Vlieg
3. As God Vir Ons Is
4. Stille Nag (Gesang 96)
5. Jesus Roep My Vir 'n Sonstraal (Halleluja 230)
6. Klein Engeltjie
7. Betlehem Stal Se Muis
8. Jesus Sien Ons Swak En Nietig (Halleluja 360)
9. Hou My Trou
10. Filipense 4.4 met Schalk - 8 Jaar
12. Hy Het My Lief (Halleluja 381 & 437)
13. Jesus Min My, Salig Lot
14. Kersfeesliedjie
15. Klaasvakie
16. Jesus Se Soldaat met Shanna - 4 Jaar
17. Dis Kersfees
18. As Hy Weer Kom (Halleluja 336)
19. Aandgebedjie
20. Wiegelied

"Wanneer mens self 'n ouer word, besef jy eers werklik wat 'n verantwoordelikheid ouerskap is en waardeer jy jou eie ouers soveel te meer. Musiek speel 'n baie belangrike rol in die opvoeding van 'n kind en des te meer as die musiek ook die liefde van Jesus aan kindertjies oordra", meen Rozanne Botha wat pas haar debuut geestelike kinderalbum uitgereik het. Rozanne, wat dertien jaar gelede haar laaste album uitgereik het, sê sy het talle van die liedjies op "Jesus Se Soldaatjies" as kind geleer en sy wou graag hê dat baie van die ouer liedjies vir vandag se jeug "bewaar" moet word. "Ek het heelparty van die liedjies vir my eie kinders gesing en het toe besef dat as hulle dit waardeer dit ook moontlik by ander kinders byval sal vind." Rozanne sê baie van die liedjies op haar nuwe album is deur haar skoonma en haar oorlede ma geïnspireer. Sy het self die liedjies "Sing 'n Nuwe Lied", "Klaasvakie" en "Dis Kersfees" geskryf. Haar twee kinders Schalk (8) en Shanna (5) sing saam met hul ma op twee van die liedjies. (Die agtergrondstemme is deur twee lede van die Tygerberg Kinderkoor behartig). Liedjies op die album sluit onder meer "Sing 'n Nuwe Lied", "God Laat Al Die Voëltjies Vlieg", "As God Vir Ons Is", "Jesus Roep My Vir 'n Sonstraal", "Klein Engeltjie", "Betlehem Stal Se Muis" en "Jesus Min My, Salig Lot" in. Sy sing ook "Klaasvakie", "Jesus Se Soldaat", "As Hy Weer Kom" en "Wiegelied". Rozanne vertel dat sy haar sangloopbaan so effens opsygeskuif het omdat sy meer tyd saam met haar gesin wou spandeer. "Veral na die aanslag op my man se lewe in 1999 in 'n skietvoorval het ek besluit om meer daar vir my gesin te wees. Maar nou is my kinders ouer en kan ek my weer op my sangloopbaan begin toespits. "Ek hoop die publiek en veral kinders geniet hierdie nuwe album en dat hulle Jesus ook beter deur hierdie liedjies sal leer ken - en opnuut sal besef hoe lief Hy vir ons is!" Rozanne beplan om haar langspeelplaat wat in 1989 opgeneem is weer op CD uit te reik. Die album sal ook 'n paar nuwe nommers sowel as haar groot ou treffer "Kan 'n Man Dan Nie" insluit.

Rozanne
vetseun
Talent LP ............................................. 1989
Kant Een:
1. Duisende Treë
2. If I Could
3. Krygsgevangene
4. Gentle As A Dove
5. Musiek Van Die Liefde
6. My Mantel
Kant Twee:
1. African Mood
2. Liedjie Vir Die Jasgesigte
3. Lewensvuur
4. Waai Suidooster
5. Die Wenner
6. Kan 'n Man Dan Nie

Rozanne Botha
vetseunvetseun
Wildernis / Waai, Suidooster, Waai 7" . HOU 107 1985 INHUIS
Kant Een:
1. Wildernis (Rozanne Botha)
Kant Twee:
1. Waai, Suidooster, Waai (Rozanne Botha)

Produksie deur Nick Taylor Studio


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)