Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Richard Vergottini (R. Vergotini)
vetseunvetseun
Die Terugkeer van Richard Vergottini LP . PALP 1011 PROTEA PLATE
Kant Een:
1. Impala (Nico Carstens)
2. My Hartjie My Liefie (Verw. R. Vergottini)
3. Tango Of Roses (Schreir-Bottero)
4. Ou Musikant (Danie Bosman)
5. Lente Vrolikheid (Regardo Bornman)
6. Koffiehuis-Vastrap (Nico Carstens)
Kant Twee:
1. Die Hik-Polka (Flippie van Vuuren)
2. Lente In Switserland (Nico Carstens)
3. Zambesi (Nico Carstens)
4. Trumpet Cha-Cha-Cha (Billy Mure)
5. Die Skeermes-Polka (F. van Vuuren)
6. Limpopo (Nico Carstens)

'n Man met 'n Italiaanse van speel Afrikaanse komposisies op sy Trekklavier. Dit klink amusant en buitengewoon sal alger sê maar dis niks snaaks as u Richard Vergottini se lewensgeskiedenis ken nie. Richard Vergottini se voorouers was van Italiaanse afkoms maar Richard self kan nie 'n woord Italiaans praat nie, d.w.s. hy is 'n gebore Afrikaner. Sy loopbaan as musikant het elf jaar gelede begin toe 'n neef van Richard (wat toe by die Vergottini's ingewoon het) met 'n nuwe trekklavier by die huis aangekom het. Sy neef kon nie juis vordering gemaak het met die trekklavier nie en het gou tou opgegooi waar hy toe opgehou het, het Richard begin. Aan die begin het Richard ook maar soos enige ander beginner moes les opsê om die moeilike instrument baas te raak. Maar Richard het geglo aan die ou spreekwoord wat sê: ,,Aanhouer wen". Baie gou was hy meester van die instrument en het hy saam met welbekende persone soos Al Debbo, Roy Martin, Nico Carstens, Arnouldt Malherbe en nog meer opgetree. Richard is nie net 'n gebore musikant nie, hy stel belang in liggaamsopvoeding en is 'n uithaler swemmer. Vir 'n geruime tyd het Richard geen opnames gedoen nie. Nou met hierdie lankspeelplaat, ,,DIE TERUGKEER VAN RICHARD VERGOTTINI" hoop ons om meer van hierdie briljante musikant te hoor! - omslag

Musiek Direkteur - Flippie van Vuuren
Opname Ingenieur - Maurice Caruso
Omslagfoto - Steve Mornay


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )