Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Rian Swanepoel
vetseun
Verf Die Classics Rooi . SHRCD 001 2007 SHOWTIME RECORDS/SELECT
1. Rooi
2. La Fiamma Sacra
3. Because We Believe met Kevin Leo
4. Nella Fantasia
5. You Raise Me Up
6. I Believe In You met Veronique Lalouette
7. Lieflike Droom (Gè Korsten)
8. First Of May met Rina Hugo
9. All I Ask Of You met Sibongile Mngoma
10. Lied Van Die Lewe (Gè Korsten)
11. Everytime I Look At You
12. The Prayer
13. Together
14. Barcelona met Kevin Leo

Rian Swanepoel se debuutalbum verras!vetseun

Rian Swanepoel (Top 10 Idols finalis in 2002) se debuutalbum, "Verf die classics rooi!", is pas uitgereik en val die klem op die hoë kwaliteit produksie en 'n versameling van die mooiste liedjies wat ooit geskryf is. Die album bevat 'n groot verskeidenheid klassieke-pop-treffers, onder andere "La fiamma sacra", "Because We Believe" (duet met Kevin Leo), "Nella fantasia", wat uitstekend vertolk word deur Rian en die tenoor, Werner Brooks, "All I Ask Of You", (duet met Sibongile Mngoma), "First Of May" (duet met Rina Hugo), en "Barcelona" waarmee Rian en Kevin Leo die album op 'n hoogtepunt afsluit.

Die album bevat ook pragballades, midtempo treffers en 'n paar ritmeplukkers. Rian se vokaliteit word tot die uiterste getoets met 'n splinternuwe verwerking van "You Raise Me Up" en is dit hoendervelmooi. Tussen die luistergoed hierop is die snitte "I Believe In You", 'n duet met Veronique Lalouette en die Gè Korsten-treffers, "Lieflike Droom" en "Lied Van Die Lewe". Die liedjie "Rooi" is 'n verrassing op die album en bevat die lied vier verskillende musiekstyle en is dit 'n kragtige liedjie waarmee die album begin.

Rian se veelsydigheid as kunstenaar en talentvolle musikant word op hierdie pragalbum beklemtoon. Dis passievolle luistermusiek!

Vir verdere navrae oor hierdie album en konsertbesprekings, kontak Carien Marais by 082 480 4866 of e-pos: lambisproductions@wbs.co.za

vetseun
Mooi Vir My ............................................


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )